Talle nog huiwerig om kinders te laat inent

Verskeie kenners moedig inenting vir kinders tussen 12 en 17 jaar oud aan. (Foto: Unsplash)

Talle jongmense tussen die ouderdom van 12 en 17 is steeds huiwerig om teen Covid-19 ingeënt te word, hoewel verskeie kenners, net soos die departement van gesondheid, die versekering gee dat die entstof ook vir kinders veilig is.

Suid-Afrikaners in dié ouderdomsgroep kon sedert verlede Woensdag teen die koronavirus ingeënt word. Volgens die departement se jongste syfers is altesame 99 924 kinders in dié ouderdomsgroep sedertdien teen Covid-19 ingeënt. Dit verteenwoordig dus minder as 2% van die sowat 6 miljoen kinders wat in dié ouderdomsgroep val. Die regering het vroeër gesê hy hoop om minstens die helfte van hulle in te ent voor die skole vir die jaar sluit.

Volgens ʼn aanlyn opname wat Maroela Media vroeër onder sy lesers gedoen het, het byna 40% van mense aangedui dat hulle gekant is teen die inenting en ook nie sal toelaat dat hul kinders dit ontvang nie. ʼn Verdere 20% het gesê hoewel hulle ingeënt is, hulle wil wag tot meer navorsing bekend is voordat hulle hul kinders laat inent.

Kinders ontvang in hierdie stadium as voorsorgmaatreël slegs een dosis van die Pfizer-entstof. Sommige ouers en tieners het egter aan Maroela Media erken hulle is skrikkerig vir die newe-effekte. Ander tieners is weer gretig om ingeënt te word om “ander te help”.

Prof. Mark Cotton, direkteur van die Familiesentrum vir Navorsing met Ubuntu verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit vir Mediese en Gesondheidswetenskappe, sê ouers behoort hul kinders aan te moedig om ingeënt te word.

“Die inenting van kinders gaan help om die pandemie in bedwang te hou en kan die gevaar van ʼn vierde vlaag verminder omdat minder oordrag plaasvind. Dit geld veral in huishoudings waar dit help om ouers en grootouers te beskerm.”

Dit is boonop altyd goed om soveel as moontlik mense te immuniseer, benadruk dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA), vanaf “12 jaar tot die oudste pasiënt in die land”.

Sy sê entstowwe beskerm veral mense ouer as 60 of jonger mense wat aan chroniese siektes ly. “Inenting lei tot ʼn daling van tussen 94% en 96% om ʼn erge vorm van die siekte te kry, in die hospitaal te beland of te sterf.

“Kinders is baie keer asimptomatiese verspreiders van die virus en as hulle ingeënt is, is die kans baie kleiner om ander mense aan te steek omdat die viruslading laer is.”

Deel van oplossing

Newe-effekte van die inenting op tieners sluit in pyn op die plek waar die entstof toegedien is, matige koors en lyfseer. Nog ʼn newe-effek is inflammasie van die hartspier, maar die kans daarvoor is uiters skaars. (Foto: Justin Tallis/AFP)

Dit is hierdie drang om ander te beskerm wat sommige jong mense wel aanspoor om hulle teen die virus te laat inent. Isabel Lombaard is ʼn 15-jarige leerder van Pretoria wat sê sy wou aanvanklik nie die entstof ontvang nie.

“Oor die afgelope paar maande het ek egter anders besluit.

“Ek sal eerder die entstof kry as om byvoorbeeld ʼn juffrou aan te steek wat dalk haar ma versorg, en dan word iemand baie siek,” sê Isabel.

“Ek wil eerder deel van die oplossing as die probleem wees.”

Isabel sê sy ken mense wat baie siek weens Covid-19 geword het – nie enige van haar maats nie – en hoewel sy nie “bang” vir die virus is nie, wil sy graag ander mense help.

Lené Botha (14) van Middelburg in Mpumalanga, sê haar ma is reeds ingeënt en het haar gevra of sy volgende keer saam na die inentingsentrum wil gaan. “Ek dink ek sal dit doen, maar ek het nog nie finaal besluit nie.”

Lené sê haar maats gesels onder mekaar oor die virus en dat talle kinders nog “bietjie besluiteloos” is oor die entstof.

Ook Lunique Crouwkamp, ʼn 12-jarige leerder van Orkney in Noordwes, sê sy wou aanvanklik nie teen Covid-19 ingeënt word nie. “Ek het gesien al hoe meer mense word ingeënt en dit het my veiliger laat voel.

“Ek sal wel wag tot nóg kinders die entstof ontvang het voordat ek ingeënt word,” sê Lunique.

Sy sê twee van haar maats het die inenting ontvang en het twee dae lank baie siek gevoel. Van haar ander maats wil egter glad nie ingeënt word nie. “My ouers het gesê dit is my keuse, maar hulle wil graag hê ek moet die entstof ontvang.”

Elmarie Spingies is ʼn ma van vier van Pretoria. Sy sê haar 18-jarige dogter het reeds een dosis ontvang, maar twyfel nou of sy vir ʼn tweede dosis wil gaan. Spingies sê haar dogter is bekommerd omdat sy intussen verneem het dat daar moontlik nog nie voldoende navorsing oor die nagevolge van die entstof op jonger mense gedoen is nie.

“ʼn Mens moet klaarmaak waarmee jy begin het en ek gaan haar probeer oortuig om die tweede dosis te ontvang. Ek hoop nie ek maak ʼn fout nie.”

Spingies se man, Hein, het vroeër breinchirurgie ondergaan wat van hom ʼn hoërisikogeval maak en sy dokter het aanbeveel dat hy teen Covid-19 ingeënt word. Die egpaar is reeds ten volle ingeënt.

“Ek en my man het egter besluit om glad nie ons twee jongste kinders (onderskeidelik 14 en 17 jaar oud) te laat inent nie, hoofsaaklik weens gebrekkige navorsing oor die newe-effekte by kinders.”

Spingies sê sy en haar man is 50-plussers. “Die nagevolge of newe-effekte is nie vir ons so noemenswaardig nie. Maar wat as jy later uitvind dit veroorsaak onvrugbaarheid? Daar is vir my net te min navorsing oor die uitwerking op jong mense. Hulle lewens lê nog voor.”

Moontlike newe-effekte

(Foto: Michele Spatari/AFP)

Newe-effekte van die inenting op tieners sluit in pyn op die plek waar die entstof toegedien is, matige koors en lyfseer. Nog ʼn newe-effek is inflammasie van die hartspier, maar die kans daarvoor is uiters skaars.

“Die risiko vir matige inflammasie van die hartspier is baie laag en minstens tien keer laer as die gevaar verbonde aan Covid-19-infeksie,” sê Cotton.

Hy sê ouers behoort dus veel meer bekommerd te wees dat hul kinders Covid-19 opdoen, as oor moontlike newe-effekte weens die entstof.

Cotton sê hy is ook nie bewus van enige kinders wat gesterf het nadat hulle teen Covid-19 ingeënt is nie.

Die moontlikheid van ʼn vierde vlaag hang intussen steeds soos ʼn swaard oor Suid-Afrikaners se koppe. Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het Vrydagoggend gesê daar sal boonop eers ná 15 November gesien word wat die uitwerking van die plaaslike regeringsverkiesing – en al die saamtrekke wat daarmee gepaard gegaan het – op die land se koronavirussyfers gaan hê.

Coetzee meen die inenting van kinders kan help om ʼn volgende vlaag infeksie te stuit, mits genoeg mense geïmmuniseer word.

“Ongelukkig lyk dit of eie natuurlike immuniteit én entstowwe se doeltreffendheid verminder, wat jou kanse ná ʼn sekere tyd verhoog om weer siek te word,” sê sy.

“Indien dit gebeur, sal ons hopelik net meer mense met matige infeksies sien.”

Sy sê ook die opvatting dat kinders gewoonlik nie ʼn hewige vorm van Covid-19 opdoen nie en kwansuis ook nie groot verspreiders van die virus is nie, is verkeerd.

“Hulle is goeie verspreiders van die virus, veral as hulle asimptomaties is. Kinders met ʼn immuungebrek, kanker of ander onderliggende siektes, kan báie siek word.”

Wie nie waag nie, wen nie

Angie Vorster, ʼn kliniese sielkundige verbonde aan die Skool vir Kliniese Medisyne by die Universiteit van die Vrystaat, sê dit is belangrik om te verstaan hoekom mense wat gewoonlik redelik, pligsgetrou en goed ingelig is, weier om ingeënt te word.

Redes hiervoor sluit in vertroue in die stelsel en faktore wat dit moeilik maak om die entstof te ontvang. Vorster sê woede en frustrasie of selfs die afdwing van die entstof gaan nie mense oortuig om ingeënt te word nie. “Inligting moet eerder veel meer verteerbaar gemaak word vir Suid-Afrikaners wat nie wetenskapgeletterd is nie, en dit moet toeganklik en verstaanbaar in mense se huistale beskikbaar gestel word.”

Sy sê dit maak nie meer saak of Covid-19 “die produk van ʼn wêreldwye sameswering” is en of maatskappye wat entstowwe vervaardig dit vir finansiële gewin doen nie. “Wat saak maak is dat die virus hier is. In ons huise, ons skole, stede en land. En die enigste manier om daarvan ontslae te raak, of minstens daarmee saam te leef, is vir almal van ons om ingeënt te word.”

Vorster sê sy hoop mense is dapper genoeg om ten spyte van vrese of onsekerheid steeds in die breër belang van die samelewing ingeënt te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

AW ·

Ek is “Pro-choice “,

Ongeag wat jy doen,

Die mens moet een of ander tyd Sterf,

Net dat Jy weet nie Hoe of Waarvan Nié !!

Nici ·

Solank hulle vir ouers vertel die safety data op kinders is drie maande.

Cherokee ·

AW, dit is jíús dàn wanneer die Lewe begin! Dit is daarnà wanneer die Ewige Lewe voor ons is.

Nici ·

Daars geen langtermyndata om veiligheid te bewys nie. Hoekom sal mens risiko loop sonder om te weet? Kinders was nog nooit regtig in die hoe risiko katagorie nie. Hulle het groter risiko om dood te gaan van infuenza. Dr Peter McCullough, hartspesialis en vele ander glo dat die spike protein are kan beskadig. Ons weet daar is ‘n opbou ook in die eierstokke en weet nie wat die gevolge in die toekoms sal inhou nie.

Nici ·

Ek dink Angie hierbo moet haarself bietjie meer wetenskaplik geletterd maak. Kyk na Israel wat op hul 4 de inspuiting is en kyk na Engeland. Hierdie lande is baie hoogs ingeent en hulle praat nou weer van moontlike lockdowns want infeksie getalle styg hoog en dis nou ingeentes in die hospitaal en ICU. Die idee dat mens ingeent word en jy kan nie die virus versprei nie is vals. Ingeente mense se viral load is nie minder as oningeente mense nie.

Anel ·

Nou het ek alles gehoor! Hoeveel kinders het nou siek geword en dood gegaan van die virus? Hoekom wil jy iets van vir dalk of in geval as die kans dat jy dit gaan kry 0.0001% is? Hoeveel jaar se navorsing is in die goed? En daar is ‘n kans dat dit die hartspier kan aantas? Wel ek is nie bereid om die kas te vat nie, ook nie my kleinkinders nie! In verskeie ander lande is dit juis gestaak aa gevolg hiervan. Ek kan nie gli mense is bereid om met hulle eie lewens te dobbel nie, nog minder met die lewens van hul kosbaarste besittings!!!

MakersMark ·

Radiostilte. Soos al die sameswerings profete as hul gevra word vir feite. Wanneer syfers wat wêreldwyd beskikbaar is genoem word aangaande gevolge/effektiwiteit van inentings is die aanmerking “dis valse syfers”. Selfs een nar hier beweer op ‘n gereelde basis die CV19 toetse se uitslae word “gekook”. Maar die foeliehoedjies en perd dip profete kon nog nie een statistiek kwoteer wat hul beserings staaf nie. Dis altyd ‘n video van dr. X en ‘n hofsaak van dr. Y en stories van my tannie wat by die poskantoor werk het gesê…..

johan ·

Dit gaan die verstand te bowe dat mense hulle kinders die inspuiting laat kry, terwyl die sg risiko in daardie ouderdomme vir alle praktiese doeleindes zero is….

Danie ·

In paragraaf 6 sê prof Cotton dat inenting van kinders gaan help om oordrag te verminder…..regtig!?!?!? Hoe kom hy en al die pro-vaxers by daardie gevolgtrekking!?!? Jab or no jab…jy kan nog steeds covid kry, jy kan nog steeds daarvan dood gaan en jy kan dit nog steeds oor dra!!!!!!!! Kry dit tog net in julle koppe. Ek is nie gevax nie en ek gaan ook nie. Ek hou GEEN gevaar in vir iemand wat gevax is nie. Ek het net groter kans as jy om daarvan dood te gaan en dit behoort jou glad nie te pla nie!!!!

piet ·

Maklik om te verstaan en dis wetenskaplik bewys. Inenting = kleiner kans om aangesteek te word en dus kleiner kans dat jy ander mense gaan aansteek. Gaan oor die kleiner risiko. Daarby saam – as jy wel Covid kry nadat jy ingeent is verlaag jou kanse drasties om ernstig siek te word en dood te gaan aan die virus. Dit pla my as jy so graag wil ernstig siek raak dat jy en ander ons gesondheidsdienste kan oorbelas. Jy sien, jou siening is dus ‘n baie selfsugtige een, gaan nie net oor die eie ek nie.

Samuel ·

Dit is nou net so erg as BLM. Mense wat ingeënt is, het nou die morele hoër grond. Natuurlik sal prof. Cotton en andere nog nooit gehoor het van mense wat sterf agv die inenting nie. Hulle wil nie hoor nie.

Daar is beslis ‘n noodsaaklikheid om beter te kommunikeer. As ek enige medisyne koop kan ek presies lees wat daarin is, maar die korona entstof se bestanddele/inhoud is opskuur. Die is net ‘n gebrabbel vir diegene wat nie wetenskap geletterd is nie.

Ek is ‘pro-choice’.

Harry ·

Nie naby wat blm is nie, blm is n klomp terroriste en die entstof is daar om lewens te probeer red, kom bietjie by man

Lionel ·

@Samuel – asb moenie onkundige en onware feite hier kom deel asof dit waar is nie. Gaan tik asb. by enige search engine iets in die lyn van “ingredients in Covid vaccine” en jy sal op die minste n miljoen verskillende berigte, verslae, akademiese manuskripte ens kry wat presies die bestanddele van elke liewe entstof uitlê. Niks is “weggesteek” nie, jy glo net in samesweringsteorieë!

Josua ·

Iemand plaas nou die dag op sosiale medie die vraag. As ons so n wonderlike God dien wat baie lief is vir sy skepsels waarom dan nie die grond sag maak as iemand besluit om van n brug of krans te spring nie? Eenvoudige antwoord, God het in die paradys die grond sag gehou, bome het nie gif of dorings gehad nie slange was skadeloos dier, voels, vis en mens het in vrede saam gewoon tot Satan op die toeneel verskyn het net daar en dan het die mense die dinge van Satan beleef. Waarom wil jy van die brug of krans spring as jy weet wat die uiteinde mag wees, jou keuse nie God se keuse nie, sou jy sterf met die val was dit God se wil of jou keuse om jou lewe te beeindig was dit jou lewens pad wat deur jou keuse beinvloed was of God se wil ???? Jou keuse die jab as jy die gevare ken en dan God vra om jou te beskerm, God het jou met n immuun stelsel geskape met n goeie doel daarby so waarom dan nie op Hom in die eerste plek vertrou nie. ‘n Ewige lewe is en was God se plan!!!

piet ·

Elia (ek dink dit was die ou se naam) het met ‘n dawerende vuurwa sommer die ewige lewe ingevlieg sonder om te sterf.

MakersMark ·

Weier dan in die toekoms enige mediese hulp vir jou en jou geliefdes.

Charles ·

Ons sal self besluit watter mediese behandeling ons wil hê, as jy nie omgee nie..

MakersMark ·

Man ou charlie dink nie ek het ‘n aanmerking op kommentaar van jou gemaak nie so dankie vir jou vrywillige bydrae oor die voorkeur van medisyne en reg so doen so voort.

Harry ·

Mense bid en vra vir God om ons te help om van die virus ontslae te raak, dan bied God vir ons n kans deur medisie wat n enstof ontwikkel, maar sekeres is te dom om die kans aan tegryp en die inenting te neem, dis soos die ou wat besig is om te verdrink en vir die Here vra om hom te help, 3 keer kom n boot om te help maar hy weier en se God sal hom help, hy verdrink en God se vir hom ek het 3 keer jou probeer help deur n boot te stuur om jou te help maar jy het geweier, sien daar is nie midesyne vir domgeit nie

MakersMark ·

Goeie aanmerking. Die sameswerings bende sal waarskynlik alle mediese hulp en medisyne gebruik vir als ander maar nie cv 19 want “dit is van die antichris” dis nie getoets, en gaan 7 bn mense doodmaak en ek weet nie wat se ander dramas veroorsaak nie. Waarvan nog niks gebeur het nie. En hul dink dis die ANC wat hul nie moet vertrou nie. Amper soos die middeleeue – as mense iets nie verstaan het nie was dit onmiddelik toordery ….

Nico ·

Dit kom voor dat die artikel baie subjektief aangebied word. Die sogenaamde kenners laat geen spasie vir “pro-choice” nie. Jy het slegs 1 keuse -hulle keuse.
Dankie tog dat daar wel ook ander hoogs gerespekteerde kenners is waarna ons ook kan luister wat dieselfde kwalifikasie het as bogenoemdes.Dankie ook vir ‘n gesonde verstand om self te oordeel. Dit vat net ‘n bietjie moeite om krities te oordeel.

piet ·

Tragies dat volgens die meningspeiling meer Maroela-lesers teen die inenting is as daarvoor. Eish, red nou ‘n nasie met so ‘n volk.

Mercia ·

Dit is eintlik wonderlik verblydend om te sien die oorgrote meerderheid word nie net gegooi met die woord “wetenskaplik” , ‘n paar “slim” statistieke, getalletjies , die geur van Nando’s en spring op die “bandwagon to injection bliss” nie.
Hulle word ook nie geintimideer deur modderslingery en naamnoemery vanaf die “woke scientific community” nie.
Hulle bly maar eerder nugterdenkend, ondersoekend en bestendig.
Soos ‘n boom wat stewig geplant is by ‘n rivierstroom…..en op die regte tyd vrug dra. Die winde kan maar aan sy blare kom ruk en pluk. “He is sustained from within for he is supplied with everything he needs to survive and flourish”

MakersMark ·

Ongelukkig wys jou onkunde. Gediggues vat nie die wêreld vorentoe nie. Die hele wêreld is op wetenskaplike beginsels gegrond, selfs hoe die hele uitspansel werk. Of het jy nog nooit van kwantum fisika, relatiewe gravitasie, biochemie, mikrobiilogie, ananlitiese chemie, mediese biochemie, of farmaseutika gehoor nie ? Beweer jy die is ‘n paar syfertjies ? Jammer man ….dit moet vreeslik wees.

Mercia ·

Wow……dankie dat jy dink dit is digterlik MarkersMark! Maar eintlik is ‘n gedeelte Bybels…..jy weet die gedeelte van die Boom by die rivierstroom? Mens noem dit beeldspraak en personifikasie om ‘n dieper waarheid tuis te bring.
Ek is absoluut “impressed” met al jou wetenskaplike beginsels wat jy soos ‘n pou se vere so pronkerig vir ons hier uitgegooi het. Well done…..high five…..sterretjie vir jou. Al het ek al van al daardie interessante dinge gehoor en weet ek so ietsie van ‘n hele klompie daar ,bou ek verseker nie my hele lewensbeskouing en besluitneming slegs op daardie paar dinge wat jy genoem het nie. Mens noem dit Balans…..en nee dis nie vreeslik nie…..dis net vreeslik bevrydend. Jy kan dit gerus eendag probeer…..dalk hou jy daarvan om buite die boksie te dink en te praat.

MakersMark ·

Die verskonings van die kognitiewe ingeperktes. En sinisme oor wetenskaplike prinsiepe wys die lae begrip. Spoeg en plak op skool gehad ?

MakersMark ·

Dis goed jy is impressed. Ook net van dit gehoor ja definetief. Kennis is afwesig.

Mercia ·

Ai liberale Koos…..dit lyk vir my na aanleiding van die duimpie-situasie dat die “nie-nugter” dink skoen eerder aan jou voet sit.

MakersMark ·

Nee dis die foelikoppies wat dieselfde dink. Die kognitiewe agtergeblewenes wat net kan duimpies af gee en verder glo in sameswerings teorie. Maar jy behoort te weet.

Barney ·

My liggaam my keuse. Jou liggaam jou keuse. Ek sien net nie die doel om ń kind in te ent teen ń siekte wat net ou mense teiken nie.

piet ·

In die eerste plek is jy verkeerd dat dit net ou mense teiken en tweedens kan kinders, al is hulle nie so geneig om ernstig siek te raak nie, ander meer kwesbare mense kan aansteek. Deur kinders in te ent, verlaag die risiko dat hulle iemand anders kan aansteek.

johan ·

Bly weg hol weg vermy groot gif in klein botteltjie. My skoonpa het nog nooit hart probleme gehad nie. Spuit en daar kry hy hartversaking en bloed klonte.

Papsak ·

Mense dink baie mooi oor hierdie in enting hy maak siek en ly tot die dood asb dink helder en reg kyk wat gaan aan in ons land dink weer

Chef ·

Ai, jongmense wat glo hul moet ander beskerm en dan as gevolg daarvan ‘n onwyse besluit neem, is ‘n tragedie. Volwassenes wat toelaat dat hul kinders ingespuit word is nie behoorlik ingelig nie, Op die koop toe word sosiale druk verhoog deur uitsprake soos die Kliniese Sielkundige in die berig hierbo.

Dirk Mostert ·

Hou die “kenners” aanspreeklik vir enige ent- ongevalle, omdat hulle entstowwe aanbeveel wat nie behoorlik getoets is nie.

Andre ·

Nog nooit het ek “Wetenskaplik bewys” so bevraagteken soos nou nie. Die Engelse gesegde sê dit alles: Follow the money! Lees meer, en word wys. En luister mooi wat die hooggeplaasdes vereis. Mooi loop.

Frans ·

Oppas Maroela Media. Julle lyk of jul Covid uitkyk ongeballanseerd is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.