Talle ondersteun pa wat kind van dak afgooi

Die man met sy dogtertjie op die dak. Foto: Verskaf

Inwoners van die Joe Slovo- informele nedersetting in Port Elizabeth het Maandag buite die New Brighton-landdroshof saamgedrom om Mthobeki Katali, die pa wat sy baba van ʼn plakkershut se dak afgegooi het, te ondersteun.

Die 38-jarige man het sy eerste verskyning in die hof gemaak ná hy sy eenjarige dogtertjie verlede week van ʼn plakkershut se dak gegooi het tydens ʼn slopingsproses van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.

Owerhede het huise gesloop wat onwettig bewoon word.

Maroela Media het vroeër berig kapt. Andre Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê Katali het omstreeks 10:40 met die baba in sy hande op die dak van sy sinkhuis geklim.

“Hy het dit gedoen om die slopingspan te dwing om nie die struktuur plat te slaan nie. Die polisie het ʼn plan van stapel gestuur om die kind te red, aangesien haar lewe in gevaar was.”

Beetge het gesê teen 11:45 het die polisie en metropolisie die huis omring. “Die polisie het deurentyd met die man onderhandel om van die dak af te klim, maar hy het die kind aan haar voet gevat en van die dak afgegooi. Gelukkig was daar ʼn metropolisiebeampte naby wat die meisie kon vang.”

Die baba is in die sorg van maatskaplike werkers geplaas.

Katali se aansoek om borgtog is Maandag geweier, aangesien hy nie ʼn vaste adres het ná sy sinkhuis verlede week gesloop is nie.

Ondersteuners buite die hof het geweier om met verslaggewers te praat en het liedjies gesing ter ondersteuning van Katali wat aanvanklik aangekla is van poging tot moord. Die saak is intussen na kindermishandeling verander.

Mense buite die hof het geëis dat Katali vrygelaat word en het gesê die media berig nie korrek oor die voorval nie, ondanks beeldmateriaal wat wys hoe die kind in die lug gegooi word.

Zakhele Mbhele, woordvoerder vir die DA, en Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap en hoof van die portefeulje menslike nedersettings, het ook die verrigtinge bygewoon.

Bhanga het gesê die metro hoef nie alternatiewe behuising vir die plakkers te verskaf nie omdat hulle nie langer as ses maande daar gewoon het nie. “In hierdie geval is ons nie wetlik verplig nie, dis hoekom ons hulle onmiddellik verwyder het sodat ons nie hierdie uitgawes het nie. Mense moet deur ʼn formele behuisingslysproses gaan,” het Bhanga gesê.

Katali se saak is tot 23 April uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Genieve ·

Ag nonsens kla hom aan en hou hom in aanhouding dis kindermishandleing.

K ·

Ek is is bitterlik jammer Genieve maar ek kan nie saam met jou stem nie, want kindermishandeling was dit wragtig nie, “done with the intent to kill”. Hoe het hy of enige iemand anders gedink daai arme baba/kleuter sal dit oorleef?

Riekie van Niekerk ·

Waar gooi mens n kind van n dak af, die kind is nie n speelbal nie. Ek sal glad nie so n persoon ondersteun nie. Ek kry die kind jammer, wat sou gebeur het as die polisieman nie die kleintjie gevang het nie.

Reguit ·

Maar net nóg ‘n bewys van die wonderlike SA “samelewing”. So moreel, eties en beskaafd. Maar net meer rede om te emigreer.

Oom Kalahari ·

Was dit nou ‘n ander kleur soudit beslis poging tot moord klag wees met ‘n string ander klagtes wat sou bygewerk word en verseker sou lang tronkstraf toegepas word. Hier gaan dit weer ‘n sielkundige geval wees oor die hartseer van ongemagtigde plakkers se posisie.

JM ·

Hoekom die aanklag verander dit was duidelik ‘n poging tot moord, hou hom agter tralies tot hy so tagtig jaar oud is, miskien sal hy dan tot sy sinne kom,

Denise ·

Wat vir my SKOKKEND is is die ondersteuning wat hy kry ongeag sy misdaad ????? Dit se vir my of jy nou reg of verkeerd is SAAM gaan ons STAAN ??????

Erika ·

Watter soort mentaliteit ongeag Ras gooi sy kind van n dak af .. N swaksinnige arogante mentaliteit wat n mens as verbruiksartikel sien wat ook waarskynlik diere sal mishandel – Hy is nie n verantwoordelike pa werd nie as mens nie en die inwoners ondersteun hom vir verkeerde Redes as groep maw geen gesonde onderskeid wat reg of verkeerd met integriteit nie

Yolandi ·

Die problem is dat hulle nie veel voel vir n lewe nie, al is dit hulle eie bloed…. Hulle sal bloot vir jou sê “ons maak net nog een” Veral as daar iets op die spel is om te verloor…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.