Talle notas by huis waar egpaar raaiselagtig sterf

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in Kabega Park in Port Elizabeth in die Oos-Kaap ondersoek die raaiselagtige dood van ʼn egpaar nadat hul liggame Maandag in hul huis in Sherwood in dié stad aangetref is.

Kapt. Sandra Janse Van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar se buurman het Maandagoggend omstreeks 07:00 verby die egpaar se huis gery toe hy ʼn verdagte nota in een van die vensters van die huis opgemerk het.

Janse Van Rensburg sê die buurman het stilgehou en die nota gelees wat glo versoek het dat die persoon wat dié nota lees die polisie moet ontbied.

Volgens haar het die man die hoof van die beheerliggaam gekontak wat daarna die polisie na die egpaar se huis ontbied het.

“Die polisie het die liggaam van ʼn 64-jarige man aangetref waar hy in die motorhuis hang. Die man se 67-jarige vrou se liggaam was agter op [die man] se bakkie,” sê sy.

Janse Van Rensburg sê die polisie het talle notas op die toneel aangetref. Die oorsaak van die vrou se dood sal eers deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal kan word.

Die egpaar se name word weerhou omdat hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is van hul dood nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tammy ·

Baie hartseer situasie by die huis gewees. Hoop die familie berus.

Herman ·

Tammy, dit wil voorkom of jy van iets bewus is waarvan ons nie weet of geweet het nie. Geen mens kan berus by so iets nie. Ek het hulle nie geken as mense wat tot sulke dade sou oorgaan nie. Iets is vir my baie verdag.

Christine ·

Ai ek is nou so hartseer om die berig te lees ! Al die vrae van die familie, ek bid dat die Here hulle sal versterk in so ‘n hartseer tyd, dankie aan die buurman dat hy tyd gemaak het om die nota te lees.

DJH ·

Hulle is waarskynlik vermoor en al die notas is oogverblindery!!!!!!Asof die mense hulle eie lewe sou geneem het.

Maddie ·

Die oom het die tannie na ‘n rusie met ‘n hamer dood gekap en haar lyk vir ‘n paar dae in die vrieskas versteek. En hy het op die einde haar lyk op sy bakkie se bak gesit, nadat hy dit met plastiek toegedraai het, en homself opgehang. Hul naasbestaandes is nog nie in kennis gestel. Baie tragies.

Saartjie ·

Die berig op Netwerk 24 sê dat in een van die briefies die man erken het dat hy sy vrou vermoor en eers in die vrieskas gehou het voordat hy selfmoord gepleeg het.

hmmmm ·

Maddie waar kry jy jou inligting? is dit feite? want nerens word daar verwys na n rusie nie. Op Netwerk 24 se hulle dat die oom sy vrou vermoor het en in die vrieskas gesteek het, hyt haar paar dae later weer uitgehaal, in die bakkie geplaas, die notas geskryf en homself gehang. In die notas vertel hy hoe hy haar doodgemaak het en dan hulle finansiele moeilikheid gehad het… Hulle het nie kinders nie, die oom het sy broer se kontak nommer in een van die notas gelos. vreeslik hartseer

Maddie ·

My fout, jy is reg, die Netwerk24 berig het NIE gesê daar was ‘n rusie nie, maar dat finansiële probleme tot die voorval gelei het. Skies, ek het my eie afleiding gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.