Talle lande plaas verbod op SA vleisprodukte

Argieffoto

Verskeie Afrikalande moes Suid-Afrikaanse vleisprodukte van hul rakke onttrek en waarskuwings aan die publiek uitreik nadat die bron van die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika, wat reeds die lewe van 180 mense geëis het, geïdentifiseer is.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het die afgelope naweek tydens ʼn mediakonferensie by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (Nios) gesê ʼn ondersoek het bepaal dat dié uitbreking direk na Enterprise Foods se Polokwane-aanleg in Limpopo herlei kan word.

Verskeie groepe, onder wie verteenwoordigers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het Enterprise Foods se Polokwane-fabriek daarna besoek en ʼn uitgebreide voedselproduk- en omgewingsmonsterneming uitgevoer. Die uitbrekingsbakterie bekend as ST6 is gevind in minstens 16 omgewingsmonsters van die fabriek.

Motsoaledi het bevestig dat ʼn ondersoek na Rainbow Chicken Limited (RCL) se Wolwehoek-fabriek ook onderweg is. Polonieprodukte van die fabriek het reeds positief getoets vir Listeria monocytogenes maar nié die ST6-bakterie nie.

Botswana het Dinsdag bevestig hy monitor die verwikkelinge rakende die uitbreking noukeurig en het reeds voorsorgmaatreëls begin instel. “Die onttrekking van produkte van die rakke van Botswana se supermarkte het op dieselfde tyd begin as toe Suid-Afrikaanse supermarkte die aangetaste vleisprodukte van hul rakke afgehaal het,” het Abia Sebaka, Botswana se gesondheidshoof vir voeding en voedselveiligheid, Dinsdag gesê.

“Maar ons het al einde verlede jaar begin om voorsorgmaatreëls te tref nadat ons met die Suid-Afrikaanse owerhede in gesprek was. Ons het begin deur ʼn waarskuwing aan die publiek in Botswana uit te reik oor die geïnfekteerde vleis, asook om riglyne rakende voedselveiligheid deur te gee.”

Sebaka het gesê daar word nou gewag op verdere inligting van die Suid-Afrikaanse owerhede voordat hulle oor die pad vorentoe sal besluit.

Zimbabwe se departement van gesondheid het Dinsdag aangekondig die land het hom ook by ander lande aangesluit om ʼn verbod op die invoer van vleisprodukte van Suid-Afrika te plaas. Dit volg nadat Zambië vroeër nie net ʼn verbod op die invoer van verwerkte vleis van Suid-Afrika geplaas het nie, maar ook op suiwelprodukte, groente en vrugte.

BBC berig Namibië, Mosambiek en Malawi het dieselfde roete gevolg deur enige produkte wat moontlik besmet kan wees van hul rakke te onttrek, asook ʼn verbod op die invoer van verwerkte vleis uit Suid-Afrika te plaas. Swaziland het ook Dinsdag aangekondig dat die land Suid-Afrikaanse vleisprodukte van sy rakke sal onttrek.

Volgens mediaberigte het ontevrede verbruikers Maandag tougestaan buite Enterprise-takke in Suid-Afrika om verwerkte vleisprodukte terug te bring en te eis dat hul geld terugbetaal word.

Die WGO het vroeër die uitbreking as die grootste nóg wêreldwyd bestempel. Sedert Januarie verlede jaar is minstens 948 mense al met listeriose gediagnoseer en meer as 180 dood.

Lees hier meer oor die simptome waarvoor mense op die uitkyk moet wees, asook voorsorgmaatreëls om die kanse te verminder om listeriose op te doen of te versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alida ·

Presies! Alles val uitmekaar want hulle het geen sin vir higiene nie.

Theresa ·

Ook daaraan gedink. Hoe streng word “health & safety” teenoor publiek in ons land uitgevoer?? Self al gesien hoe ‘n skoonmaker paninis van die vloer aftel wat geval het en dit teruggooi in die plek waar publiek dit gaan aankoop. Is daar kameras in elke winkel om die doen-en-late dop te hou van personeel wat ander mense se siek (of selfs dood) kan veroorsaak?? Dink mense nog in hierdie eeu dat kos en kieme saam ‘n plek het??!

Rooiwarm ·

Dit is nogal n taai toffie om te kou vir Enterprise,en dan sukkel mens nog om jou hard verdiende geld by die winkel ook terug te kry.Hulle is nie baie vriendelik as jy met jou sakkie Enterprise produkte daar op daagnie.

Karen van Zyl ·

Na maande van vleis en worsies en wat nog eet, is daar vandag soos in nou ‘n verbod, is dit nie bietjie laat nie.

Alida ·

Wat verwag hulle van n land met rommelstatus. 3de wereld op sy heel beste. Te danke aan…

GM ·

Botswana het verlede jaar al voorsorg begin tref. Dit wys jou net, ons maatskappye/regering sal tot op die nippertjie nog kyk hoeveel geld hul uit ons kan maak, wie gee nou om vir die sterftes langs die pad, dit moet mos eers hanteer word as die sterfte-syfer ‘n sekere getal bereik het. Ons het Sondagmiddag nog Enterprise-produkte gekoop by ‘n PnP. Alhoewel dié vir my lyk asof iemand net ‘n maatskappy probeer sink, in plaas van die vrotwater-probleem ens. te hanteer. Die regering moet almal se mediese onkostes uit hul sakke uit begin dek.

Blondie ·

Maar kolonialisme was mos net sleg. Daai jare was daar ‘n streng hand en oog op alles. Kyk hoe vuil is ons strate. Ons moet water koop want ons kan nie die water in ons krane vertrou nie. Onthou julle nog “Tel elke druppel want elke druppel tel”

Piet Pompies ·

Soos wat daar verneem is, is daar ‘n bymiddel ingevoer om saam met die vleis vermeng te word. Hierdie bymiddel was die draer van die bakterie. Enterprise gaan duur betaal deur te probeer spaar om goedkoper produkte in te voer. Heelwat vervaardigers soos onder meer Toyota het iets soortgelyk toe ‘n subkontrakteur se onderdele foutief was. Hou jou besigheid onder een dak dan is daar nie plek vir sulke foute.
Ons gesin is gelukkig klein verbruikers van verwerkte vleis.

wraggies ·

Lyk my die hele Suidelike Afrika kry hulle polonies en worse van hier af, wonder wat gaan gebeur wanneer alles ontein word, sonder vergoeding natuurlik…

Amelia ·

Lag ek nou lekker vir die een. Nie die hele Suid Afrika nie…….regstelling die hele Afrika.

Peet ·

Ja Wllie ek stem saam want daar is nie meer n Gesondheid departement in die ANC nie net die naam bestaan en hulle verdien Groot geld.

Amelia ·

Ek wens die manne wat moet weet en wil weet wil hier lees. Kyk dan sal ons skoon water he en die worsies gaan nie doodmaak nie.

Jef ·

Siektes, armoede, voedselvergiftiging en alle ellende wat SA te biede het klop aan by almal se voordeur.

Alida ·

Vra die ANC wat verkeerd geloop het. In my dae was gesondheidsinspekteurs weekliks op hulle pos en het ALLES geinspekteer. Maar nou-ja in 1994 is alle bekwame mense mos afgedank en vervang met “werksoekers” dit is hoe hulle werk geskep het. !!!!

Heleen ·

Ons moet maar terugkeer daarna om ons eie brood te bak , vrugte en groente te plant en eie kos gaar te maak…geen take aways en uiteet meer vir my nie dankie..

RM ·

Die ANC is regtig net daar om alle burgers uit te buit…tot net ‘n bietjie stof oorbly.

Tyd om ‘n beter blyplek te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.