Talle munisipaliteite se water dalk afgesny

Argieffoto

Die departement van water en sanitasie het kennisgewings aan minstens 30 munisipaliteite uitgereik dat hul watertoevoer afgesny sal word indien hul skuld nie betaal word nie.

Die departement het gesê die munisipaliteite se watertoevoer sal teen 8 Desember afgesny word indien hulle nie skuld wat al langer as 60 dae uitstaande is, betaal nie.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, het gesê munisipaliteite skuld tans R10,7 miljard en 73% van die bedrag is al langer as 60 dae uitstaande. “Die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur vereis dat munisipaliteite binne 60 dae ná ontvangs van ʼn faktuur of staat vir grootmaatdienste moet betaal.”

Volgens Ratau het die departement al gesprekke gevoer en regstappe gedoen om die skuld in te vorder. “Die proses is al amper twee jaar terug begin en daar was al ses hofbeslissings in die departement se guns. Daar is ook al 59 dagvaardings uitgereik en 121 munisipaliteite is betrokke by wetlike invorderingsprosesse. Ondanks al hierdie ingrypings neem waterskuld op munisipale vlak toe.”

Ratau het gesê die departement het nou begin om artikel 59(3)(b) van die Nasionale Waterwet toe te pas waarvolgens die departement by magte is om die watertoevoer na munisipaliteite wat nie hul skuld betaal nie te beperk of af te sny.

“Die departement stel hierdie sanksie in as ʼn laaste uitweg, terwyl ons

terselfdertyd ʼn beroep op die Nasionale Tesourie gedoen het om afdeling 216(2) van die Grondwet toe te pas, waarvolgens die Nasionale Tesourie die mag het om finansiering wat aan munisipaliteite betaal moet word te weerhou weens die volgehoue oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.”

Die volgende munisipaliteite se skuld is agterstallig:

Munisipaliteit:Bedrag:
Limpopo
Mopani-distriksmunisipaliteitR274 795 907
Vhembe-distriksmunisipaliteitR642 876 734
Mpumalanga
Mbombela-munisipaliteitR103 031 636
Dipaleseng-munisipaliteitR62 604 901
Lekwa-munisipaliteitR450 200 841
MsukaligwaR384 958 301
EmalahleniR144 654 434
Dr Pixley Ka Isaka Seme-munisipaliteitR86 787 181
Oos-Kaap
Amatole-distriksmunisipaliteitR50 661 382
KwaZulu-Natal
Zoeloeland-distriksmunisipaliteitR56 360 784
Noordwes
Madibeng-munisipaliteitR59 837 027
J.B. Marks-munisipaliteitR69 551 269
Dr. Ruth Segomotsi Mompati-munisipaliteitR195 078 429
Noord-Kaap
Dikgatlong-munisipaliteitR53 464 855
Vrystaat
Ngwathe-munisipaliteitR85 522 099
Mafube-munisipaliteitR159 850 740
Maluti-a-Phofong-munisipaliteitR233 925 397
Lepelle-waterraad
Mopani-distriksmunisipaliteitR246 007 515
Rand Water
Emfuleni-munisipaliteitR270 153 387
Sedibeng-waterraad
Matjhabeng-munisipaliteitR1 849 226 784
Nala-munisipaliteitR126 954 981
Mahikeng-munisipaliteitR228 855 994
Maquassi Hills-munisipaliteitR114 632 660
Ditsobotla-munisipaliteitR47 064 004
Ngaka Modiri Molema-munisipaliteitR62 933 833
Nama-Khoi-munisipaliteitR97 794 551
Tsantsabane-munisipaliteitR24 972 589
Dikgatlong-munisipalitetR11 112 246
Gamagara-munisipaliteitR8 376 736
Bloemwater
Mangaung-metroR349 227 064
Kopanong-munisipaliteitR196 689 402

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leahim ·

Ek merk op dat nie een van die DA koalisie munisipaliteite op die lys is nie , dit sê net een ding die anc munisipaliteite is onder verkeerde beheer.

Lientjie ·

Kan julle asb die dorpe se name saam met die volksvreemde name gee dan kan ons almal weet waar dit is. Hierdie berig beten vir ons as lesers in Afrikaans net mooi niks!

Eish ·

Eish, die deel van die helhool waar ek woon skuld die meeste! Een miljard agthonderd nege en veertig miljoen twee honderd ses en twintig duisend en sewe honderd vier en tagtig rand.

Die water stroom vir weke in die straat af voor pype herstel word, om net verder af te bars.

Hul moet maar die grondwet nader trek wat sê ons het n reg op water. Daar is nie n manier dat die Vrystaatse goudvelde die astronomiese bedrag ooit kan vereffen op hul eie nie!

SjN ·

Fondse ontvang gaan vir buitensporige salarisse en luukse uitgawes, jaag weg die onbevoegde amptenare, moet asb net nie dat Zuma die bedrae uitspreek nie,

Johan lewer kommentaar ·

Aangesien ek onder die Emfuleni munisipaliteit val en reeds twee weke terug die water afsny agv geen betaling ervaar het, dink ek dis dalk tyd dat my erfbelasting en W+L geldjies maar terug gehou word. Dit gaan in elk geval nie waarnatoe dit hoort nie.

Alida ·

Hou die begrotingsgeld terug. Hulle sal almal weer ANC stem.

Andre ·

Jy as verbruiker betaal getrou jou water -elektrisiteitsrekening, maar wanneer die amptenare vir hulle luukse voertuie, huise, oorsese vakansies, ens. met daardie geld koop en ook die geld verduister, word die verbruiker se dienste afgesny? Waarom word die amptenare nie van hul poste onthef nie? Only in Africa

Mike Jordaan. ·

Kan iemand dalk net vir ons vertel waar hierdie munisepaleteite gelee is.

Vermeende ·

Stem tog net DA, dit maak my so siek. Dit help jou net mooi niks dat die DA beter bestuur toepas nie want jy is volgens die DA ook te wit om te werk en in daai mooi burte te bly, sonder werk kan jy ook nie jou minsipale rekening betaal nie. As jy wel nog werk het en saar bly dan is dit net n kwesie van tyd want die DA ondersteun nie meer die beginsel van best man for the job nie en steun self nou swaar op regstellinde beleid.
DA ondersteuners eet die leuns net so gulsig op soos die massas wat vir die ANC in bewind hou.

Leahim ·

DA …….koalisie onthou die VF is ook saam die party waarvoor ek stem.

Soltykat ·

Mooi man. So madibeng sit sonder water en krag en ons betaal elke maand ons rekening. iemand maak vroeer kersfeesbonus bymekaar

jaco ·

ANC-beheerde munisipaliteite skuld geld vir die ANC-beheerde dept van waterwese. So eintlik skuld die ANC geld vir die ANC. Dit behoort dus ‘n baie eenvoudige formaliteit te wees om hierdie skuld bloot af te skryf.

Susan ·

Ek stem saam met die ander kommentare. Pype bars, dit word gerapporteer maar eers 2 volle weke verloop en dan eers kom Silulumanzi (Nelspruit) na ure op n Sondagmiddag “kyk” wat is die probleem om dan net die Maandag middag na 15:00 op te daag om konsuis die pype te herstel wat weereens tot na nag aan gewerk word. Wie betaal vir dié oor tyd en dubbel tyd vra ek? Ons almal betaal ons rekeninge want wie wil sonder water sit? In watter put word dié geld gestort? Of eerder, gemors. Stem saam die salarisse is astronomies vir mense wat die regering se stoele warm hou. Stel bevoegde mense aan wat die stelsel kan bestuur.

Frik ·

Vertel my net: WAT WORD VAN DIE GELD WAT ONS MAANDELIKS BETAAL? Bfn Metro moet R349 miljoen betaal!! FAT CATS met ‘n lekker vet lewe!

Frans C ·

Dit is wat gebeur as jy bevoegde amptenare met ‘Comrades’ vervang.

bgj van der westhuizen ·

wel wat kan ons verwag met n anc regering kan NIE HULLE WERK DOEN NIE IS NIE BEVOEG NIE maar die d….. burgers van die land sal weer vir hulle stem wand n kos pakkie en t hemp is al wat hulle vra en as daar n probleem kom dan word dit net gese dit is die wit man se skuld

Frans C ·

Groot Grap.In Ekurhuleni is ek laat met my betaling met ‘n dag.Die volgende dag kry ek ‘n ‘Pre termination notice ” (ekstra R123.26 )in my posbus en ‘n voorlopige afsnydatum.

Alle semi en staatsinstansies en muninisipaliteite is in die moeilikheid.In Ekurhuleni skryf die Raad” R2.787bn being written off is debt that has been owed to the metro for more than three years by residential households. It excludes rates arrears, as this is a tax that doesn’t expire for 30 year “.Dit was in 2012.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek stem saam dat rekeninge wat nie betaal word nie opgeskort moet word maar is dit wettig om WATER af te sny?

cutie ·

ongelukkig mag hul nie die water afsny nie want dit is n lewensbron,
en dit self het n dame by hul kantore vir my gese.

M BURGER ·

Ons het pre paid water, dus het ek al vir my water betaal. Dit is onwettig dus my water af te sny. Ek wil net graag weet wat die wet oor dit se.

anton ·

Ek het nog nooit gehoor van Prepaid water nie.
Kan iemand vir my verduidelik hoe dit werk asb.?

Frans C ·

Hoofstuk 2 van die grondwet bevat dit volgende artikel onder ‘Bill of rights’.
Health care, food, water and social security
27.
(1) Everyone has the right to have access to—
(a) health care services, including reproductive health care;
(b) sufficient food and water; and
(c) social security, including, if they are unable to support themselves and their
dependants, appropriate social assistance.
(2) The state must take reasonable legislative and other measures, within its available
resources, to achieve the progressive realisation of each of these rights.
(3) No one may be refused emergency medical treatment

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.