Talle in hof ná Gauteng-winkelsentrum geplunder is

Soldate gedurende die onluste in Gauteng. (Foto: GCIS)

Altesame 46 beskuldigdes het Donderdag in die Randburg-landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die plundering van ’n winkelsentrum in Diepsloot.

Maroela Media het berig dat meer as 1 200 mense reeds in verband met onluste, wat grootskaalse plundering en geweld insluit, in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem is. Dié onluste het ook reeds 117 lewens geëis.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), staan die beskuldigdes tereg op aanklagte van openbare geweld, huisbraak met die opset om diefstal te pleeg, kwaadwillige saakbeskadiging, onregmatige betreding en die verbreking van rampbestuursregulasies.

“Slegs 44 van die beskuldigdes is tans in aanhouding terwyl die polisie inligting ter voorbereiding van hulle borgtogaansoeke bekom.

“Twee beskuldigdes is tans in die hospitaal en sal weer in die hof verskyn sodra hulle ontslaan is,” sê Mjonondwane.

Die saak is tot 22 Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marius ·

Hier kom dit , uitstel op uitstel van die saak totdat dit n stille dood sterf . Intussen huil hulle omdat hulle nie kan kos koop nie . Red n nasie en bou n volk . Siestog .

Pieter ·

Ag asb vyf honderd borg en daar gaan hulle. Ons almal weet mos die anc land se regstelsel is n grap.

Persheks Adri ·

Ja, sodat hulle verder kan gaan plunder pateties JM

Marie ·

Hospitaalbeddens word beset deur mense wat met opset gaan plunder het. My vriende gaan dood aan Covid omdat hulle nie ‘n bed kon kry nie en in ‘n stoel moes sit sonder suurstof tot die dood ingetree het. Wat is regverdig?

Tiptol ·

Ek het verstaan die howe moet borgtog weier. Wat het daarvan geword?

Elize ·

Hier is mos meer menseregte vir kriminele as wetsgehoorsames.

Boer ·

Heel waarskynlik sal geen van die plunderaars tronk toe gaan nie, maar vir hulle laat straf hulle in die gemeenskap werk. Die plekke is vuil maak skoon, alles van gemors tot riool moet hulle skoon maak.

marius ·

Dan toi toi hulle oor etens en tee tye , en begin weer te brand .

marius ·

Slegs 44 is in aanhouding . Dit is absuluut die moeite werd om te roof en te plunder nie so nie hoof haan van die mishoop ?

melaney ·

Tot die polisie het geplunder en vandag trek hulle hul uniforms maar weer aan en gaan lag-lag werk toe om ons veiligheid te verseker. Hierdie land is ‘n grap.

Frik ·

Ag siestog, ‘n asemrowende ±1200 in hegtenis geneem uit hoeveel duisende kriminele wat hierdie verwoesting aangerig het? En hoeveel van hierdie klomp sal in elk geval enige noemenswaardige vonnis kry?

Surfer ·

Dit sal goed wees as Maroela vir ons kan terugvoering gee oor moontlike vonisse.

Persheks Adri ·

Pateties regtig verdomp pateties! So hulle gaan heel moontlik borg kry en boonop verdwyn? Pragtig ANC pffft

Kokerboom ·

Solank die kieserprofiel , opvoeding en gebrek aan realisme bestaan sal die status quo en uitkomste dieselfde bly

Pampoen ·

Hierdie plunderaars verdien nie om deel van n demokrasie te wees nie. Dit sal beter wees as hulle deur eksterne magte regeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.