Talle Kaapse paaie gesluit weens protesaksie

Die Kaapse “Gatvol”-protesaksie. (Foto: ANA)

Die Kaapse “Gatvol”-protesaksie het vanoggend die Moederstad tot stilstand gebring met betogers wat van vroeg af buitebande op snelweë en ander paaie aan die brand gesteek het.

“Gatvol” is ʼn groep ontevrede inwoners wat hul stem wil laat hoor oor ʼn tekort aan behuising vir bruin mense in Kaapstad. Hulle maak verder beswaar teen ruimtelike stadsbeplanning wat herinner aan die styl van die apartheidsera asook die alewige gewag op behuisingswaglyste.

Gemeenskapslede van Parkwood, Factreton, Kensington, Ocean View, Mamre en die Paarl beplan dus om vanaf 05:00 tot 11:00 te betoog.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het Woensdag gesê die stad het geen direkte kontak met die organiseerders van die protesaksie gehad nie. Die mate waarin die protesaksie vandag ondersteun sal word en watter uitwerking dit sal hê, kan dus nie voorspel word nie.

Volgens Richard Bosman van die Stad Kaapstad het die Delft-hoofpad asook Stellenbosse paaie reeds vanoggend deurgeloop onder protesaksie met dié paaie wat in albei rigtings gesluit is. Ook Voortrekkerweg in Kensington is weens protesaksie by Vierde Laan in albei rigtings gesluit.

In die middestad is Waalstraat en Kerkstraat gesluit en weens protesaksie op die R304 is Mamreweg, Atlantis, AZ Berman tussen Wespoort en Kerrumweg, Mitchells Plain, Kommetjieweg en Oceanview tussen Soetwater en Slangkopweg gesluit.

Hoewel dit nie duidelik is wanneer die betrokke paaie weer vir motoriste oopgestel gaan word nie, het Bosman verseker dat Kommetjieweg en AZ Berman wel reeds oopgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
KrokodilBotha

Ja wel, die demands raak meer en meer. Waars Mnr. Winde met al sy DA beloftes!!

honourable member

Stem nogals saam jou Stephen. Hierdie regering skep chaos deur hierdie mense onder die indruk te bring hulle gaan alles gratis kry. Daar is blankes wat ook nie huise het nie en in plakkerskampe bly. Hierdie regering is die grootste gif in hierdie land.

Hans

Beskadig paaie en ontwrig 1000de mense se lewe-dit is onaanvaarbaar!!

Gatvol

Ek is ook gatvol, as ek begin klae sal my geklae n laaaaang lys wees.

BlinkStephaans

Ja wel ouens ek weet nou nie hoe julle die prentjie bekyk (duidelik op n ander manier as ek) maar het julle al gesien hoe die regering van die dag werk? Hulle werk beslis nie in julle guns nie… hulle het ander agendas… en julle “feature” nie so sterk in die beplanning van daardie agendas. Plaas julle gebruik maar die tyd wat julle sit en wag en betoog en afbreek, en maak planne soos die meeste van die minderheidsgroep waaraan ek behoort moet maak. Op daardie manier koop jy jou eie huis… jy is trots op wat jy vermag het…… Lees meer »