Talle jaagduiwels vasgetrek

Die metropolisie in Gauteng het 11 spoedvrate oor die afgelope naweek in hegtenis geneem. (Argieffoto)

Elf spoedvrate moes rem aanslaan toe hulle oor die afgelope naweek deur die metropolisie in Gauteng afgetrek en in hegtenis geneem is. Dié jaagduiwels het almal tussen 160 km/h en 210 km/h op die snelweg gejaag.

Luidens ’n verklaring deur die metropolisie was die oortreder met die hoogste spoed ’n motorfietsryer (52) wat teen 209 km/h in ’n 120 km-sone op die R21-snelweg gery het. Dié bestuurder is amptelik van roekelose en nalatige bestuur aangekla. ’n Bykomende klag staar hom ook in die gesig omdat hy die spoedgrens van 120 km/h op ’n snelweg oorskry het.

Die oortreder met die laagste spoed was ’n 35-jarige man wat teen 160 km/h op die N14-snelweg gery het. Die spoedgrens hier is ook 120 km/h.

Die spoedvrate is onder meer by die Olifantsfontein, Wierdabrug en Bronkhorstspruit-polisiestasie in aanhouding en sal na verwagting vandag (Maandag) in die onderskeie landdroshowe verskyn.

“Oormatige spoed dra beduidend by tot die hoë getal sterftes op Gautengse paaie. Dis belangrik dat bestuurders spoedbeperkings gehoorsaam sodat lewens gespaar kan word,” het Sello Maremane, metropolisiewoordvoerder, gesê.

“Die Gautengse metropolisielede sal hulle daarop toespits om meer hoëspoed-operasies uit te voer in ’n poging om padveiligheid te bevorder.”

Maremane het ook ’n beroep op alle padgebruikers gedoen om aan voorgeskrewe padreëls gehoor te gee en binne die snelheidsperk te ry.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

SomeOne ·

MM, “en sal na verwagting vandag (Dinsdag) in die onderskeie landdroshowe verskyn.”, is ons nie nog op maandag nie

Megan Swart ·

Dagsê SomeOne
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die verdagtes verskyn vandag in die hof en nie more nie. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Carel Aaron ·

Die gereg moet besluit tussen die spoed of roekelose klagte. 1 misdryf kan nie albei klagtes gebruik nie.

ʼn Gebrek aan spoek kan ook soms fataal wees.

Hannes ·

En tog kan die bloulig bendes ONGESTOORD teen die spoed van lig by die selfde spoed beheer punte deurjaag?
En met my stelling keer ek nie die optredes van die persone wat aangekla is goed nie.
Dit is net die standaard van wetstoepassing in SA wat vir my ONVERSTAANBAAR IS

Bernard ·

Spoebeheptheid. ‘n Taxi deur ‘n rooi lig teen 80 km/h is gevaarliker. 45% van sterftes is dronk “community members” op ons hoof paaie.

LANA is ELANè ·

Dronkbestuurders is vlg my die meeste aandadig en dan spoedvrate. Hou padblokkades en gee dan die ware statistiek van hoeveel dronkbestuurders oor die naweek afgetrek is.

Persheks Adri ·

Spoed en dronk bestuurders is die grootste probleem op ons paaie asook die taxi’s wat kan maak nes hulle wil gggmmmfff hulle stel ons lewens in gevaar!

Johnny ·

Dis interessant dat Duitsland, waar daar op sekere dele van die Autobahn GEEN snelheidsperk is nie, een van die laagste ongeluksyfers in die wêreld het . . .
Dis nie SPOED wat doodmaak nie. Dis onbevoegde bestuurders.

Francois ·

En wat van al die roekelose taxis op ons paaie. Wat gaan hulle aan daai situasie doen want ek is seker 80% van alle ongelukke is of n taxi betrokke of deur n taxi veroorsaak

Michael ·

Byna geen botsings word veroorsaak deur bestuurders wat so vinnig ry nie. Dis die dronk voetgangers/bestuurders,taxis,onpadwaardige voertuie en roekelose bestuurders wat byna alle botsings veroorsaak, met taxis wat vir die meeste botings verantwoordelik is

Andries ·

Ek kan met my motoerfiets van 0 tot 160 en dan weer stop in die afstand wat motors neem om 100 ry. Probeer om 120 te ry op die snelweg en jy gaan ‘n hengse ongeluk veroorsaak (die ander motors gaan jou van die pad afdruk, skilpad).

JM ·

Taxis wat nie kan wag nie, maar as die lig vir hulle rooi is, tot in die middel van die kruising ry. Wanneer daar ‘n oponthoud op die snelweg is, hulself veroorloof om in die noodbaan verby te jaag, want die taxis dink hulle beheer die paaie. Party motoriste sal nooit opgevoed raak nie.

Excalibur ·

Taxi drywers wat openlik op R55 in die teenoorgestelde kant van die padverkeer opry op gronskouer van aankomende verkeer sodat hul in die middel (3de baan) moet verby ry en by kruisings soos die M10/R55 voor verkeer wat na Pretria wil draai injaag bo-oor kruising en ook by R55 se aansluiting met M24 net die verkeerslig verontagsaam en bo-oor jaag en laastens Taxis wat in Willem Botha Laan in die verkeerssirkels reg voor aansluitende bane stilhou om passasiers op of af te laai is BAIE GROTER RISIKO’s vir padwoede en noodlottige ongelukke…Wetende van hierdie knelpunte; Hoekom doen die TTMP niks aan die lede nie en laat Gods water oor Gods akker?? Is daar bes moontlik “kick-backs” betrokke of betaal eerlike motoriste net makliker hul boetes??

Riana ·

Hmmm hulle kom check op NORTH RAND road Boksburg, tussen Planet Fitness tot Builders. Elke dag van die week na son sak ‘n ren baan. En almal dink hulle is Verstappen

Nico ·

Ek stem saam met Johnny in Duitsland is daan spoed beperkings nie, selfs die swaar voertuie ry almal aan die buitebaan, dit is nie soos dit hier aangaan nie, waar kom dit vandaan dat swaar voertuie in die vinnige bane die swaar voertuie en die taxsi is van die mees ongedissiplineerde pad gebruikers, moenie die ander pad gebruikers vergeet nie. ek het weer gister gesien hoe die ouens met die 4trek voertuie jaag. Waar is die sogenaamde verkeersbeamptes, sit en koffie drink. Die swaar voertuie in Duitsland moet na 9 ure se ry van die snelweg afgaan om te gaan rus daar is behoorlike geriewe vir hulle wat nie hier is nie.

Jack ·

Ek steun die operasie. Wetteloosheid is buite perke ook op ons paaie.

Cherokee ·

Baie kommentators spog met hul liefde vir spoed, maar wanneer die petrolprys aangekondig word, is daar ‘n geweeklaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.