Talle in hof ná Koster-betogings

Polisiebeamptes verwyder klippe wat deur betogers in die pad gepak is. Foto: ANA

Tien mense wat in verband met die gewelddadige betogings in Reagile in hegtenis geneem is, het Vrydag in die Koster-landdroshof verskyn.

Elkeen is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk.

Hulle het verskyn op aanklag van openbare geweld asook die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die saak is uitgestel tot 28 Junie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vragmotor waarin lewende hoenders vervoer is, is Donderdag tydens die betogings geplunder. Die vragmotor is op die R52 in Reagile voorgekeer en toe geplunder. Die hoenders is teruggekry nadat vyf van die verdagtes in hegtenis geneem is.

Die ander vyf verdagtes is Woensdagaand in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings in die dorp verlede maand. Hulle sal ook 28 Junie in die hof verskyn.

Inwoners van Reagile het Donderdag die R509 tussen Koster en Swartruggens, asook die R52 tussen Koster en Rustenburg met klippe en brandende buitebande afgesper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SjN ·

Die trok het mos niks met hul probleme uit te waai nie, dit is slegs rede om barbaars op te tree en te plunder.

RM ·

Hierdie mense breek stukkie vir stukkie Nederlandse en Britse kolonialisme af todat ons almal onder ‘n boom sit en op ‘n vuurtjie braai. Lyk my dit is wat dit sal verg vir almal om gelyk te voel. Ok, kom ons begin dan weer by voorpunt van die mens se evolusie.
Ek hoop eerlik waar dat hierdie mense besef dat die EFF is egter nie sonder sy probleme nie, en dat hulle ook beslag lê op korrupsie bewerings soos die ANC. Met ander woorde, wat jy om jou afbreek gaan hulle nie vir jou oorbou nie. Wat ‘n mors!

Lorrie ·

Hulle moet vrygelaat word. Hulle bus wag om hul te neem na die volgende betogings. Hulle moet nog vêr ry!!

Peet van Breda ·

Slegs leiers is te blameer vir Suid Afrika se annargistiese massa optredes. Leiers op alle gebiede van bestuur en selfs die kerk moet die blaam dra vir hul argelose benadering ten opsigte van etiek en moraliteit. n Volk kan net so goed wees soos sy leiers. Daar is geen ware integriteit in besigheid……pollitiek ….. skole en universiteite. Die beste definissie van integriteit wat ek nog gehoor het is as jou gedagtes en jou hart met mekaar ooreen stem.

pearl ·

ek stem met jou saam oor die kerke. die roomse kerk is vinnig om te sê gierigheid/ hebsug (greed) is n doodsonde. tog hoor jy hulle nie n piep uit hulle nie. te besig om polities korrek te wees.

Hanna Hoekom ·

En wat gebeur nou met hulle? Absoluut NIKS! Hierdie kriminele weet dit. En dis die probleem. Stille politieke goedkeuring help ook nie die situasie nie. Nou ja, voorwaarts na die volgende plundertog!

Elred Ferreira ·

Die groot grap is dat baie selde ooit iets van die sake kom….Suid Afrika het n totale Piesang Republiek geword,en daar is geen realistiese kans dat dit sal verander nie…

GM ·

Wat my keer op keer verstom, is dat hulle altyd geld vir borgtog het. R10 000 is gou vir die 10 gereël. Hoeveel van ons sou maar in die tronk moes sit die tyd van die maand want water-en-ligte, en belasting, en, en, en is betaal en ‘pay day’ is nog vêr?

Lana ·

GM, die antwoord is die verskil tussen iemand wat alles verniet kry en iemand wat vir alles betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.