Talle onderwysers in Noordwes hul poste kwyt

Argieffoto

Argieffoto

Talle onderwysers in Noordwes is geskok en onkant betrap deur ’n aankondiging dat baie van hulle nog net tot die einde van Junie werk het.

Verskeie onderwysers het AfriForum genader nadat hulle briewe van die onderwysdepartement gekry het waarin hulle ingelig is dat hulle nie meer poste het nie of botallig verklaar is en elders in ander skole geplaas moet word.

’n Wiskunde-onderwyser wat vir gr. 9 tot gr. 12 onderrig gee en reeds 11 jaar in die onderwys is, het gesê sy is totaal uit die veld geslaan oor die nuus. Sy was die afgelope vier jaar in ’n tydelike pos.

Volgens dié onderwyseres is talle van haar kollegas in dieselfde bootjie. Van hulle werk al tien jaar by dieselfde skool en moes hoor dat hulle dalk nou elders geplaas gaan word. “Dit is baie onregverdig en ontwrigtend. ’n Mens kan eenvoudig nie jou toekoms beplan nie. Dit voel of die departement net voortgaan en dinge doen sonder om aan enige gevolge of die uitwerking op mense se lewens te dink.”

Dié onderwyseres het gesê sy is nog gelukkig omdat sy net na haarself moet omsien. “Ek weet nie wat mense gaan doen wat die enigste broodwinners van gesinne is nie.”
Volgens haar is dit nie die eerste keer dat die departement besluite neem sonder om onderwysers behoorlik in te lig nie. “Vanjaar is ek vir die eerste keer in April vir die eerste vier maande [van die jaar] betaal. Verlede jaar moes ek ook twee maande vir my salaris wag. Dit maak ’n mens moeg en ek oorweeg dit om uit die onderwys te gaan.”

Volgens AfriForum se inligting word skole nadelig geraak waar enigiets tussen een en tien personeellede nie meer werk het nie. In baie gevalle gaan leerlinge die meeste daaronder ly omdat skole, ook in townships, nie die inkomste het om onderwysers in beheerliggaamposte aan te stel nie.

Riana Vos, Fedsas se provinsiale bestuurder in Noordwes, het gesê talle onderwysers in tydelike en permanente poste word geraak.

Fedsas gaan ’n dringende hofinterdik probeer kry om die proses te stuit. Van die gronde wat aangevoer sal word, is dat skole vir vanjaar reeds hul begrotings en postevoorsiening beplan en vasgestel het en dat kinders die meeste geraak sal word as plaasvervanger- onderwysers nie aangestel kan word nie.

Ingevolge ’n kollektiewe ooreenkoms wat die onderwysdepartement in Noordwes met vakbonde bereik het, kan die departement poste verminder nadat op ’n nuwe onderwyser-leerling-ratio ooreengekom is. Vir laerskole is dit een onderwyser vir elke 35 leerlinge en vir hoërskole is dit een vir elke 33 leerlinge. ’n Dilemma is egter dat dié reëling dieselfde is vir leerlinge wat praktiese vakke soos siviele tegnologie neem wat dit onmoontlik maak om so ’n groot groep behoorlik te onderrig.

Vos het gesê Fedsas sal alles doen wat hy kan en kan in dié stadium net vir onderwysers sê om nie moed op te gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

nostradasus ·

Nou toe nou! Net nou die dag seg ek…volgende aan die beurt is die onderwysers wat so houtgerus al 20jr by n skool werk….hul gaan net eenvoudig uit hul poste gelig en in die rural areas geplaas word…welkom by die res v SA se werkers!
Hul doen weer sonr om te dink!!

Joe64 ·

Kom Afrifurum, beginAfrikaanse skole! Die gaan nie einde kry tot ons alles self moet doen en betaal nie.

Leendert van Oostrum ·

So lank as wat Afrikaners hulle nie wil speen van die regering as soogsog nie, sal hul kinders aan die agterspeen suig.

En die georganiseerde onderwys wat magspeletjies speel met die belange van kinders gaan tweede kom teen die kekkelende heks van Nkandla.

Tom Theron ·

Privaat Afrikaanse skole. Afrikaanse onderwysers moet die geleentheid kry om hul tyd en energie te spandeer in ‘n werkbare omgewing. Laat die regering hul eie kastaiings uit die vuur krap. Wie gaan voor loop met klein, effektiewe Afrikaanse skole in die platteland? Ouers moet aan boord kom, want ‘n skool sonder leerlinge is ook nie ‘n skool nie.

Leonard van der Dussen ·

Daar is pogings aan die gang vir privaat Afrikaanse skole. Die uitdaging is egter om hierdie skole werklik selfstandig te maak – en meer as net finansiëel selfstandig: dit is noodsaaklik om van die regeringsonderwys gespeen te word veral in die feit dat die regering se kurrikulumraamwerk steeds gevolg word, dat toegelaat word dat vervalste geskiedenis geleer word en dat die begrip “religie” (as ‘n soort sielkundige verskynsel) die waarheid van dat alle eer aan die Here HERE toekom, en dat Jesus Christus die enigste verlosser en ewige koning is.

Let wel dat die sogenaamde “onafhanklike skole” van die oomblik eintlik die benaming se betekenis al verwring het, want hulle is steeds afhanklik van die regering se raamwerk en regstreeks onderhorig aan die onderwysdepartement en Umalusi se voorskrifte, en of jy nou staatsmatriek of IEB-matriek skryf, jy kry ‘n Umalusi-sertifikaat.

Om dit uit te spel: die Afrikaner moet streef na sy eie kurrikulum, sy eie onderwysersopleiding, sy eie skole en sy eie gehaltebeheer. Solank Umalusi as die gehaltebeheerder erken word, is die skole deel van die ANC se massaskoolstelsel, met die neerbuigende gevolge daarvan; maar dit beteken ons moet weer leer om vir onsself te dink, ‘n vaardigheid en leefwyse wat ons in ‘n staatsdiensverslaafde mentaliteit en die veiligheid van gevestigde kerkverbande gedurende die 20ste eeu geleidelik verloor het. Ons het lui gewoontemense geword.

Die groot uitdaging is om eers ‘n Afrikanervolk wat in die vorige heropbou van na die Vryheidsoorlog (1902), deur die depressiejare van die 1930s en tot by republiekwording en daarna in die sterk staatkundige en ekonomiese bestel van die Verwoerdregering, aan staatsdiensmentaliteit verslaaf geraak het, weer tot vrye denke aan te spoor. Daardie soort vryheidsdrang wat gemaak het dat ‘n klein volk die magtige Britse Empire vir drie jaar lank kon teenstaan, en binne dekades daarna hulleself kon bestuur tot ‘n onafhanklike republiek.

Daar word tans ook in die onderwysverband met en skoolbestuur in Afrikanergeledere te veel gefokus op “Afrikaans”, “godsdiens(regte)” en ander politieke en godsdienstige stryde, terwyl daar bitter min indien enige berigte is oor enige innovasie en vooruitgang in die onderwys.

Die instellings soos Afriforum en Fedsas kan elke hofsaak teen die regering oor Afrikaans, beheerraadsregte, onderwysersregte en selfs die inhoud van lewensoriëntering wen, maar die Afrikanerkinders sit steeds met minderwaardige Umalusi-sertifikate en in ‘n onderwysbestel wat vir die laagste gemene deler en Afrika-massaonderwys bestuur word; en die wen van hofsake beteken net dat jy in terme van wetgewing reg bewys word. Die wette kan enige dag verander word, en na wie toe hardloop jy dan?

Dis dringend noodsaaklik dat Afrikaners weer hulle eie onderwys opstel, beheer en bestuur wat nie eens die regeringskoei ken nie, en nog minder sy spene. Dis al manier om die agterstand wat daar reeds in ons onderwys ontstaan het in vergelyking met tegnologiese en inligtings-ontwikkeling, veranderde gedragspatrone in die gemeenskap en noodsaaklike anderster opleiding vir snelle verandering in beroepe en werkswyses, te begin aanspreek vir ons kinders.

Daar is al ‘n modelskool aan die gang wat daarmee besig is. Dit verg harde werk en benodig vinniger uitbreiding. Die bly egter ‘n geïsoleerde pad solank Afrikaners se denke nie loskom van die gedagte dat onderwys ‘n staatsfunksie is en aan te hou om aan daardie spene te suig nie.

Of die Afrikanergemeenskap in staat is om sy trane van frustrasie en vernedering ‘n slag af te vee, sy skouers regop te trek en met dapperheid in die Eerste Wêreldse toekoms te belê, is ‘n groot vraag. Ek sien baie feeste, soos die Majubavieringe elke jaar om die helde van die verlede te herdenk, maar waar is die dapper manne van daad en deursettingsvermoë vandag? Dalk bietjie minder tyd en geld aan monumente spandeer, en bietjie meer aan ons kinders, aan vandag!

Artikels op http://www.saonderwys.wordpress.com sal u dalk interesseer in bostaande verband.

Leendert van Oostrum ·

Ek het al baie van Mnr Van der Dussen verskil, maar vind dit moeilik om iets hierbo te vind wat aanvegbaar is :-)

Waar ek hom veral steun is die feit dat die regering se CAPS-kurrikulum grondwetlik, internasionaalregterlik en in terme van die Kinderwet so kwesbaar is dat dit geïgnoreer kan word (en behoort te word).

Omgekeerd, ouers wat hul kinders aan daardie kurrikulum onderwerp kan skuldig wees aan kinderverwaarlosing, en tegnies kan enigeen namens die ouers se eie kinders eise teen die ouers instel.

‘n Probleem wat Mnr Van der Dussen nie aanspreek nie, is die geprofessionaliseerde Afrikaanse onderwysberoep wat lank nie meer huiwer om die kind se belange onder te ploeg terwille van hul eie nie. En dit pas die professionele Afrikaanse onderwysers om, in hul vakbond(e), die staat se gesag op hulle te neem in daardie proses.

Leendert van Oostrum ·

Tussen hakies:

Ek het verlede jaar ‘n artikel in ‘n Britse opvoedkundejoernaal gepubliseer oor die duisende ongeregistreerde skole wat (onder alle bevolkingsgroepe) opspring, juis weens die oorregulasie van die onderwys.

Google vir my naam en die titel: “South Africa’s Outlaw Educators”. (Die volteksweergawe kan afgelaai word deur die toepaslike skakeltjie onderaan die bladsy te klik.)

John ·

Op nasionale media is daar hoeveel keer gesê dat ń tekort van onderysers ondervind wotd. Nou word onderwysers afgedank of gedwing om te bedank. As ek arbeidswetgewing reg vertolk grens hierdie donkerre verplasing aan konstruktiewe afdanking.

Edwin ·

n logiese oplossing sal wees dat alle normaal denkende mense sal saamwerk om privaat skole te begin, eie ondersteuning en ,as dit moontlik is,selfs eie geldeenheid sal toepas

Bruno Stef ·

CVO wat primere en sekondere skole in uitsluitlik in Afrikaans bedien is al jare in bedryf,Die skole het uitstekende uitslae en in baie gevalle eie infrastruktuur,As dit reeds amper ooral beskikbaar is laat die nodige organisasies net hulle gewig ingooi en die skole uitbrei met wat nog verder benodig word.

Leendert van Oostrum ·

Ek is teleurgestel in die mate waartoe die CVO-skole ook maar handpertjies van die regering is.

Soos hiemand hierbo genoem het is daar inderdaad nou heldhaftige mense nodig wie se beginselvastheid die komende geslag te gedenk soos ons die heldedade van die verlede gedenk. Mense wat hul grondwetlike (en Bybelse!) plig nakom om die regte en belange van die volgende geslag te beskerm teen skending deur die owerheid.

Bruno Stef ·

Leendert ek hoor jou maar kan sterker organisasies tesame met die Afrikaner publiek nie hande vat en die Christelike Volks Onderwys ondersteun nie.Die mense het jare lank selfonderhoudend gewees ondanks dreigemente en verguisings van die liberale kant en die ANC. Ek weet van talle leerlinge wat hulle matriek eksamens met Universiteits toelatings geslaag het verder aan n tersiere inrigting studeer het en n graad behaal het.

Disselboom ·

Praat julle nou hier van die BCVO en hulle eksamenraad. ERCO of so iets? Hulle skryf deesdae die IEB se vraestelle, net het verlede jaar ‘n gemiddelde slaagsyfer van 92%; of was dit 93%? behaal teenoor die IEB se gemiddelde slaagsyfer van 98%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.