Talle kinders beseer in skoolbusongeluk

Die bus wat omgeslaan het. Foto: Verskaf

Sowat 48 skoolkinders is Dinsdagmiddag beseer nadat ʼn skoolbus op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het tussen Hilton en Pietermaritzburg plaasgevind. Die bestuurder van die skoolbus het beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het. Die presiese oorsaak van die ongeluk is egter onbekend en word ondersoek.

“Die bus is op sy kant in die pad aangetref toe paramedici van verskeie nooddienste by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê. “Baie van die kinders het reeds uit die bus geklim en het op die toneel rondgeloop.”

Owerhede het die pad vir verkeer gesluit terwyl paramedici die kinders ondersoek het. “Twee kinders het kritieke beserings opgedoen en 46 ander het geringe tot ernstige beserings opgedoen.”

Die kinders is op die toneel behandel en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Verkeer in die omgewing word steeds erg ontwrig en motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die bus se wrak. Foto: Via Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Geliefd ·

Dit is absoluut tragies. Baie sterkte aan die gesin, familie en vriende. Wat ‘n reuse impak op die skool.

CK ·

Dit is so hartseer, sterkte aan die familie van die jong seun.

Schalk ·

Tragies!! Ek slaap nie as my seun oor n naweek op n sport toer gaan nie, hoe verloor n mens beheer op n voertuig? Indien daai drywer nie n hart aanval of iets soort gelyk oorgekom het nie, was dit bloot nalatig!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.