Talle motoriste vas oor spoed

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse metropolisie het oor die naweek 22 motoriste vir spoedoortredings in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die motoriste is op die Goue Hoofweg in Lenasia, Newlands, en op die N1 naby die Grasmere-tolplaza voorgekeer en in hegtenis geneem.

Volgens Minnaar is een van die motoriste ook van dronkbestuur aangekla. Die motoris wat ʼn Mercedes Benz gery het, het glo aggressief geraak toe metrobeamptes hom teen 182 km/h vasgetrek het. “Beamptes het agtergekom hy is onder die invloed van alkohol.”

Minnaar het gesê ʼn ander motoris het glo ʼn metrobeampte met ʼn vuurwapen gedreig nadat hy in Lenasia voorgekeer is. “Die beampte het die motoris grond toe gestoei en hom geboei. Die motoris het die polisiebeampte ook glo probeer omkoop op pad polisiestasie toe deur hom R100 aan te bied.”

Die 23-jarige motoris is van ʼn spoedoortreding, die dreig van ʼn metrobeampte en korrupsie aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

carel ·

drieg van n beampte? Wat van rig van n vuurwapen? Of as hy hom dan nie gerig het nie dan is dit seker poging tot moord?

ladybug ·

Vrydagaand in Brakpan 7 gearresteer in 1 uur vir dronk bestuur!

scalla ·

ladybug, dit was seker vir party ouens pay day in brakpan?

ladybug ·

LOL! Scalla, ja, hulle pay mos weekliks en dan is dit reguit drankwinkel toe!

Cindy ·

My punt is hier in Pretoria, word daar niks gedoen nie.. Die mense ry oor geel lig en later as oor slaan dan ry HULLE nog steeds…DAAR WORD NIKS DAAR AAN GEDOEN NIE. IN DIE MIDDESTAD VAN PRETORIA AS JY TAXI RY HET JY VOORKEER DRUK VOOR DIE KARRE IN , DIT GAAN LEKKER. IN SPITS TYE IS DAAR GEEN VERKEERSBEAMPTE AAN DIENS NIE WANT HULLE GAAN AL 3 H 30 HUIS TOE.. DAN HET KLAAR GEWERK… AS JY VERKEERSDEPARTEMENT BEL EN VRA VIR HULP AS DAAR VERKEERSLIG BUITE WERKING IS NIE JAMMER DAAR IS NOU NIEMAND AAN DIENS NIE… HALLO WANNEER IS JULLE AAN DIENS .. MY VRAAG?????? ONS LAND IS IN ONS GLORRY IN…NIEMAND GEE MEER OM NIE, WANT ELKE OU DINK HY IS IN BEHEER EN MAG DOEN WAT HY WIL.

Linda ·

Ek stem 100% saam met jou in die oggende is dit chaos veral in Breed str hulle ry dood eenvoudig verkeer op en druk voor ander in!

CHRISTA ·

Dis dieselfde in Ekurhuleni. Selfs wanneer jy probleem-areas aan beamptes wat jy langs die pad kry rapporteer, trek hulle net hulle skouers op en beweer DIS NIE MY AREA NIE!! Wanneer ek hulle daarop wys dat daar nie ‘n area op hulle uniform aangedui word nie, draai hulle net om en stap weg!! So much vir “Wet en Orde”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.