Talle ongelukke reeds dié naweek aangemeld

Minstens twee mense het in dié ongeluk gesterf. (Foto: Netcare 911)

Minstens twee mense is dood en verskeie ander beseer toe ʼn minibustaxi en ʼn bakkie Sondag kort voor 08:00 op die M27 tussen Umdloti en Waterloo, noord van Durban, reg van voor gebots het.

Twee mense is uit onderskeidelik die bakkie en taxi geslinger, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Hulle het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Sewe beseerde insittendes is na verskeie hospitale vir verdere behandeling geneem.

Die owerhede ondersoek die voorval, het Herbst gesê.

In Camperdown is 15 mense beseer toe ʼn minibustaxi én twee bakkies kort voor 06:00 vanoggend met ʼn vragmotor en sleepwa op die N3 naby Camperdown gebots.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotor het die hoofweg heeltemal versper, terwyl mense in die mistige weer op die toneel rondgeloop het.

Die meeste van die beseerdes was in die taxi op pad na ʼn hardloopbyeenkoms.

Hulle is na verskeie hospitale in die Pietermaritzburg-omgewing geneem, het Campbell gesê.

‘n Dertigjarige vrou het in die botsing met ‘n vragmotor buite Potchefstroom in Noordwes gesterf. (Foto: ER24)

Op die R54 buite Potchefstroom in Noordwes is ʼn 30-jarige vrou ook dood toe sy reg van voor met ʼn vragmotor gebots het, het Campbell gesê.

Die vrou is op die toneel dood verklaar. Die vragmotorbestuurder was ongedeerd.

Die polisie ondersoek ook dié voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Magda de Bruin ·

Sperstrepe…..die mense respekteer glad nie daai padreël nie…..

pieter ·

Stem saam sperstrepe en trokke wat halfpad in geelstrepe ry dan gaan motoriste hul verby oor sperstrepe op blinde hoogtes ens – ek ry nie in n geelstreep nie te veel ongelukke so gesien trokke hou ni volg afstande nie 3 tot 4 ry agtermekaar en gee ni motors di spasie om verby te gaan nie en so kan ons aangaan

Jacques ·

Hul ry so aangesien te veel motoriste tussen trokke in n baie beperkte spasie wil indruk. Dit is tyd dat motoriste begin dink. Wettig gelaai kan ons totale gewig tot 56 ton wees, dink hoe daar in tyd gestop moet word met so swaar voertuig in n nood geval. Motoriste is die oorsaak van meeste ongelukke waar swaar voertuie betrokke is.

Instandhouding ·

Baie van die paaie het nie eers meer enige strepe duidelik sigbaar verf het al Jare gelede verdof. So hoe sien mens of dit n sper strepe is. En Dan die bande wat party mense op hul voertuie sit is Baie swak gehalte of word beskadig in Slag gate. En gaan ook gereeld die wielsporing en balansering na van voertuie. En kyk ook gereeld of die 4 wiele
Wat jou laat beweeg teen 120 km nie erens foutief is saam stuur wiel en remme ordentlik werk.

Kameelperd ·

Is dit waar dat daar n groot ongeluk in die kruger wildtuin is, waar n taxi teen n kameelperd vasgery het en die kameelperd toe op n ander kar geval het?

Kerneels ·

Klink amper soos die ou wat uit ‘n vliegtuig geval het, toe slat die weerlig hom voor ‘n trein in…

Tersia ·

Dit is waar. Die Taxi’s ry baie vinnig in die Wildtuin. En die musiek is kliphard. Gesien en hoor met myveie or en ore. Geen respek vir spoed van 50km per uur nie. Eish.

Sarel ·

Ek vind die stelling “Die polisie ondersoek die voorval” totaal niksseggend en sinneloos. Die polisie sal altyd ‘n noodlottige botsing ondersoek – tot mindere of meerdere mate.
Dit sal mos baie meer sinvol wees om die (vermoedelike) oorsaak van die ongeluk te noem.

Schalk ·

Ry in die nag op N1 met langnaweke dan sal jy sien.As 20% van taxis wet en padreels gehoorsaam dan is ons wiskunde punt in die kol.Witstrepe is verbygaan strepe.Flits jou ligte en trek verby maak nie saak wat aankom nie.Partymaal tussen Beaufort en Laingsburg ry 5 agtermekaar met een voorlig wat uitsteek agter die een voorhom lyk soos n trein basies geen tussenspasies nie.Die lot moordenaars is mal met n doodswens.

Lynette ·

Maroela nuus…..Julle eindig elke soortgelyke berig met die woorde ‘die polisie ondersoek die oorsaak’, dan hoor ons booit wat die werklike ooraaak v d ongeluk WAS nie. Kan julle nie opvolgberigte plaas waar die oorsaak uitgestip word nie? Hoekom is dit altyd die EINDE van jul beriggewing en word die lesers in die duister gelaat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.