Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het Sondag ʼn 26-jarige man vasgetrek wat glo teen 179 km/h op die N12 in die Bedfordview-gebied in Gauteng gery het.
Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die EMPD, sê die man het met ʼn Volkswagen Polo naby die Germiston-afrit in ʼn ooswaartse rigting gery toe die vermeende oortreding gepleeg is. Hy is die oggend omstreeks 06:50 deur metropolisiebeamptes vasgetrek.
“Die man het aangevoer hy is laat vir werk,” sê Mokheseng.
Nog vyf bestuurders, tussen 31 en 40 jaar oud, is ook vir dieselfde oortreding vasgetrek nadat hulle onderskeidelik tussen 164 en 172 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het.
Nog ʼn 26-jarige man is Saterdagoggend vasgetrek nadat hy glo teen sowat 174 km/h op die N12 in ʼn ooswaartse rigting in die Alberton-omgewing gejaag het. Hy is in hegtenis geneem en na die Alberton-polisiestasie geneem.
Klagtes van roekelose en nalatige bestuur staar al sewe bestuurders in die gesig. Hulle sal na verwagting eersdaags in die landdroshowe in Germiston en Palmridge verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Hulle is nog jonk het seker nie speelgoed gehet toe hulle klein was nie,dis hoekom hulle met karre speel wat deur masjiene aangedryf word en sy baas nie ken nie.
Ek wonder hoeveel het wegkom met die Government Salute (handjie hou vir n geldjie). We have a problem..
Daai Polo het seker n V8 engine in.