Talle in vroegoggend-ongelukke in KZN beseer

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het gesê in een ongeluk is sewe mense, onder wie drie kinders, beseer toe twee motors ʼn boom wat in die pad gelê het, getref het. Foto: Netcare 911.

Altesaam 17 mense is Maandagoggend in twee onderskeie ongelukke in KwaZulu-Natal beseer.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het gesê in een ongeluk is sewe mense, onder wie drie kinders, beseer toe twee motors ʼn boom wat in die pad gelê het, getref het. Dié ongeluk het omstreeks 06:37 op die R33 in die Greytown-omgewing plaasgevind.

Die beserings het gewissel van gering tot matig en die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

In ʼn ander, onverwante voorval is tien mense beseer in ʼn trompop botsing wat omstreeks 03:00 Maandag op die M13 in die Pinetown-omgewing plaasgevind het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die erg beskadigde voertuie in die pad aangetref.

“Altesaam tien mense het beserings opgedoen wat gewissel het van gering tot ernstig. Hulle is op die toneel gestabiliseer voor hulle na verskeie Durban-hospitale vervoer is.”

Albei ongelukke word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

IK ·

Daar word nie gereelde inspeksie gedoen aangaande bome se toestand.
Om 03h00 is ek mos alleen op die pad? Die grootste foutjie wat jou lewe kan kos . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.