Talle leerders beseer toe taxi in sloot beland

Foto: Verskaf.

Twintig kinders op pad skool toe is beseer toe die taxi waarin hulle gereis het van die pad af beweeg het Dinsdagoggend.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het net na 07:00 op Newlands-oosrylaan plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die taxi aan die onderkant van die wal aangetref. Van die leerders kon daarin slaag om uit die taxi te klim en by die wal op te stap om hulp te soek. Verskeie ambulanse is gebruik aangesien heelwat kinders beseer is,” het Jamieson gesê.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer vir verdere mediese behandeling.

In dié stadium is die presiese omstandighede rakende die voorval nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karolis ·

Skerp opgelet Johan.
Dit kan moontlik ‘n 11 sitplek wees.

riaan ·

Elke tweede ongeluk in SA het ‘n taxi betrokke maar ons fantastiese regering doen NIKS.

Taxi bestuurders dink die paaie behoort aan hulle en verkeerspolisie doen NIKS.

Lyk my taxi eienaars en bestuurders regeer/ is in beheer van SA?

GM ·

Ek verstaan nie hoe die gemeenskappe betoog oor alles, behalwe oor taxi’s wat ALMAL se lewens elke dag in gevaar stel nie. Dié Mafia-bedryf moet val.

Koos1 ·

‘n Voertuig beland nie in ‘n sloot sonder rede nie. Die bestuurder se dade (heel moontlik onwettig) het dit veroorsaak.
MM, ‘n beter opskrif sou wees “Bestuurder jaag met taxi in sloot in”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.