Talle leerders op Schweizer tuis gehou vir veiligheid

Nog ʼn foto wat op dieselfde dag in die klas geneem is waar gesien kan word hoe swart en wit leerders by mekaar sit. Foto: Twitter

Heelparty leerders van die Laerskool Schweizer-Reneke se ouers het hulle Vrydag ter wille van hul veiligheid by die huis gehou.

Jozeph du Plessis, voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê die situasie by die skool was Vrydagoggend “kalm en rustig” ná Donderdag se vurige betoging nadat ʼn foto van die gr. R-klas opslae gemaak het omdat kinders kwansuis volgens hul ras geskei is.

Du Plessis kon nie gerugte bevestig dat die klas se juffrou, Elana Barkhuizen, dorpuit gevlug het nie. Hy sê wel Barkhuizen, ʼn toegewyde onderwyseres met jare lange ervaring hier en by vorige skole, is nie beskikbaar om met die media te praat nie.

Gevra waarom die vier swart kinders op die foto apart sit, het Du Plessis gesê die foto is kort ná die begin van die eerste skooldag geneem toe die kinders nog vreemd en onseker was. “Sy het waarskynlik die gevoel gekry om die kinders bymekaar te laat sit sodat hulle mekaar kan console.”

Dis ongelooflik hoe die eerste foto soos ʼn absolute veldbrand ontplof het.

Op foto’s wat direk daarna geneem is, sê Du Plessis, kan gesien word hoe die kinders gelukkig en deurmekaar sit. “Dis eintlik ongelooflik hoe die eerste foto, nadat iemand dit in die sosiale media gedeel het, soos ʼn absolute veldbrand ontplof het.”

Du Plessis sê hy kan nie dink dat teen die skoolhoof, Alwyn Henning, opgetree sal word nie. Wat met Barkhuizen gaan gebeur, sal waarskynlik volgende week bekendgemaak word wanneer die onderwysdepartement sy ondersoek na die voorval afhandel.

Intussen sê die Menseregtekommissie (MRK) van sy amptenare het die skool Donderdag besoek waar hulle met Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, en sy span beraadslaag het.

Die kommissie sê hy sal nou met die departement saamwerk in die ondersoek na die aantygings van rassisme in die gr. R-klas.

Terselfdertyd sal die departement ʼn taakspan aanstel om “transformasie by die skool te behartig”. Die departement het die MRK gevra om saam te werk in dié taakspan.

Die kommissie sê hy is “diep besorg daaroor dat gevalle van diskriminasie en verwante onverdraagsaamheid binne die skolestelsel plaasvind. Skole is platforms vir onderrig en leer, nie net [van] ʼn formele leerplan nie, maar ook van fundamentele waardestelsels.

“Hoewel dié tendens in skole uiters kommerwekkend bly, behoort ons dié geleentheid te gebruik om skole by transformasie te betrek en groter bewustheid tuis te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Chris ·

Die skool sal in alle geval nooit weer dieselfe wees nie, ook nie die dorp nie. Nou volg gesprekvoering en gaan die skool by ‘transformasie’ betrek word.

C+T ·

Ek hoop die ondersoek word objektief gedoen. Daar is al soveel skade gedoen met kommentaar sonder al die feite. Ek hoop die naam van die persoon wat foto op die sosiale netwerk versprei het word ook genoem. Asook die rede waarom die persoon nie eers die skool genader het en ‘ n verduideliking gevra het nie. Ek wonder altyd oor die motiewe van persone wat so iets doen. Wil hulle rasse haat aanwakker en lewendig hou of wat? Mense maak glads te gou gevolgtrekkings sonder al die feite.

Gert ·

Die persoon, ouer of te not, behoort genoem te word, sodat hy of sy ook uitgewys kan word vir rassime.

m.d.r. ·

Soveel histerie oor iets so nietig…! En hoeveel histerie wil die media, die amptenary . en die skinderbekke nog veroorsaak…?
Gebruik kinders vir politieke doelwitte….!
Maar nouja, dit is nie die eerste keer dat Swart politici hierdie truuk uithaal nie—die 1976 opstand het ook uit ‘n skool ontstaan…..

Aan enige buitelandse belegger of besoeker hierdie boodskap : welkom in die land van Geestesversteurdes . want niemand kan wil voorgee die reaksie op hierdie mini-insident enigsins normaal kan wees nie….!

Risa ·

Transformasie, dis siek. Hoekom kyk departement nie na skole met oorvol klasse en geen toilet geriewe nie.

Joey ·

Stem met jou saam
Dis hoekom ek tuisonderig met my kind doen! Dit werk wonderlik. Ek is enkel outer, werk en werk bedags. Die nie wites klim op elke trein om te kla! Hulle moet leer om saam mee te leef, want ons moet!

Marcel ·

Privaat skole mense, privaat skole!
Nee, dis nie onbekostigbaar duur nie.
As die Orania gemeenskap privaat skole kan hê, kan enigiemand (wat natuurlik REGTIG die wil het, bygesê….).

Trotse Oraniër ·

Ja nee wat hier op Orania het ons nie sulke nonsens nie. Ek en die hele gesin het na 22h00 bietjie gaan stap en na die pragtige sterre gekyk. Môre het ons ‘n propvol dag van gesinspret beplan in volkome veiligheid en frustrasielose gemoedsrus. Ek verstaan hoekom hier nou agt bouspanne voltyds bou en twee jaar vooruitbespreek is. Dinge in die Republiek raak belaglik. Multikuturisme is ‘n reuse mislukking

Anoniem ·

Besin tyd – Die seisoen is verby ! Skep ‘n nuwe skool elders en gee die oue vir dié wat hou van anargie ?

Werner ·

Wat nou? Per ‘n berig op Netwerk24 is die geskorste juffrou van Schweizer-Reneke ingelig dat sy haar pos moet ontruim – selfs al was ‘n foto wat die rasseherrie ontketen het nie in haar klaskamer geneem nie.

Kasper ·

Die ouer wat die foto aan die media gestuur het en gedeel het op SM, om die ras herrie aan die gang te sit moet summier gedagvaar word deur die skool, en haar kind moet uitgeskop word uit die skool uit. Sy het nou basies hierdie hele gemors begin op gemanupileerde inligting om die anti wit vuur aan die gang te kry. Hoekom het sy nie die ander foto’s ook gedeel nie, dit wys tog die teendeel van wat beweer word.
Wat ek wel weet hierdie skool sal nooit ooit weer dieselfde wees na dese nie. As ek raad het vir die ouers, haal julle kinders daar uit en laat hulle privaat onderrig ontvang, want van nou af sal hierdie skool net die aftraande pad loop.
Glo my hulle sal nie ophou voordat die skool totaal en algeheel getransformeer is nie.

Anoniem ·

As my kinders in die skool was sou ek hulle volgende week ook uit die skool gehou het !

Jem ·

Ek sal nooit kan verstaan hoekom politiek altyd as speelbal gebruik word deur volwasse mense nie. Magtig mense word net groot. Die toekoms van ons jeug is meesbelangrik. Velkleur het niks daarmee uit te waai nie. Hou die politiek uit skole uit.

Gert ·

Ek voel baie sterk daaroor. Name and Shame die ouer wat selektief die foto geplaas het

Hendrik van George ·

K nie te moeilik wees nie – was daar nie net 4 swart ki diertjies in die klas nie?
Wat ironies is is dat die EFF, en in ‘n effens mindere mate, die ANC, ‘n aksie het teen blankes. Ons weer almal wat Julius op openbare verhoë gesê het. Nou is hulle kwaad dat hulle kinders nie langs die v”erfoeilike” blankes sit nie – suiwer politiekery….

Lisa ·

Nog niemand weet presies wat die storie agter die storie was nie en daar gaan ons alweer met transformasie!! Vader van genade vind eers uit presies wat het gebeur en hoekom wie waar gesit was en vir watter rede! Die juffrou is aan beheer in daardie klas – NIE DIE OUERS NIE en dit is ons algemeenste probleem deesdae – die ouers hardloop met alles weg en praat so sleg van ‘n onderwyser – geen wonder vandag se kinders het in elkgeval geen respek vir enige onderwyser nie!! Watter tipe voorbeeld stel die persoon of ouer wat die foto in die eerste plek op SM gesit het??? Kom ek sal graag wil weet wie jy is en wat jou bedoelings was. Nee man, stop to cry wolf sonder dat jy eers jou feite agter mekaar het. Jy het honderde kinders se eerste skool week opgemors en jy skuld almal ‘n groot onverskoning en verduideliking – om nie te praat van die juffrou wat nie weet wat met haar toekoms gaan gebeur sonder om na haar rede te luister nie.

Willehond ·

Die LUR moet darem seker ook iets doen! Anders is hy sy joppie kwyt. Hoe anders gaan hy bevordering kry? Hierdie land van ons is kapoet en ons moet dit besef anders is ons daarmee saam die afgrond in!

Pieter ·

Die ouer wat die gemors begin het is te lafhartig om na vore tekom. Haar naam sal nie bekend gemaak word nie. Die onderwyseres moet n laster saak teen haar gegin en seker maak dat sy net klere aan haar lyf oor het. Daar is baie mense wat sal help om die regskoste te dek. Dis tyd dat ons begin terug baklei en nie net slaan sakke is nie.

PJC ·

Ek moet sê ek is vrek nuuskierig om te weet wie is die ouer wat die hele gemors veroorsaak het en sy of haar verduideliking te hoor oor hoekom dit gedoen is.

Riaan ·

So, nog voor daar ‘n ondersoek is het die MRK klaar besluit dit is rasisties!
Ek hoop die betrokke onderwyseres neem regsaksie teen die dept van onderwys!!!!! Laat hulle betaal uit hulle eie sakke. Dit is al wat die spul verstaan

MCS ·

Begin jul eie skool, met jul eie geld. Stel sommer vir Elana aan. Al skool jul vir eers in ‘n stoor op iemand se plaas. As dit nie ‘n staat skool is kan niemand niks se. Kinders kan steeds CAPS of IEB gebruik. Wys die spul dat hul skool nie nodig is. So dankbaar my kids Homeschool.

TLC ·

Aiai ek sien op fb n swartman wat se hy het ook foto versprei maar vra nederig omverskoning
Maar al die pragtige oop gesiggies pronk te pragtig oop en bloot op foto
Regtig
Vir die wereld en watter skool om te sien

Anoniem ·

Feed back The STAR : ‘Elite prestigious private school – between R 36 000 and R 41 400 school fee per year

Malema said he do’nt send his children to disfunctional public schools

Johan ·

Sjoe-sjoe…..ek wonder hoe lank nog voor die ANC my in persoon gaan aankla van rassisme…ek het net vier wit kinder in my huis….LOL

NEE ·

Die juffrou het self die foto’s geneem en aan die ouers gestuur sodat hulle rustig kan wees oor hulle kinders in die klas. Een ouer het egter die eerste foto selektief uitgehaal en rassisme geskreeu. Die juffrou wat nou seker haar werk kwyt is wou net AL die ouers gerusstel omdat sy weet almal bekommer maar oor die eertse skooldag. Natuurlik het sommiges dit onmiddelik TEEN haar gebruik, goeie bedoeling of te nie. Ons weet almal WIE die foto selektief versprei het sonder om al die ander, waar die klas deurmekaar sit in te sluit. Laakbaar en uiters gemeen. Ek stem, stig julle eie skool op plaasgrond, haal julle kinders uit die skool en verseker so hulle veiligheid en onderrig uit die boonste rakke. Die skool sal bitter vinnig sluit want die wat oorbly sal nie die skool aan die gang kan hou nie. Verder is die LUR as ‘n politieke aanstelling nie veronderstel om hom uit adminstratiewe sake te hou nie? Is dit nie die skoolraad & Onderwys Department wat HR sake hanteer nie. Verder, om die onderwyser af te dank voordat daar ‘n disiplnere verhoor gehou is, is ongeldig en onwetlik. Terwyl sommige kinders ander met messe steek en met vuurapens dreig, het die LUR tyd vir sulke twak. Maar nou ja dit is verkiesingsjaar en ons weet hulle bou lustig voort op Zuma se verdeel strategie en rasse polarisasie. Dis al wat hulle het om die aandag van al die korrupsie en swak diens af te lei.

Hettie ·

Hulle stel nie belang om hierdie foto te sien nie ! Kan nie vir hulle politieke punte in die sak bring nie.

At ·

Die staat het sy terrorisme net na nog ‘n vlak geneem, want selfs kinders word nou deur hul geteiken. Mense, ons sal moet wakker skrik!!

Vra net ·

My vraag is wie neem suĺke foto en stuur dit na ‘n ouer groep.
Wat is die doel?

Jacques du Toit ·

Die onderwyseres het dit geneem.
Seker maar omdat vandag se mammas en pappas elke oomblik moet weet hoe dit met boetie en sussie gaan.
Mense se daaglikse lewe moet mos deesdae elke paar sekondes op sosiale media opdateer word.
In my dae het my ouers geen nuus van my tydens skoolure gekry nie.
En raai wat?
Nie een van hulle het enige sielkundige letsels opgedoen nie.
Maar nou ja, in my dae het ons sommer uit die skool se krane water gedrink.

anni ·

Omdat daar een of ander swear optog by skool was. En so what as Sy foto geneem het. Gee niemand di Reg om RASISME re skreeu ni. Want was ni di geval ni

Chrisjan ·

Sjoe, die MRK was vinnig om te reageer. Na al die klagtes is hulle egter steeds stil oor die talle gevalle van haatspraak van die EFF en Andile van BLF. Nou ja, ek wonder wie is eintlik die rassiste.

Frik ·

Hul is ‘n verlengstuk van die regering en hul ondersoeke is eensydig-belaglik. Eintlik net ‘n eenheid om blankes in swak lig te stel en te ondersoek.

Cherokee ·

Hulle weier dus beslis om as groep alleen afgeneem te word. Hulle dring dus aan om tussen die wittes te wees wanneer fotos geneem word. Daar is handtekeningjagters ook wat wanneer belangrike persone afgeneem word, moeite doen om tussen hulle op die foto te verskyn. Probeer om belangrik te lyk sonder meegangers.

Susie ·

Wanneer gaan onderwysers leer om geen fotos in hulle klas kamers te neem en aan ouers te stuur. Ouers het niks te doen met jou onderwys metodes te doen solank jy die regte dinge doen en resultate kry. Ongelukkig sal daar altyd kommunistiese ouers wees. ‘N skool op ‘n plaas met grondonteiening wit in die blom???

anni ·

Ag asseblief gaan lees waaroor di foto gaan. Dan sal J beter verstaan!!!!!!

GM ·

Nee, Jacques, van die onderwysers neem net foto’s, stig ‘n ouer groepie, en ons ontvang foto’s van die kinders sonder dat ons eers toestemming gegee het dat ons kinders afgeneem mag word in die eerste plek.
Dis oulik om te sien wat die kinders doen, en ek weet die onderwysers bedoel goed, maar ek het ‘n hengse probleem daarmee dat ander mense foto’s op FB/Whatsapp kan plaas van my kinders. Veral in vandag se tye waar dit alreeds so maklik vir kriminele is om inligting te verkry, en kinders so ontvoer en geïntimideer word. Ek neem nooit ‘n foto van my kind saam met enige ander kind, as ek nie daardie kind se mamma toestemming gevra het nie. Mens noem dit respek.

marco polo ·

Ek nooi die juffrou uit om in China te kom klas gee, waar sy waardeer sal word en op die hande gedra wore. Hier is nie sulke nonsens nie en sy sal maklik werk kry met n goeie salaris. Kry net eers die regte visa en werkspermit asb.

Cherokee ·

Jy spog graag met Sjina. En nooi somtyds mense daarheen. Vertel aan die lesers so ietwat oor die Sjinese se hantering van die Christelike Geloof en hoe Christene daar behandel word.

marco polo ·

Alte seker. Jy kan na enige kerk toe gaan wat jy wil. Hier is baie kerke en tempels vir enige geloof. Jy mag net nie op straat gaan en mense probeer bekeer nie, want dit grens aan opstokery, wat heeltemaal onaanvaarbaar is in China. Ek het baie studente wat Christene is, ook wat Moslems is.

marco polo ·

Cherokee, ek weet van die afgetakeld kerke storie, wat eintlik nie feitelik korrek is nie. Daar is ‘n klomp plekke van aanbidding afgebreek, insluitende tempels, en Christenkerke was maar 2% van die totaal. Waarskynlik om woonstelle te bou. Die mense hier aanbid meestal Mammon, die geldgod, en steur hulle nie veel aan godsdiens nie, behalwe wanneer dit hulle pas, soos ook maar in baie gevalle in SA.

Cherokee ·

Marco Polo, ek is afhanklik van Internet oor inligting mbt Sjina en ek lees van ‘n 73 jarige Sjinese vrou (Wang Jialan) wat gearresteer en toegesluit is omdat sy die Here gedank het (en nie die regering nie) toe sy armlastige toelae ontvang het. En haar familie alles wat hulle het moes betaal sodat sy vrygelaat kon word.

Ek lees dat biduur sessies in privaat huise gereeld van adres moet verander om vervolging te systap. Daarom moes Mr Li wat in sy negentigs is, vier verdiepings se trappe (meer as 70 trappe sê hy) klim om ‘n kerkdiens by te woon.

The new Regulations on Religious Affairs that came into force in February 2018 are intended to restrict the spread of religious beliefs from their very sources, including books, pamphlets, and scriptures. Under the regulations, the authorities have designated the Bible and other religious classics as “non-public religious printed products,” and are attempting to stamp out all copies of the books.

Churches have been ordered to get approvals to celebrate Christmas from multiple state institutions and people are forbidden from having Christmas decorations.

Veel meer maar ruimte ontbreek

Jeremia ·

Die hele storm laat vermoede ontstaan dit iemand met nydige en hatige gevoelens dit aan die gang gesit het. Dalk dié ewige diep beswaardheid.
Wat gaan soek so een by diegene teenoor wie sulke gevoelens gekoester en vertroetel word?
Laat my baie diep twyfel oor die motiewe.
Terloops, waar is Malema se kind nou weer in die skool?

Anoniem ·

Kyk onder Johan H se opmerking Anoniem het geantwoord – Naam van die Skool is nie genoem nie !

bollie ·

Ek sal maar mag vir die ondersoek. Daar kom nou ander stories na vore soos dat daar in die verlede na die swart kinders as “klein swartetjies” verwys is. Een van die pa’s wat sy kind afgelaai het, het gesien die kinders sit apart en het die juffrou daaroor uitgevra. Sy’t gese dis tydelik en dat hulle later sal integreer. Toe hy die kind later weer gaan haal het, het hulle steeds apart gesit. Hy het die juffrou weer gevra maar sy het nie weer ‘n antwoord gehad nie.

Frik ·

Swak oordeel deur ‘n enkele ouer, wat uitgebuit word deur regering en hul lakeie. Wat nou volg is bloot terrorisme.

Cherokee ·

…mag maar vir die ondersoek. Waarom vind jy dit so belangrik? Vertel dit wat jy hier vertel, aan Dirk Hermann sodat ons sien of jý nie dalk met ‘n rooi gesig gelaat word nie.

bollie ·

Ek lees nie net Maroela nie maar ook News24 ensovoorts wat ander bewerings/feite na vore bring. Daar mag dalk meer agter hierdie storie wees so ‘n ondersoek moet verwelkom word om na alle bewerings te kyk. Weet nie wat Hermann of enige ander Piet Pompies met my uit te waai het nie, ek is nie persoonlik by die ding betrokke nie so hou jou persoonlike aanvalle vir jouself.

Estelle ·

Hier is net my 5c vir wat dit werd is.
ENIGE iets in SA wat betrekking het tot ras sal altyd buite verband geruk word.
Ek het nou al 3 weergawes gehoor van hoekom die kinders appart gesit het. My eie gevoel is dat daar nooit gemengde rasse in ñ klas hoort nie, maar dit kan nie meer voorkom word op grond van my eerste stelling nie. Ek dink die verskillende weergawes berokken meer skade aan die saak.
En met dit gesê, geen onderwyser/es hoort in klastyd op sosiale media nie. Geen onderwyser/es mag ooit toegelaat word om enigsins van enige kind in haar klas ooit ñ foto te neem nie, en dit boonop dan op sosiale media te publiseer nie. Ei sou ñ helse herrie veroorsaak het indien my kind se gesiggie op ñ foto aan ñ Whatsapp groep of enige ander sosiale media gestuur sou wees. Dit is nie fotografie skool nie, daar is geen rede hoekom ñ onderwyser van ñ kind of ñ klas ñ foto hoef te neem nie, veral nie sonder toestemming van elke enkele kind se ouer nie. Die juffrou het ñ lat gepluk en word nou geslaan. Maar myns insiens, vir al die verkeerde redes.

madels ·

Die ma wat die foto gepubliseer het moet eintlik nou tronk toe gaan nadat sy al die kinders op n publieke forum gewys het. Dis heeltemaal teen die wet. Ek hoop al die mammas tree op teen hierie mamma en elkeen dagvaar haar vir miljoene rande se skade nadat hulle kinders op n publieke forum gewys is.

Estelle ·

Raps die juffrou en skool oor die vingers. Nie oor die rasseherrie nie, maar omdat sy in skooltyd op sosiale media is en fotos neem van kinders en dit versprei op sosiale media sonder toestemming van elke ouer.

Dienkie ·

Ja ne hierdie tipe dinge kan net in ‘n abnormale land soos Suid-Afrika gebeur. Dit is eintlik die ouer wat hierdie foto geplaas het en rassisme geskreeu het wat aangevat moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.