Talle kleinhoewes in Elandsfontein geteiken

Die verdagtes is op die sekuriteitskamera by een van die kleinhoewes vasgevang (Foto; Verskaf)

Daar is Woensdagaand glo op minstens ses kleinhoewes in die Elandsfontein-gebied in Gauteng toegeslaan.

Arthur Crewe, die bedryfsdirekteur van die SRU-veiligheidsmaatskappy, sê lede van die maatskappy is die aand omstreeks 23:00 vir die eerste keer na die Welgegund-gebied ontbied.

Hulle is die aand deur verskeie kleinhoewe-eienaars om hulp genader.

“Ons is nie seker hoeveel mans by die aanvalle betrokke was nie, maar ons vermoed hulle was ver meer as ses. Ons vermoed ook die groep het deur die aand verdeel en só die onderskeie kleinhoewes geteiken.”

Die groep mans het stelselmatig te voet deur die kleinhoewes beweeg en amok gemaak.

Die mans het van die Welgegund-gebied na die Skurweberg-gebied in die rigting van Atteridgeville beweeg. Hulle het daarna in die Malvick-omgewing ook toegeslaan.

Die veiligheidsmaatskappy het hulle van een kleinhoewe na die volgende agternagesit namate daar hulpkrete van eienaars ontvang is.

‘n Koeël is in die muur gevind presies waar die mans die een kleinhoewe-eienaar probeer skiet het (Foto: Verskaf)

“Die mans was elke keer net een stappie voor ons.”

Llewellynn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng, sê dit blyk dat die groep mans die kleinhoewes sou betree en dan eerste die werkers teiken.

“By die kleinhoewes sou die mans die werkers vasmaak, slaan en op hulle skree om só die eienaars uit hul huise te kry. Hulle sou enigiets doen om die eienaars se aandag te kry.”

Crewe sê die mans sou ook die werkers beveel om hul eienaars te bel met ’n versinde probleem om hulle só na buite te lok. Hy sê die mans het die werkers ook beroof.

“Die mans het op die onderskeie kleinhoewes gewelddadig geraak deur die eienaars en werkers se huise te beskadig of deur die huise se vensters en deure te skiet.”

Crewe sê die eienaars het in die meeste gevalle nie uit hul huise gegaan nie, maar eerder hulp ontbied.

“By die een kleinhoewe het die eienaar uit sy huis gegaan. Die mans het op hom geskiet en hul teiken net met ’n paar sentimeter gemis.”

Nie een van die eienaars is tydens die aanvalle beseer nie.

Crewe sê verskeie goedere is gesteel en sekere items is reeds teruggevind. “Soos die mans gevlug het, het hulle van die goedere laat val.”

Van die huiseienaars en lede van die Broederstroom-gemeenskapspolisiëringsforum het ook later gehelp om die mans agterna te sit.

“Die mans het lukraak toegeslaan en ons kon nie hul patroon van beweging vasstel om hulle voor te lê nie,” vertel Crewe.

Elandsfontein sukkel al jare lank met onwettige grondbesettings. Inwoners is weer einde Augustus deur ’n groep besetters oorval en grond op dié private eiendomme is met stootskrapers rondgestoot.

Hemmens sê sodra grondgryp in ’n omgewing plaasvind, skiet misdaad ook die hoogte in. “Ek vermoed die grondgrypgevalle en die aanvalle hou verband met mekaar.”

Hemmens meen gemeenskapslede is erg getraumatiseerd en raadop met die talle voorvalle.

Nog niemand is in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het navraag aan die provinsiale polisie gestuur en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Die aanvalle raak bloot meer en meer arrogant. En ooglopend georganiseerd. ANARGIE op sy ergste. TOTDAT hulle in dieselfde groepe uitgehaal word deur BETER georganiseerde aksies?

Die boosheid vanself….

Sobymykoolkop ·

Is daar nog enige twyfel dat hulle besig is met ń guerrila oorlogvoering? Maak my bekommerd dat hulle altyd ń ” stappie” voor die opgeleide forums ens. bly. Dan is dit mos baie duidelik dat die plaasaanvallers beter, gespesialiseerde opleiding kry.

madels ·

Dis baie duidelik dat van hierdie tipe aanvalle is goed georganiseerd.

LiveAndLetLive ·

Pleks gaan swot hulle eerder en maak iets van hulle lewens. Of die meesterbrein moet dalk eerder bevordering aanhits wat swot en inbors nastreef, nie misdaad nie – want misdaad gaan nie vir hulle of enigiemnd n toekoms verseker nie – wys jou hoe dom is die meesterbrein agter al die dinge, hulle eie mense word ook benadeel.

Persheks Adri ·

Dis baie moontlik dat die werkers vooraf bespreek wat gedoen moet word… Die haatspraak help ook sweet blow niks nie! Ons moet wakker wees en ons wapens dra klaar. Dis nuwe SA

Nette ·

Dit is glad nie meer die nuwe SA nie, eerder die vervalle SA

Boervrou ·

My grootste vraag is: Waar is die gemeenskap, is daar nie ‘n sektor eenheid om die Sekuriteit en Polisie te help nie. In baie Boerdery gemeenskappe is daar gewillige mense om paaie af te sper. Ek lees die aanvallers was net elke keer ‘n treë voor die sekuriteit. Ons moet paraat raak, en sodoende sal ons een treë voor hulle wees.

Daniël ·

Ek besef nou die werklike oplossing lê wel in God se hande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.