Talle krap kop oor ‘bom’ in Bloemhofdam

Die foto wat op sosiale media versprei word.

Die foto wat op sosiale media versprei word.

ʼn Reusevoorwerp, wat soos ʼn bom lyk, is Vrydag in die Bloemhofdam in Noordwes gevind.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorwerp is deur polisiebeamptes  tydens ʼn patrollieronde gevind.

“Dit is ʼn sogenaamde ‘dummy’ en nie die regte ding nie. Dit is deur die polisie en weermag gebruik tydens opleiding en oefening.”

Funani het gesê die dalende watervlak van die dam het tot die ontdekking van die voorwerp gelei.

ʼn Foto van die voorwerp is intussen op sosiale media versprei en het sosialemedia-gebruikers behoorlik laat kopkrap oor wat presies dit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theo Liebenberg ·

Lyk amper soos die Kaktus geleide projektiel van die 70 ger jare.

Albert Nel ·

Daar is n Restaurant in Bloemhof. Daar het 2 van die goed by die kroeg se ingang gestaan. Was wit geverf. Soek maar net die een wat dit in die dam gaan gooi het. Jy kan nog die wit verf op die ding sien. ????

zoom zoom ·

Wil net se “it wasn’t me I wasn’t there I didn’t do it”

PW Growee ·

Dis een van my sinkers wat ek daar verloor het tydens ‘n visvangkompetise verlede jaar.

John ·

Dis beslis die tuig waarmee hulle Gordan maan toe wou pos… en toe dinge verkeerd uitdraai toe gaan gooi hulle dit ver weg waar niemand dit ooit weer sal kry nie…

WhyNot Restaurant ·

WhyNot Restaurant se “bom” was beslis 2 jaar gelede
gesteel- dit was deel van talle items wat voor die Restaurant en Pub uitgestal was, om die Museum (steeds by swembad) en die historiese ou huis en Restaurant te bemark. Die “Bloemhofdam bom” se maat is steeds by Chalet 28.

Andre K ·

Die “verplasing” van die toestel van die restaurant na die dam hou waarskynlik veband met lawaaiwater.

Dirk ·

Maroela Media, julle moet regtig ñ like opsie by die kommentare sit.

PW Growee ·

Ek hou baie van die voorstel van ‘n “like” opsie.

Bertie ·

“Dit is ʼn sogenaamde ‘dummy’ en nie die regte ding nie. Wie krap nog kop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.