Talle lugrederye kanselleer SA vlugte

(Argieffoto: Lufthansa)

Verskeie internasionale lugrederye het vlugte na Suid-Afrika vandeesweek aangepas ná reisbeperkings wat die verspreiding van Covid-19 te midde van ʼn tweede vlaag infeksies moet help stuit.

ʼn Groeiende lys lande beperk reise na en van Suid-Afrika sedert ʼn meer aansteeklike variant van die virus genaamd 501Y.V2 in Desember bekend gemaak is.

Die hernieude sluiting van grensposte het groot rederye gedwing om vlugte na Afrika se mees geïndustrialiseerde land óf op te skort óf te verminder.

Emirates het vandeesweek ʼn 13 dae lange opskorting van alle Suid-Afrikaanse roetes weens “bedryfsredes” aangekondig.

KLM het gesê dat hy skedules moes aanpas nadat die Nederlandse regering reis van Suid-Afrika na Amsterdam beperk het en die redery gedwing is om vandeesweek verskeie vlugte te kanselleer.

Lufthansa het ook gesê hy “pas sy vlugskedule” na Suid-Afrika weens “verminderde aanvraag” aan.

Die verminderings kom te midde van ʼn kommerwekkende styging in koronavirusinfeksies in die land wat die owerhede gedwing het om verskerpte maatreëls in te stel.

Suid-Afrika het reeds meer as 1,3 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle en meer as 35 000 sterftes – die hoogste op die vasteland.

Net in Januarie is meer as 240 000 infeksies en 6 000 sterftes aangemeld.

Die toename het die dig bevolkte Gauteng swaar getref en premier David Makhura het gewaarsku dat Covid-19-sterftes die hoogte ingeskiet het.

Gauteng, een van die episentrums van die eerste vlaag infeksies, is nou verantwoordelik vir meer as ʼn kwart van die land se koronavirusgevalle en sowat 18% van sterftes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Die toppunt van idiosie is om dieselfde optrede te herhaal en ‘n verskillende resultaat te verwag. Die gesaghebbende Pandata se wetenskaplikes het bevind dat die 2020 inperkings meer as DERTIG KEER meer skadelik as die siekte was en dus oneindig meer skade as goed gedoen het. Dieselfde resultaat sal nou weer volg, en dit in weerwil van ‘n hofbevel wat die regulasies ongeldig verklaar het. Wanneer gaan ons wakker skrik – as daar niks meer oor is om te vernietig nie?

Kobus ·

Jan fopnuus, dieselfde PANDA wat aanvanklik voorspel het (let wel, nie bevind het) dat die die verwante sterftesyfer aan COVID van nagenoeg 23000 sovat 4x meer is as wat die sterftes aan COVID Sal wees en dit “grossly overestimate” was….

MARIKA ·

The leaders should’ve done it long ago…. Stopped international flights.. The horse has bolted. Should’ve stopped inter provincial travel in December, People go to shops for whatever reason, walking around in malls, yet the beaches are closed. So you’re safe in a overcrowded mall but you go home to your kids…. Parents are still spreading the virus… can infect your kids by joining the crowds in the shop. but clearly the schools are the problem…. Seems like we’re (we r the people), cause it can’t be the leaders… As soon as things heat up, it’s the people’s fault. running a fish and Tjips shop. Government, be accountable take it like a strong man or women, modern talking probably got their lyrics from watching SA…. Shoulda woulda coulda….

marius ·

En die hoof mediese ordonans het die Britte vervloek . Gaan hy die tannie met die Corgis se voete soen en verskoning vra ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.