Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het gesê hy is bekommerd oor die aantal polisiebeamptes wat in dié provinsie in hegtenis geneem word vir verskeie oortredings.
Dít volg ná AO Mandla John Mhlanga (47) Saterdag by die Embalenhle-polisiestasie in hegtenis geneem is vir beweerde korrupsie. Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens die inligting wat aan die polisie beskikbaar is, het Mhlanga glo ʼn verdagte in ʼn diefstalsaak genader en ingelig hy kan die dossier vernietig teen ʼn fooi.
Mhlanga het intussen in die Evander-landdroshof verskyn en is met ʼn waarskuwing vrygelaat. Die saak is tot 6 Junie 2018 uitgestel hangende nadere ondersoek.
Zuma het polisiebeamptes herinner dat hulle nie bo die wet verhewe is nie. “Polisiebeamptes wat misdaad pleeg, sal in hegtenis geneem, gevonnis en tronk toe gestuur word en dus hul werk en toekoms kwyt wees.”
Sers. Thamsanqa Osborn (41), ʼn speurder by Volksrust, is 3 Mei by die Amersfoort-streekhof tot ses jaar tronkstraf gevonnis ná hy ʼn ondersoekbeampte van ʼn moordsaak in Desember 2016 omgekoop het om met die saak te peuter.
Zuma het verder sy bekommernis uitgespreek ná nog ses konstabels by die Standerton-speurtak in hegtenis geneem is vir sakeroof. “Hulle is geskors met inwerkingtreding 4 Mei,” het Hlathi gesê.
Die konstabels, Fika Thabo Makhubu (33), Thabiso Phillemon Lepoto (35), Jabu George Sekhoto (37), Siphiwe Esssau Ntshangase (45), Richard Solomon Sebok (36) en Hlalanathi Solomuzi Ngcemo (37), is op R1 000 borgtog elk vrygelaat en sal 12 Junie weer in die Standerton-landdroshof verskyn.
Zuma het beloof om die “vrot elemente” in die polisiediens uit te roei.
Ja nee, as die baas dit doen kan klaas ook mos of hoe dan nou.
Hoe kan hy bekommerd wees oor die polisie korupsie. Hulle word dan nie gekeur nie en hoe groter en slegter record jy het, hoe beter jou kans om polie te word.
Nee rerig? SA polisie lede? Kan nie wees nie. Glo dit nie. Nie in die NUWE SA nie! Nooit.
BLABLABLA Talk is cheap. Help nie hulle skors ‘n persoon met volle betaling nie. Ontslaan hulle sonder eige vergoeding of byvoordele.
Mooi …maak wolf skaapwagter..
Ja nee… boewe met vuurwapens en mag… dis regtig n baie groot skande… Ek het geen respek of geloofwaardifheid in die SAPD…
Hier is nog ‘n mandjie met vrot appels en ons moet glo daar is net EEN OF TWEE vrot appels in die polisie? Smaak my die vrot appels oorheers nou die polisie, dat daar een of twee eerlikes nog daar oor is? Hoe moet hulle ons verdedig en beskerm en sake ondersoek as hulle self by misdaad betrokke is?
Nog en nog en nog…………….en ek smile maar net. BEE aanstellings is en was nog nooit suksesvol en die werkers verdien meeste van die tyd nie die pos waarin hul is nie.
Daar is heelwat vrot appeltjies, veral onder die nuwelinge wat uit kollege kom en gewig rondgooi en omkoop aanvaar. Dit is goed dat daar nou werklik besef word watse gehalte van diens gelewer word deur onregmatige optredes. Haal al hierdie misdadigers uit die diens want dit versprei soos kanker.
Daar is die rede vir die misdaadsyfer in die gryp en skiet paradys. Verrotting op alle vlakke
Sakeroof polisie en hul kry R1000 borg ? Kan daar asseblief chinese ministers van polisie , justisie , weermag of sommer al die regerings departemente en misluktepaliteite aangestel word. Hulle weet ten minste hoe om met misdadigers se gal te werk.
Ruim asb Ermelo polisiestasie ook op. So ‘n onbevoegde, lui en/of skelm mense het ek nog nooit bymekaar gesien nie
Wel as jy dalk ophou om mense aan te stel as gevolg van RAS en eerder die beste man vir die werk, sal jul seker nie hierdie probleem he nie. Maar DIS nou mos TE veel gevra
Die wonderlike Azaniese Reënboog-paradys.
Hulle word nie meer gekeur en met die hand uitgesoek soos vroeer nie. Werkskepping is die wagwoord en dis al wat tel. Mens wil regtig net doodgaan.
Hierdie baie kriminele in die polisie is die hoof oorsaak daarvan dat ń groot deel van die publiek glad nie meer die polisie vertrou nie en sommer alle polisie oor dieselfde kam skeer.