Talle motoriste vas vir spoed, dronkbestuur in Jhb

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 300 motoriste is sedert die begin van die Paasnaweek in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur en oortreding van die spoedgrens, het die metropolisie Saterdag gesê.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê 288 motoriste is vir dronkbestuur en 21 motoriste is vir spoedoortredings in hegtenis geneem.

Volgens Minnaar is ʼn 24-jarige vrou Vrydag in hegtenis geneem nadat sy glo teen 128km/h in ʼn 60km/h-sone betrap is. “Ons doen ʼn beroep op motoriste om die verkeersreëls na te kom en nie onder die invloed van alkohol of ʼn teen hoë spoed te bestuur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Brandewyn het nie brieke.
“In die kar nog ‘n sopie;
In die kerkhof nog ‘n hopie.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.