Talle mediese interns steeds sonder poste

(Foto: Marcelo Leal/Unsplash)

Talle mediese studente in hul finale jaar voel tans magteloos omdat daar skynbaar nie genoeg geld by die nasionale tesourie of die departement van gesondheid is om hulle as mediese interns by hospitale landwyd te plaas nie.

Volgens Bianca Lucas, ʼn mediese student in haar finale jaar aan die Universiteit Stellenbosch (US), het sy slegs ʼn paar dae voor haar finale eksamen die nuus gekry dat sy nie as intern geplaas kan word nie.

“Dit is ʼn gevoel van absolute magteloosheid. Ek en my medestudente wat in dieselfde bootjie sit se hande is afgekap. Ons het geen pos vir internskap ontvang nie en daarsonder mag ons nêrens in die land as dokters praktiseer nie.

“Om wettig as ʼn mediese dokter in Suid-Afrika te registreer word daar van elke mediese student vereis om ná hulle ses jaar studie twee jaar se internskap te voltooi, gevolg deur een jaar se gemeenskapsdiens. Al drie hierdie jare moet in ʼn staatshospitaal gedoen word, in diens van die nasionale departement van gesondheid.”

Die elektroniese aansoekproses vir plasing as intern het in Julie afgeskop en moes teen einde Julie voltooi gewees het. Mediese interns kon daarna aansoek doen by hospitale waar hulle graag sal wil diens doen. Die kriteria waarvolgens poste ingedeel word, is nie bekend gemaak nie en daar is kritiek dat die proses nie deursigtig is nie.

Altesaam 2 200 nuwe mediese afgestudeerdes moes vir internskapposte landwyd aansoek doen. Van hierdie groep het 159 geen plasings gekry nie.

Die nasionale departement van gesondheid en die Internship and Community Service Programme (ISCP), wat ook onder die vaandel van die departement van gesondheid bedryf word, is verantwoordelik vir die plasing van mediese interns. Algemene praktisyns val in die tweede groep van die klassifikasiestelsel. Die ISCP ken poste lukraak toe met die hulp van ʼn selfontwikkelde algoritme. Dit beteken dat akademiese en ander prestasies van studente nie in ag geneem word by die keuse van interns vir spesifieke plasings nie.

Die ISCP het ook laat blyk dat daar vanjaar meer aansoeke as voorheen was en dat bykomende finansiering bekom moet word.

“Op Maandag 16 November het ons uiteindelik plasings ontvang. Altesaam 158 finale jaar mediese studente het egter Maandagaand met ʼn skok besef dat hulle geen pos ontvang het nie as gevolg van ʼn tekort aan finansiering vir poste,” sê Lucas.

“Die aanvanklike e-pos het gemeld dat diegene van ons wat nie poste ontvang het nie teen 20 November ʼn pos sal ontvang. Hierdie inligting was ook op ons ICSP-aanlynprofiel. Groot was my verbasing dat hulle slegs ʼn dag later hierdie beloofde datum uit die boodskap verwyder het.

“Die datum (20 November) het egter gekom en gegaan en die jongste aanduidings is dat daar nou eers teen 6 Desember ʼn verdere aankondiging gedoen gaan word. Volgens die e-posse is daar nie tans voldoende geld om vir al die plasings te betaal nie.”

Volgens dr. Angelique Coetzee, nasionale voorsitter van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika, het die tesourie reeds die toekenning vir mediese interns goedgekeur, maar sy betwyfel of dit die huidige begrotingsproses sou aanhelp. Coetzee sê daar moet in gedagte gehou word dat die minister van finansies, Tito Mboweni, die begroting gesny het en dat die gesondheidsektor nie van die inkortings kwytgeskeld is nie.

Sy het ook gesê dat die departement van gesondheid teen die einde van die week van 27 November aankondigings oor plasings in die verskillende provinsies sou maak.

Volgens Lucas het die tyd reeds verstryk vir studente wat wel geplaas is om plasings uit te ruil, sou hulle nie met die aanvanklike plasings tevrede wees nie. Sy twyfel ook of die bestaande appèlproses nog geldig gaan wees.

Die vereniging vir junior dokters (Judasa) het reeds aangedui dat daar geen hoop is dat hierdie proses uitgestel sal word om studente te akkommodeer nie. Judasa het ook in ʼn boodskap aan interns gesê dat daar nog gewag word vir uitslae van buitelandse studente en die uitslae van hul raadeksamens. Hulle het ook bevestig dat daar ʼn tekort aan finansiering is.

Daar word ook van die nuwe interns verwag om op 1 Januarie volgende jaar aan te meld vir diens. Voor dan moet daar nog verblyf gesoek en vele ander reëlings getref word. Die onsekerheid maak beplanning baie moeilik.

Die ICSP het interns Maandag in kennis gestel dat nog 61 aansoeke ontvang is en dat verdere besluite teen Vrydag bekend gemaak gaan word.

  • Ten spyte van herhaalde pogings is geen reaksie op navrae oor die plasingsprobleem van die departement van gesondheid, Judasa óf die ICSP ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Grens ·

Ja, maar daar is altyd ‘n geldjie vir ‘n Kubaanse dokter!!

Johanncb ·

Dit is agv ons onbevoegde regering dat professionele mense Suid-Afrika verlaat!

Dup ·

Daar is ñ ernstige landwye tekort aan dokters/mediese personeel maar ons regering het nie geld om plasings te doen nie.Kan jy nou meer.Geen wonder die staat se gesondheidstelsel stort in duie nie.Tipies van n KFC hoender benadering.

Anel ·

Hulle moet by staatshospitale diens doen. Hoekom? Betaal die staat hulle studies? Hoekom kan hulle nie by privaat hospitale geplaas word nie? Die staat stel eerder Kubane aan, maar nie ons eie mense nie. Maar hulle wil ‘n NGS inbring!! Behoede ons. En dan nog die spul wat in die buiteland geleer het! Wat weet hulle? En van ons kinders moes amoer100% kry om te mag medies studeer wasr die ander 30%ters is.

Adam Adriaan ·

ja daar is nie raad vir die Mafia Bende regering van die RSA nie

quartus ·

Sal interessant wees om te weet van watter rasgroep (pe) die ongelukkige 159 is.

Riette ·

Gelukkig gaan ons vir nog so 6 maande teen R10 biljoen ‘n nie-funksionerende SAA hê . Ek wonder hoeveel dokters dit kan subsideer.

Cecilia ·

Daar is oorgenoeg plek vir buitelanders maar nie vir ons eie SA geleerdes nie? Dit terwyl daardie kinders se ouers R100de duisende rande aan studies moes betaal en nog hulle tax ook getrou betaal het. Dit terwyl d Stasts hospitale se diens uiters swak is en patiente ure in lang rye vir 2 dokters moet wag.
D Staat moet maar plan maak aangesien dit afgedwing word op d kindrrs om 3 jr v hulle lewe vir d Staat te gee.

Yvonne ·

Onbevoegte spul mense…gedurig hoor ons van tekort aan medici

Moedeloos ·

My mening as die Staat jou verplig om interneskap te doen moet hulle sorg dat daar plasings plaasvind. Dis nie jou keuse nie maar hulle sin. Nou kan jy na jare se studies nie verder gaan nie omdat hul nie fondse het nie. Belaglik. Ek sal as ouer vir my kind baklei tot op die hoogste vlak.

Miskruier ·

My dogter wil verpleegkunde swot by Akademia, die kursus kan nog nie begin nie, hul kry nie toestemming van regering om kursus te begin., Die regering is nie van plan om genoeg dokters en verpleegsters aan werk te help nie.

Derek ·

Dit bewys net weer watter geweldige impak korrupsie het in n land, korrupsie agv dom wette deur die ANC. Werkskepping en die welbehae van Suid Afrika was en is nooit deel van hul agenda, eerder selfverryking en eie belang!

Johan ·

KFC, luukse karre en reise, bedrog, kader ontplooing en partytjie hou terwyl ons land brand. Stem ANC as jy nog daarvan soek vir 30 jaar.

Kerneels ·

Dis elke jaar se storie. So ook met poste vir gemeenskapsdiens . Daar is hope vakante poste, maar nie geld vir salarisse nie.

Leer die Department van Gesondheid dan nie hieruit lesse om beter te beplan vir toekomstige jare nie?

Karina ·

Maar Mkize kan die gesondheids departement se begroting sny sodat geld vir die “redding” van SAA gegee kan word!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.