Talle kinders na hospitaal gehaas oor traangas in klas

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

Altesaam 25 laerskoolkinders moes Vrydagoggend na ʼn hospitaal gehaas word, nadat traangas in ʼn klaskamer van ʼn skool in Cato Manor in Durban, gespuit is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê paramedici het verskeie huilende kinders buite die klaskamer gevind. “Nog ambulanse moes ontbied word om te help om die groot aantal kinders te behandel,” het hy gesê.

Volgens Jamieson het een van die kinders glo die traangassilinder saamgebring skool toe en dit in die klaskamer gespuit. Dit is nie duidelik of die silinder per ongeluk afgegaan het of met opset gespuit is nie.

Die kinders is op die toneel behandel en 25 van hulle is na verskillende hospitale in Durban geneem.

Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek. Maroela Media wag op kommentaar van die betrokke polisiewoordvoerder.

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rapes ·

En so word die geld vermors om hulle hospitaal toe te neem. Hulle het geen ekstra behandeling teen traangas nie. Was met water en seep en wees net geduldig.

Jack ·

Duidelik het jy nog nooit met traangas gespeel nie. Glo my, water maak dit net erger. Dit hou op brand sonder enige hulp maar asma kinders sal beslis hulp nodig gehad het.

Maria van Dieweeck ·

..miskien het die stoutert nie sy huiswerk gedoen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.