Talle Jhb-buurte sonder water

Argieffoto

Argieffoto

Verskeie buurte in Johannesburg sal Dinsdag sonder water moet klaarkom nadat die bars van ʼn groot waterpyp toevoer na talle dele in die stad afgesny het.

Johannesburg Water het in ʼn verklaring gesê dit sal ure neem om die watertoevoer na al die buurte te herstel en dit behoort teen 17:00 afgehandel te wees.

Watertoevoer is onderbreek toe daar Maandag ʼn pyp by die Corriemore-reservoir in Northcliff gebars het. Dit is dieselfde pyplyn waar daar verlede week ook ʼn pyp gebars het, dié op die hoek van Republieklaan en Judgesstraat in Randburg.

Woonbuurte wat geraak word sluit in Cresta, Victory Park, Robindale, Blackheath, Linden, Blairgowrie, Windsor en Kensington.

Johannesburg Water het ʼn beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik. “Fase 2-waterbeperkings is steeds van toepassing en moet steeds aan gehoor gegee word. Dié beperkings behels dat tuine nie natgemaak mag word en swembaddens nie met munisipale water opgevul kan word tussen 06:00 en 18:00 daagliks nie. Inwoners word ook nie toegelaat om tuinslange te gebruik om hul motors of plaveisels te was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.