Talle leerders, oudleerders toon steun vir Boishaai-onnie

jongenskool-paarl-video

’n Skermskoot uit die video.

Ondersteuning het Vrydag uit alle oorde ingestroom vir die Hoër Jongenskool Paarl (HJS) in die Boland nadat die Wes-Kaapse onderwysdepartement gesê het bewerings van lyfstrafpraktyke by die skool sal ondersoek word.

ʼn Herrie het Donderdag losgebars nadat News24 in ʼn artikel beweer het die skool pas nog lyfstraf toe, al word die praktyk reeds amptelik sedert 1996 in Suid-Afrikaanse skole verbied.

Luidens die berig het ʼn ouer van ʼn leerder en nog vyf anonieme oudleerders glo vir Richard Visagie, die adjunkhoof en hoof van dissipline aan die skool, uitgesonder as die persoon wat glo lyfstraf toepas.

Honderde leerders van Boishaai, soos die skool in die gemeenskap bekendstaan, het Vrydagoggend hulle steun aan Visagie getoon deur die lied “You’ll never walk alone” van Gerry and the Pacemakers te sing. ʼn Video van die leerders se sang en ʼn toespraak is Vrydag op verskeie sosialemediaplatforms gedeel.

“Meneer Visagie, van ons kant van die skool af wil ons net baie sterkte sê vir die tyd waardeur meneer gaan. Ons wil net hê meneer moet weet ons back meneer ʼn honderd persent,” het die leerder gesê waarna die skool met die sing van die lied weggetrek het.

Talle oudleerders het ook sedertdien op die skool se sosialemediaplatforms vir die oudstudente-unie, wat 14 000 lede het, hulle misnoeë uitgespreek oor die aantygings. Ander het weer gesê hulle het net goeie herinnering van dié onderwyser wat reeds meer as 41 jaar by die skool betrokke is.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het gesê die distrikskantoor het al klagtes oor lyfstraf by HJS ontvang, maar wanneer die aantygings ondersoek word, is die ouers glo nie bereid om hul kinders daaroor te laat getuig nie.

Volgens die departement is Visagie verlede jaar van wangedrag aangekla nadat hy glo ʼn leerling geslaan het. Hy het op 15 Oktober ʼn finale geskrewe waarskuwing en ʼn boete gekry.

ʼn Nuwe klag is op 23 Januarie ontvang van ʼn dokter wat ʼn leerder behandel het wat na bewering deur ʼn onderwyser aangerand is maar die ouers van dié leerder wou nie die saak verder opvolg nie.

Die skool het Donderdag op hulle Facebook-blad gesê hulle neem kennis van die bewerings en hanteer die aantygings met die nodige erns.

Die skool het Vrydag aan Maroela Media gesê die onderwysdepartement het HJS nog nie gekontak in verband met ʼn ondersoek by die skool nie.

Gebruikers van sosiale media verdeeld oor lyfstraf

Terwyl sommige sosialemediagebruikers die skool se praktyke gekritiseer het, het ʼn groot meerderheid Facebook-gebruikers gesê as hulle die keuse gehad het, sal lyfstraf in skole weer ingestel word.

Carel Kunn het gesê dit is interessant dat die skole wat die “ondenkbare” doen, deur lyfstraf toe te pas, die beste akademiese standaarde en presterende kinders op skool en in die lewe daarna lewer.

In nog ʼn inskrywing het Jarrod Alberts gesê mense verstaan nie hoe dinge by HJS gedoen word nie.

“ʼn Mens kyk deesdae na ander video’s, wat wyd op sosiale media gedeel word, waar onderwysers hulself teen leerders moet verdedig of die leerder op ʼn lelike minagtende manier met ʼn onderwyser praat terwyl die res van die klas sit en lag.

“Dít gebeur net nie by Boishaai nie. Die leerders en ou seuns het die grootste respek vir onderwysers, en soveel te meer vir mnr. Visagie want hy is vanaf die eerste dag van gr. 8 tot gr.12 daar om jou te leer hoe dit gedoen word. Hy is letterlik ʼn vaderfiguur vir die leerders in daardie skool.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Regtig? ·

Is julle dood seker hulle praat nie van Boys High nie? Die woord wat julle in die berig gebruik bestaan regtig glad nie. ‘n Haai is tog ‘n vis.

Nettie ·

Ag herder tog, @Regtig – almal weet daar word van Paarl Boys’ High as “Boishaai” in die volksmond gepraat. Moenie jou onkunde so wyd en syd verkondig nie en hou by die onderwerp, toe?

Lientjie ·

Dis hoe hulle dit nog al die jare “spel”. Kom van daardie omgewing.

Cherokee ·

Ag Regtig, as jy wil hê vir jou moet gelag word, vertel ‘n grap, doen iets komies… maar moet nie probeer om ‘n dom nar na te maak nie want dit is nie regtig snaaks nie.

elrou ·

Great, daar moet meer onderwysers wees wat n kind n goeie pak kan gee en nie bang is nie.
Die kinders van vandag het geen respek nie en dit omdat hulle lyf straf by skole weg gevat het. Nee ek se nie slaan die kind dood nie, I am simply saying that if you behave like an ass you will get an hiding on you ass…

Dries du Toit ·

Pieter lees Spikkels se boodskap. Dit is ook van toepassing op jou ook

Corne Potgieter ·

Daar moet meer sulke onderwysers wees , met die ANC onderwys departement wat als afskaal en afstel is dit hoekom die land is waar hy is en die skool kinders van alle rasse geen respek het vir hulle onderwysers of hulle ours nie, want die klomp van die ANC het nie eers respek vir hul self nie….

Theoman ·

My onnies het altyd gese ” n pak op sy tyd is soos brood en konfyt” en buk het ons gebuk in die kantoor of inni klaskamer tot vandag het ek die grootste respek vir elke onnie wat my g@t vuur warm geslaan het. Hierdie mense/kinderregte is n klomp bollie, vat jou pak soos n man.

Allie ·

Stem, lyfstraf moet terug kom in die skole. Vandat dit nie meer daar is nie, het die kinders nie respek vir onderwysers nie. Daar is niks disipliene meer by die huise of skole nie.

Mauri ·

Ons sal baklei vir jou MNR! Mnr is n legend, en dié storie gaan ons nie onderkry nie!

Thomas ·

Ek was baie jare gelede ‘n onderwyser. Net pakslae gegee as dit verdien word. Jy kry die ouer wat op ‘n oueraand instap en kwaad is omrede sy kind pakslae gekry het. Jy hanteer dit op die beste manier wat jy kan. Dan kry jy die ouer wat instap en vra dat jy sy kind sal looi as dit nodig is.. Dan antwoord jy, sonder uitsondering – dit is nooit nodig nie.

Sann ·

Wat ‘n uitstekende kommentaar, Thomas. Dit som die gevoeligheid vir dissipline tuis baie mooi op. Kinders het nie “marteling” nodig as hulle maar net kan verstaan dat hulle binne riglyne moet optree nie. ‘n Pak slae is die minste van die slegte gevolge wat kan opduik as jy weerbarstig raak.

JVD ·

My verloofde is ‘n onderwyseres en dit is skokkend om te hoor die tipe respek wat kinders het van so klein soos Graad R af. Daar is geen meer respek vir enige onderwyser nie en eks seker die videos wat die rondte doen op sosiale media is ‘n bewys daarvan. Die groot probleem is dat die kinders het die al die regte, en nie meer die onderwysers nie. So jou hande is afgekap. Ek sal defnitief my kinders eendag by so ‘n tipe onderwyser wil laat onderrig soos Mnr. Visagie. Dis die regte manier volgens my. As jy nie saamstem nie, dis jou eie proleem. Al waneer kinders luister, is as jou boude warm is. Ja, opvoeding begin by die huis, maar goeie disipline in die skool help dat kinders gevorm word in ordentlikke volwassenes. Ek sidder om te dink waarheen ons pragtige land oppad is, want onopgevoede kinders van nou, is die leiers van ons toekoms.

Hanlie Geyser ·

Dis juis omdat daar nie meer lyfstraf is dat dit gaan ins kole soos dit gaan. Bring dit terug in alle skole. Dan sal onderwysers nie meer met stoele en besems gegooi word of met boeke nie. Dan sal daar stilte wees en kinders kan inneem wat die onderwyser hul probeer leer. Dan sal hulle nie druip en die skool afbrand as hul druip nie.

Riaan ·

Gee sommer die ouers van die “arme slapgat bloeitjie” war gemoan het ook lyfstraf want hulle doen nie hulle bloeitjie ‘ n guns nie.
As jy dit verdien meot jy dit vat!!!

Gmf ·

BLOEDJIE …..mens maak altyd ‘n beter indruk ….as mens jou onkunde wat uitsteek ……..wegsteek

IK ·

Dan kan daar met ‘n misdaadoortreding dalk gevra word: ‘Waar het ek fouteer met die kind se opvoeding’? Die ANC dink egter nie oor dit.

toy ·

Dit is hoekom dit in ons land gaan soos dit gaan, want die kinders kry nie meer pak nie.

Johan Neuteman ·

Lyfstraf is nodig. Die feit dat daar soms misbruike is, moet nie die basiese beginsel verander nie. Dis ‘n vinnige manier om baie sake in orde te hou, die regte dissipline en rigting te gee en nie uitgerekte sake van dinge te maak met puntestelsels en detensie nie. En dikwels is ‘n hou of twee op sy plek en tyd die voorkoming van veel groter probleme. Lyfstraf moet skaars wees, maar daar wees. En hoe meer dit as moontlikheid daar is, hoe minder is dit nodig.

Machie ·

Met lyfstraf was daar orde en dissepline in die skole. Nou maak die brats wat hulle wil en die onnies moet maar stilbly. Bring lyfstraf terug en sommer godsdiens ook

Essie ·

Vergeet die roede nie dit hou leerlinge in hul baan n goeie pak op sy tyd verrig wonders ek ht daarmee groot geword en dit het niks aan my as mens gedoen nie terloops ek dink meer volwasse oor sake.

MOEG ·

Ek dink weer u is glad nie volwasse nie ….die onkreatiewe brein val terug na die primitiewe benadering wat u voorstel….U kan geen ander vorm van dissipline u voorstel of indink nie

Skybird ·

Vandat die rottang op alle vlakke weggepak is het “CRIME” met meer as 500% opgetel, geen dissipliene/respek orals ; in Kerke, Skole, Resturante, Huishoudings op Paaie ens. te veel om te noem. Die Rottang moet terugkom in Skole en Jeugdige vonnis in Howe ! (Vergeet van doodstraf) Hopelik sal dit die land regruk.

Dries du Toit ·

MOEG jy moet met volwassenhied verduidelik wat jy se. Jou en die jou kreatiewe denkers in die ANC het maar n slegte “track record” oor hierdie onderwerp

Cherokee ·

Dries, om Chris nou te na-aap, jy het dit uitstekend verwoord.

Sanna ·

Dit is nogal vir my kommerwekkend dat niemand gepla is is oor die etiese aspekte van die saak nie. Almal wat vertroud is met die betrokke skool weet dat lyfstraf wel toegepas word. Dit blyk nou dat ouers en leerders dit aanvaar dat onderwysers mag lieg. Beide die skoolhoof en Mnr Visagie ontken dat lyfstraf toegepas word. Besef hulle dat kinders dan hieruit moet aanvaar dat dit normaal is om leuens te vertel. Verder meer, die feit dat dit goedgepraat en aangepor word, laat my verstaan dat die Boishaai kultuur hul nie steur aan die konstitusie nie. Is hierdie skool dalk verhewe bo almal en kan hul eie reels maak? Al die videos van leerders wat skielik bankvas agter n boelie staan blyk n manier van bemarking te wees. Jammer dat jong manne so geindoktrineer kan word om die aandag weg te draai vanaf die ware probleem.

Etiese Aspekte ·

Gewis ‘n kwessie van etiese aspekte. Die gemeenskap & almal op hierdie forum stem saam dat die Bybel se eeu oue riglyne noodsaaklik is (spaar die kind die roede nie)
Onder die ANC & liberalisme het baie kinders in monsters verander. Boys High se gemeenskap sien dit raak & wil ten alle koste die morele standaard van leerders handhaaf. Jong mans wat sterk van karakter is & wat eendag steunpilare van die samelweing sal wees.
EK SAL SAAM LIEG om my kind ‘n goeie opvoeding te verseker . . . . net omdat die ANC sê ons gaan jou grond vat & jou kinders moreel laat verval . . . beteken nie dat ek hulle beleid moet aanvaar nie.
Die Bybel is die FINALE OUTORITEIT waarvolgens jy jou kinders moet groot maak . . . as die satanisties gedrewe nuwe wêreld orde sê dat jy moet toelaat dat jou kind ‘n maatskaplike mislukking word . . . dan sal ek ENIGIETS doen om dit te beveg.

Die jong mans van Boys High het iets geleer omtrent lojaliteit & ondersteuning, wat jy nog nie gesnap het nie

Jy wil tog immers hê dat jou dogter moet trou met ‘n jong man wat in ‘n skool & gemeenskap opgevoed is, wat sekere gedrag van ‘n jong man vereis?

Gertjie ·

As jy nie tevrede is met die manier is hoe dissipline by n skool toegepas word nie , moet dan nie jou kind soontoe

Chris ·

Etiese aspekte, jy is arrogant om sommer so te aanvaar “almal op hierdie forum” stem saam … ens.

Hallo ·

@Etiese Aspekte
Sê daardie selfde Bybel nie ook dat mens nie moet jok nie? Mense lees ook maar lekker selektief deesdae.

Alida ·

Baie snaaks dat die klaers nie wil hê hulle kinders moet getuig wanneer klagtes ondersoek word nie. Daardie paar ouers is dan seker bang die rede waarom die kind gewiks is kom op die lappe.
Klink vir my na ‘n gelukkige klomp leerlinge en oud leerlinge.
Klaekouse sal daar altyd wees.
Gaan seker nog goed by die skool met goeie uitslae. Maar nee, die onderwysdepartement moet dit kom deurmekaar krap.

Dries du Toit ·

Chris, Etiese Aspekte praat verseker namens 80% van die mense op hierdie forum. Tel bietjie ou maat. Ons almal weet dat die verval van die jeug in SA grootliks is as gevolg van dissipline. Kinders het nie meer nodig om bang te wees om enige grense te ignoreer van kleins af. Niks so goed soos n goeie drag slae om hom binne grense te hou nie. N halwe drag slae is ook nie goed nie dit maak hulle net meer opstandig

Lalie ·

Wonderlik om van die disdipline te lees. Hoekom begin die ouers dit nie in die huis toepas nie dan sal daar meer orde oral wees. Meneer m… hulle dik. Ouma Katrien

Yvonne ·

‘n Pak op sy tyd , het nog nooit iemand skade gedoen nie. Die gedagte aan ‘n warmgemaakte agterstewe het my baie vinnig laat dink oor stout wees of terug praat. Ongelukkig is daar ouers wat nie die verskil tussen tugtig en aanrand ken nie. My tien jarige het my meegedeel dat kinders regte het en nie meer mag pak kry nie en dat die polisie ingeroep mag word( so word sy geleer) My antwoord: indien jy nie tevrede is met ‘n pakslae is jy welkom om die polisie te bel, vra hulle ook net waar jy voortaan gaan bly aangesien hulle my gaan toesluit. Dit was die laaste, sy vat haar pakslae , wanneer nodig sonder enige dreigemente. In ons huis is ‘n paklsae die laaste opsie , ander strawwe word ook implimenteer , maar dit is daar sonder twyfel. Dit is regtig hartseer om te sien hoe die kinders en ‘n sekere generasie jongmense eenvoudig geen dissipline en respek meer het nie. Daar is uitsonderings maar ook maar dun gesaai. Dit was ‘n groot fout om lyfstraf af te skaf.

Ronel ·

Yvonne, my kind het met dieselfde storie gekom. My kinders het ook pakslae gekry, maar hulle het geweet HOEKOM hulle gekry het en dit was letterlik net een of 2 houe op die boud. Ek kry gereeld komplimente oor my kinders se goeie gedrag by ander mense. Iets om op trots te wees sou ek sê.

Verster ·

Die tipes wat by News24 en hul meelopers werk (direkteure ingesluit), kan maar net hoop dat hul St.6 kon afkyk deur HJS Paarl se toiletvensters.

Aaaaaaaa! ·

Die jong manne is natuurlik keelvol vir onbeskofte en minagtende leerders wat klasse wil ontwrig. Hul meen seker dat sekere kinders kansvatters is en ‘n ander soort dissipline nodig het. Hulle sal natuurlik bankvas agter die onderwysers staan wat sorg dat orde gehàndhaaf word en onderrig op ‘n gepaste wyse kan voortgaan. Hulle het tog die reg om kwaliteit en kwantiteit onderrig te kry. Dis waarvoor hul hul verplig om te betaal. Wanneer leerders hulle gedra en doen wat hulle moet sal hulle mos nie skrikkerig hoef te wees vir ‘n outydse loesing nie. Miskien moet die sogenaamde klaers hulle net gedra dan is niemand mos in die moeilikheid nie en die onderwysers kan met liefde hul werk doen.

Ag ·

Almal is vir lyfstraf om displine te handhaaf indien nodig, dis Bybel

San ·

Dis omdat Die Bybel nie meer in skole gelees mag word nie dat al die nonsens kop uitsteek.

Verstom ·

Vir n dokter om n klag van aanranding aan te meld, is n ernstige saak wat opgevolg behoort te word. Tweedens is lyfstraf by skole onwettig. Mense wat lg. goedpraat verdien nie respek nie.

Koos ·

Die berig sê daar is n bewering van aanranding en snaaks genoeg nog geen bewyse of skuldig bevindings en jy verdien ook geen respek vir jou bevinding dat dit wel gebeur het nie.

Riaan ·

Lyfstraf by skole onwettig omdat politisie so besluit maar driekwart van bevolking stem nie saam nie!
Net soos met doodstraf!

Lewies ·

Julle moet GOD meer gehoorsaam weer as mense of konings PUNT! In alle sake PUNT!

Verstom ·

Koos, ek het nie die bevinding gemaak nie. Ek het gesê die klag behoort ondersoek te word. Lees asb noukeurig.

Verstom ·

Koos, ek het geen so n bevinding gemaak nie. Lees asb noukeurig!

Hans Minnaar ·

Ek stem saam mèt Aaaaa en almal wat ordelike lyfstraf goedkeur.
Die onderwyser moet die kind opvoed en leer,nie andersom nie.
As pa en ma dink hulle kinders is so oulik en slim,moet hulle nie skool toe stuur om opgevoed te word nie,laat hulle jou leer by die huis en los die kinders uit by die skool dat die “dom” onderwysers en skoolmaats maar op hul eie tyd aangaan.

Peter Holmes ·

Ek was van 1952 in die skool. In daardie tyd het ons nooit onnodig pak gekry nie. As jy pak kry dan weet jy, jy het drooggemaak. Daarom ken ek vandag nog my tafels uit my kop uit.

rollie ·

Die onderwyser het al ‘n skriftelike waarskuwing gekry en luister STEEDS nie. Lyk my hy het geen dissipline nie.

liz ·

Die Boyshaai kinders is volgens sosiale media so oulik. Het hulle dan enigsins slae nodig. Nevermind landswette. Volgens die Bybel mag jy nie lieg nie. Skoolhoof en die res mag nie lieg nie. Man up.

Juffrou ·

Dis dalk hoekom hulle so oulik en goed gemanierd is. Voorbeeld vir baie ander skole.

Sarie ·

Lyfstraf moet terug gebring word dan sal daar minder boelies wees.Onderwysers sal nie vermoor en aangerand word nie.Dis 1 rede hoekom ons land in sy dinges is.Gehoorsame kinders bestaan nie meer nie.

Co ·

Maroela Media, hou bietjie ‘n peiling, sal interesant wees om te sien hoeveel mense is tengunste van ‘n goeie ou pakslae!

Bossie ·

Scenario: Iemand is keelvol vir iemand. Die een wat keelvol is vra ‘n vriend om hom bietjie te moker. Gemokerde hardloop en vertel die wêreld dat dit is die ander vriend, vir wie hy keelvol is, wat verantwoordelik is. Die vriend word in hegtenis geneem. Wat sê die regsgeleerdes, hoe bewys mens dat die arme vriend in die tronk nie skuldig is nie? … Doen julself ‘n guns. Boek vir julself die eerste naweek in Augustus in by ‘n plekkie in die Paarl. Gaan staan langs die veld wanneer die jaarlikse Interskole plaasvind tussen Boishaai en Gimmies en daar 30 000 mense langs die veld staan. Reën, wind, weer, NIKS keer daardie manne om hul harte uit te speel daardie dag nie. Dit is die beste rugby in die hele land en gee ‘n ou hoendervleis. Jy sal nie kan saam praat indien jy nog nie daar was nie. Dissipline, opvoeding, orde skreeu daardie dag ten hemele. Voel of jy in ‘n ander wêreld is. Gaan kyk asb. Jy sal nie jou geld mors nie. Daardie Paarliete is SO trots. Vir daardie naweek bestaan die land se gemors nie. Wen of verloor, daar kan met SOVEEL trots van albei daardie skole gepraat word. Maar soos dit is moet alles wat werk in hul m… gemaak word. Ons salueer jou Mnr Visagie. Jys ‘n legende en die hele wêreld weet dit behalwe so 4 of wat. Shame.. Ons is bitterlik trots op jou. Sterkte met alles.

rollie ·

Ek mag miskien ook nie daarvan hou om net 60km/h op ‘n sekere pad te ry nie maar dis wat die Wet bepaal en as ek dit oortree word ek gestraf. Dieselfde geld vir die onderwyser, hy moet maar sy pak vat as die bewerings waar is.

Chris ·

Lyfstraf is net nog nodig waar onderwysers onopgevoed is. Ek hoop van harte dat die % kommentare hier wat die mnr Visagie se onderduimse praktykte hier so mildelyk steun, nie verteenwoordigend is van die bree bevolking nie. Dis ook verontrustend om te lees hoe ‘die manne’ en hul ‘mammies’ hul sal skaar by so ‘n uitgediende praktyk en ‘die Meneer’ sal beskerm. Dit herinner aan Stockholm sindroom.

Spikkels ·

Chris het jy kinders in die skool was jy self in die skool. Jou kinders kan seker doen wat hul wil en praat soos hul wil. Opgevoede kinders luister na Onderwysers en ouers. Onopgevoede kinders doen nie en dit begin by die ouerhuise van kinders. Onopgevoede ouers en Onopgevoede kinders.

Riaan ·

Jammer, jy is outnumbered!

Dit is duidelik meerderheid steun lyfstraf maar net soos met doodstraf is dit deur CancER onwettig veklaar teen die wense van die meerderheid!
Jy is seker een van die da gang wat weereens. NIKS gedoen het om die ondemokratiese optrede van CancER te stop nie?
Sies man! Ook seker een van die mamma’s boys wat op skool gehuil het as jy pakslae gekry het?

Dries du Toit ·

Chris, Jy het seker te veel pak gekry. Of dalk te min. Nou kry jy baie. Jy is reg daar is dalk meer mense wat jou standpunt steun. Maar hulle is nie ons mense nie. Hulle is “our people” wat die President van praat.

Des Nigrini ·

Ek wil nie snaaks wees nie maar ek het self gebuk op skool. Het my net goed gedoen. As ons by ons ouers wou kla kon ons seker wees ons agterkante sal ook weer by die huis warm gemaak word. Hoekom nou eweskielik al die klagtes. Dit is net vandat ons skole gemeng is. Wie is die klaers? Let op in koerant berigte as onderwysers ondersoek word wie die klaers is.

Pieter ·

Mens kry ongelukkig niks met lyfstraf reg nie. Daar is ander maniere om van jou frustrasies ontslae te raak. As jou kinders weet van waardes sal dit nie nodig wees om geweld te gebruik nie. Mnr Visagie is op ‘n finale waarskuwing, hy moet dus maar sy “pak” vat.

Riaan ·

Pieter en Chris
Het julle by mekaar afgekyk?

Wat doen julle karnalies nog saam?

rollie ·

Beslis. ‘n Pakslae is dalk net ‘n quick fix vir ‘n ongereelde oortreder. Kinders wat gewoond is om gereeld pak kry, lag dit af en dit het geen effek op hul gedrag nie. Detensie werk net so goed vir die ongereelde oortreder en ook beter vir die gereelde ootreder wat omtrent elke dag pak gekry het.

Dries du Toit ·

Pieter,Spikkels se kommentaar geld vir jou ook. Jy sê niks word reg gekry met lyfstraf nie. Glo jy regtig sulke onsin ??

Estelle ·

Ek sal maar ietwat benoud wees oor wie ek vertrou om lyfstraf toe te dien aan my kinders indien hul op skool was. Karakter is nie iets wat mens deesdae sommer onder enige klip uitskop nie. Om ñ onderwyser bloot op feit van “ñ pak op sy tyd is goed” te vertrou…. voel vir my so bietjie soos speel met vuur.

Estelle ·

Dan nog ñ laaste ou eiertjie te lê van my kant af.

Die mense wat so met die Bybel onder die arm loop, lees hom vir ñ slag bietjie mooi aandagtig deur. Net soos wat daar geskryf staan: “Spaar nie die roede nie”, staan daar ook dat indien ñ ouer se kind aan sekere dinge skuldig staan, daardie ouers die verantwoordelikheid het om hul kind te neem om gestenig te word. (Deut 21). Wat vir my beteken, pappa en mamma, neem verantwoordelikheid soos die Bybel beveel, want watter ouer wat sy sout werd is wil hul kind sien sterf? Moenie jou kind se opvoeding aan ander oorlaat nie.

Skoolgaan is nie ñ Bybelse konsep nie. Kyk in Deut 6 en Deut 11 hoe jy jou kinders moet onderrig. Kyk na watter persentasie van die dag oorbly om hierdie riglyne na te kom. Voldoen jy werklik daaraan?

Hou op om die Bybel oor almal se koppe te hou indien jyself net dit weet wat die kerk jou toelaat om te weet en dan heerlik selektief aanhaal om by jou idees in te pas.

Cherokee ·

As hoërskoolseuns het ons later met die blou hale gespog by ons vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.