Talle na hospitaal ná gaslekkasie by kantoor

Argieffoto bloot ter illustrasie

Altesaam 17 mense is Dinsdagoggend in verskillende hospitale opgeneem ná ’n beweerde gaslekkasie by ’n kantoor in Rustenburg in Noordwes.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê verskeie mense was met paramedici en die plaaslike brandweer se aankoms besig om die gebou te verlaat.

Pasiënte is aanvanklik volgens die aard en erns van hul simptome op die toneel behandel. Altesaam 17 mense het met asemhalingsprobleme gesukkel en hulle is na hospitale vir verdere behandeling geneem.

Die oorsaak van die lekkasie was nie dadelik duidelik nie.

Plaaslike owerhede was wel op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Weet nie waarom ek nog nuus lees nie. Alles is negatief!

JohanCzu

Was dit dalk ‘n werker wat gas gelek het?

Annelize

Dit was beslis nie ‘n gaslekkasie, soos in gas, nie.

Volgens ‘n skrywe wat deur RLM uitgereik is, wat ek met my eie oe gesien het, is Traangas na ‘n ondersoek, in die gebou se ventilasie sisteem gevind. Die gebou is vir die res van die dag gesluit.

Phillip

Sleg of goeie nuus nuus is nuus en ons moet weet wat in ons land en biute werild moet weet so dis belanrik of dit nou goed of sleg . Bly maar lees en bly op hoogte . Van die dagse gebuure