Talle noodoproepe in Jhb

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse nooddienste het van Woensdagaand tot Donderdag in die vroeë oggendure meer as 150 noodoproepe ontvang.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die nooddienste, het gesê nagenoeg 70% van die oproepe was om aanrandings te rapporteer. Volgens Mulaudzi het hulle ook talle oproepe ontvang oor motorongelukke sowel as vuurwerkverwante ongelukke.

“In Soweto het ons ʼn voorval in Meadowlands gehad waar ʼn vrou in haar 40’s beseer is toe vuurwerke in haar gesig ontplof het toe sy dit probeer aansteek het.” Volgens Mulaudzi is ʼn man van Soweto ook beseer nadat vuurwerke in sy hand ontplof het. Albei is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

In Hillbrow is daar sewe sake van aanranding gerapporteer en ʼn man het van ʼn gebou se 12de verdieping gespring. “Hy leef. Ons weet nie hoekom hy gespring het nie,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Erica ·

Ek wil baie graag weet wat gaan die media , die DBV en al die ander instansies doen. Om die wet op vuur werkke toe te pas in Suid -Afrika. En dat dit veban word. Hoeveel voorvalle is aan gemeld van beserings van mense honde wat kinders gebyt het. Wanneer gaan die Ministers se oe oop gaan. Hoeveel duisende rande is die lug in geskiet. En hoeveel mense het sonder kos n dak oor hulle koppe gaan slaap. Hoeveel honde loop in die straat vandag wat nie weet waar heen om te gaan nie. VERBAN VUURWERKE IN ONS LAND. DANKIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.