Talle kinders beseer in ongeluk op pad skool toe

Sestien kinders het geringe beserings opgedoen. (Foto ER24)

Altesame 16 kinders, tussen vier en sewe jaar oud, is Donderdagoggend na verskeie hospitale in die Vereeniging-omgewing geneem, nadat hulle vroegoggend in ʼn botsing beseer is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk tussen twee minibustaxi’s het omstreeks 07:40 by die Boy Louw-aansluiting plaasgevind.

Die twee taxi’s het in die middel van die pad tot stilstand gekom en sommige passasiers het op die ongelukstoneel rondgestap.

Die kinders is nie ernstig beseer nie en is op die toneel behandel voordat hulle na hospitale geneem is, het Meiring gesê.

Hulle was klaarblyklik op pad skool toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Se Net ·

Oppad werk toe het ‘n taxi – soos elke dag – in die teen verkeer gery
Hy het sy pad oop gedruk en die skool kinders in die taxi het gedink dit is ‘n groot grap dat hulle so teen die reels optree.

Katryn ·

Ag ASSEBLIEF, het jy nie gesien wat is die kinders se ouderdomme nie. Hulle weet nog niks van padreëls nie.

Se Net ·

Die voorval wat ek noem was hoërskool kinders… dink hulle weet al so effens van reg en verkeerd …

Kobie Welgemoed ·

Ek gebruik die afrit gereeld. Daar is nie ‘n dag dat bussies en taxis met skool kinders daar verby jaag met ‘n hoë spoed. n Robot bestaan nie vir hulle nie. Ek wonder of die ouers weet wie hulle vertrou met hulle kinders. Ek sien nooit ‘n verkeersbeampte daar nie.

T ·

Mense het nie meer respek vir gesag of padreels nie. Dit is die probleem. Vanoggend ry karre in die geel baan. Die polisie stop toe so twee van hulle. Die ander ry arrogant net om die polisie en gaan verder aan in die geel baan. Want hulle weet mos die polisie is nou besig met die ander … geen gesag … geen nagevolge …. want dit is die voorbeeld wat hulle kry, doen wat jy wil want daar is geen nagevolge nie.

Netso ·

Oppad na die die wit dubbel medium skole toe wat in Sebokeng veronderstel is om in skool te gan!

Vir Katryn ·

Se net – praat nie van die berig nie maar oor ‘n ander voorval. Net nog ‘n voorbeeld van roelelose bestuurs vernuf deur taxi’s.

Magda ·

Die TAXI EIENAARS MOET OOK AANGEKLA WORD, hoekom ek so se, is dat hulle die bestuurders druk om op en af te laai vinnig. Dit is defnitief ook die bestuurders se skuld maar ek GLO hoofsaaklik dat die Eienaars ook moet MAN staan vir hulle werknemers, net soos enige besigheid in die Health and Safety afdeling.

Leon ·

Die ANC sal moet wakkerskrik. Hulle is besig om hulle toekomstige stemgeregtigdes uit te wis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.