Talle onwettige grondgrypgevalle in Gauteng

Onwettige grondgrype in Olievenhoutbosch. Foto: @PairCmanenje/Twitter

Die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie moes die afgelope naweek bontstaan toe chaos op verskeie plekke in Gauteng losgebars het nadat plakkers onwettig grond begin beset het.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie (TMPD), het gesê onwettige grondgryping het in verskeie dele van Pretoria voorgekom.

In Eastlynne, oos van Pretoria, is rubberkoeëls Saterdag afgevuur om ʼn oproerige skare uiteen te jaag nadat plakkershutte afgebreek is. Volgens Mahamba is daar onwettig plakkershutte opgerig en die mense reeds opdrag gegee om die strukture af te breek.

“Hulle het egter nie daaraan gehoor gegee nie en ons het ʼn diensverskaffer aangestel om die plakkershutte af te breek. Die TMPD het sekuriteit verskaf terwyl daar sowat 188 plakkershutte afgebreek is.”

Volgens Mahamba het gemeenskapslede hierna die strate ingevaar, buitebande gebrand en paaie afgesper. “Volgens ons inligting is niemand beseer tydens die oproerigheid of in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Onwettige grondgrype in Olievenhoutbosch. Foto: @ThabisoNkwana4/Twitter

In die omgewing van Olievenhoutbosch naby Rooihuiskraal en Blue Hill naby Midrand was die situasie ook gespanne nadat plakkers erwe begin uitmerk en huise begin oprig het. Volgens Mahamba is daar erwe “uitgedeel” aan enkelinge. “Ons monitor die situasie hier. Ons waarsku voornemende plakkers dat ons binne die wet sal optree en dat plakkershutte verwyder sal word.”

Daar was volgens berigte ook grondgrypgevalle in Atteridgeville en Soshanguve-Suid. Mahamba het gesê hulle is bewus daarvan dat grondgryping oor groot dele van Pretoria plaasgevind het. “Die TMPD sal sterk optree teen onwettige grondgryping. Dit is teen die wet en ons sal ons gesag afdwing. Niemand sal onwettig grond in Pretoria beset nie. Grond wat privaat of deur die stad besit word, kan nie net sonder meer beset word nie.”

Onwettige grondgrype in Eastlynne. Foto: @Antoine15950715/Twitter

Mahamba het gesê die TMPD sal vandag op nog ʼn gebied toeslaan waar grond onwettig beset is. Hy wou egter om veiligheidsredes geen verdere besonderhede bekend maak nie. Hy het wel gesê dit is in die noorde van Pretoria.

Volgens Mahamba tree hulle met die onderskeie polisiestasies in verbinding om te bevestig of enige mense die naweek in hegtenis geneem is in verband met onwettige grondgryping. In Pretoria kan lede van die publiek wat onwettige plakkery opmerk die TMPD nader by 012 358 7095.

Sr.supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie (JMPD), het bevestig die situasie in die Blue Hill-omgewing word gemonitor. Daar word op ʼn hofbevel gewag sodat ʼn operasie begin kan word om onwettige strukture af te breek.

Volgens Minnaar is daar Sondag in Alexandra verskeie onwettige strukture afgebreek. Hy het gesê rubberkoeëls is ook afgevuur om die oproerige skare uiteen te jaag. In Johannesburg kan lede van die publiek wat grondgrypgevalle wil aanmeld, die JMPD nader by 011 375 5911.

Onwettige grondgrype in die Blue Hills-omgewing. Foto: @Sloja_SA/Twitter

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê sover sy wete strek, is geen mense die naweek in hegtenis geneem in verband met onwettige grondgryping nie.

Die sakeregte-organisasie AfriSake het intussen bevestig hy win tans ʼn regsmening in verband met die onwettige grondgryping die naweek in. Dit volg nadat die organisasie vroeër saam met AfriForum ʼn interdik teen sowel die EFF as Black First Land First (BLF) bekom het, asook teen die onderskeidelike woordvoerders van hierdie organisasies. Die interdik verbied dié partye om uitlatings te maak wat mense opsweep om grond onwettig te gryp.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, het gesê hulle stel tans die feite vas rakende die naweek se gebeure. “Daar is bewerings dat EFF-lede hierby betrokke was, so ons moet nou seker maak dit was wel die geval. Ons het interdikte teen sekere gedrag. Sodra ons ʼn regsmening het, kan ons kyk wat ons kan doen.”

Le Roux het AfriSake-lede aangemoedig om die organisasie onverwyld te nader indien hulle die slagoffer van grondgryping is sodat die organisasie onmiddellik kan optree. “Mens kan dadelik optree en so gou moontlik grondeienaars se regte afdwing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Patriot ·

En toe kry die stedelinge `n skok. Gedink dit gaan net met die plase gebeur…

Cherokee ·

Bietjie rondkyk en jy sal weet dat dit al vir jare in stede gebeur. As jy werklikwaar nog nooit plakkershutte gesien het in stedelike gebied nie, sal jy meer oplettend moet wees.

VanAfrika ·

Niemand het n skok gekry nie, Dr Pieter Groenewald het al die stedelinge gewaarsku na die stemmery. Nie net plaasboere gaan deur loop nie, stedelinge ook. Almal was dit te verwagte.

Gertryda ·

Nou toe nou
Hoe kan hul alreeds opgerigte strukture afbreek????
Op plase moet jy n hof bevel kry as n paar pale met n dak op opgerig is

Dalk ·

Dalk het dit nog nie ‘n dak opgehad nie, dalk het hulle vinnig genoeg afgebreek.

Penellope Jones ·

So reg rondom die stad, soort van . . . . . . .
Moet NOOIT hierdie mense onderskat nie, nooit.
Hulle sal mens verras wanneer mens dit die allerminste verwag. . . . . . . .

Meraai ·

Ek het Saterdag oggend wakker geword met net sirenes. Gedog iewers is ‘n groot ongeluk want ons is naby die N1. Hoor toe die middag dis toe die lot wat besluit het Eastlyn is geskik vir grond hervorming. Selfs gister kon ons nog die polisie hoor soos hulle iewers heen oppad is.

dolphin ·

mooi dis nie plek van grond gekoop nie moet betaal word sodat president moet praat van die grondwet maar waarom mense glo die malema moet die grond vat nee !

honourable member ·

Sal graag die bouplanne wil sien vir die stellasies wat opgerig is. By ons huise soek die munisipaliteit bouplanne of kan die mense nou bou en breek soos hulle wil.

Aasvoels ·

Ramaposa sal dit nie kan keer nie – hy en die EFF het die bal aan die rol gesit – hy moet nie nou verbaas optree nie – en skielik se dis teen die wet nie .
Dit is te laat daarvoor – die EFF het die mense opgesweep met haatspraak en Ramaposa het nie eenkeer sy mond daaroor oopgemaak nie. Stilswyend goedgekeur.
Pasop Ramaposa – jy kan dalk nog is die gat val wat jy vir ons blankes gegrawe het.
Die internasionale arena gaan dit waarneem en ons afgradeer – en dit is Ramapose se grootste vrees. Kry vir jou! Miskien sal jy dan so jou les leer Ramaposa.
Ons is nie almal in jou padda – kookpot nie – dalk beland jou eie mense nog in jou padda kookpot.

GES ·

Met aanloop tot die verkiesing gaan hierdie waagtoertjies toeneem met die doel om swart stemme te koop en ter selfde tyd blankes te intimideer. Dit is niks anders as lae vuil gemene politieke spel.

Piet ·

As jy op n plaas n struktuur afbreek word jy aangekla van poging tot moord.

Meraai ·

My pa het ‘n week of wat terug op die pad agter ons plaas gery en gesien hier het iemand hom tuis gemaak met ‘n hut en al. Polisie gebel en die het gekom en help afbreek. Dit kos nou dat iemand daagliks daarheen moet ry en gaan kyk wat gaan aan by die stuk reg langs die teerpad.

Pollie ·

Die klem hier le vir my op die GEEN INHEGTENISNEMINGS nie. Hulle tree ONWETTIG op, betree ONWETTIG grond en vestig hulle ONWETTIG op land wat nie aan hulle behoort nie .. HOEKOM was daar geen arrestasies nie? Hou altwee organisasies wat hiervoor verantwoordelik is direk verantwoordelik vir die gemors .. die mense leef in vrees en angs omdat hulle nie weet WAT om te doen as die duisende plakkers op hulle afstorm nie.

EN ·

Ek het dit ook opgelet. En hulle het bande gebrand en is ook nie daarvoor in hegtenis geneem nie! As ek bande in die pad voor my huis moet brand – kan jy jouself indink hoe in die moeilikheid ek gaan wees? Dubbele standaarde…

Andrew ·

Baie dankie aan die Tshwane Metro Polisie, die Suid Afrikaanse Polisie, die Gemeenskaps Polisiering Forum en die raadslede vir julle flink optrede Saturdag om ons gebied te beveilig. . Daar is nog baie mense wat weet hoe om hulle werk te doen

Wanda ·

Mnr. Ramaposa het op kyknet nuus gese hulle gaan dit nie duld nie. Sy adjunk president het ook gese hy gaan hard probeer om malema te oortuig om terug te kom na die anc…….die klomp werk met n plan!

Charl ·

As die leiers van hierdie mense die gedagtes plant in die parlement, wat anders verwag mense gaan gebeur? Hoeveel van hierdie plakkers het op hul voorvaders grond gaan plak? En Malema doen haatspraak links en regs en soos Zuma kan niemand aan hom raak nie. Dit kan nie vir altyd so aangaan nie!

Pieter ·

Niemand sit sy voet op my grond sonder toestemming nie wat nog van strukture ,julle het susies geword ,bangbroeke wat net kla en valse skinder stories versprei.

Coen ·

Soos bheki celle gesê het as julle oorlog soek sal julle oorlog kry vat aan my grond en sien wat gebeur die useless polisie en grap van n weermag sal julle nie kan beskerm nie die lyn is getrek die bal in daai julius mannetjie se hande.

Casper Labuschagne ·

Ons lang nagmerrie wat voorlê: Was dit nie juis laasweek dat Malema en sy luitenante van die verhoog af gesê het dat mense die land moet beset nie? Tussen nou en met die verkiesingsdag in 2019 sal dit die tema wees – Malema verkondig revolusionêre propaganda wat mense aanspoor tot spesifieke optredes, waarna die polisie wet en orde moet handhaaf sodat Malema kan sê dat Ramaphosa na die wit minderheid beskerm terwyl die EFF die wit minderheid op hul plek wil sit.

Wie? ·

Wie is hulle?
Waar kom hulle nou so skielik vandaan?
Waar het hulle voorheen gebly?
Skuif hulle net van ‘n vorige plakkerskamp af of is hulle nuwe SA burgers wat almal skielik gister hier gebore is?
Hulle het duidelik ‘n Memo gekry (wat die res v ons duidelik nié gekry het nie) as hulle so van oral oor kom en spesifieke grond beset.
Kan Maroela Media die vrae ondersoek en antwoorde deel?

henda ·

Wil ek ook weet, hoe het hulle met al boumateriaal daar gekom?

Lolla ·

Terroriste! Dis wie hulle is en Ramaphosa het nodig om hulle soos terroriste te hanteer en behandel.

ZIM sterk oppad ·

Jaha liewe regering, julle het n President geskep…… Sterkte daarmee, wonder hoe julle in die middel van die storm loop die hekke gaan toemaak nadat julle vreeslike slim geleerdes agter kom dat julle, julle hand oorpseel het.

Selfbeskikking ·

Ja, daarom moet ons NOU optree voor dit te laat is, en die antwoord is om nou sterk te onderhandel vir selfbeskikking. Dis ons enigste opsie vir oorlewing.

Dis net die begin ·

Dis presies wat Malema en die res van die EFF en self ANC wil doen. Beinvloed die oningeligte / ongeskoolde massas. Hulle het net gehoor hulle mag nou grond vat en hulle doen so, net so hoor hulle ook van kill the boer. As jy nou nog dink jy is veilig en CR gaan jou beskerm is jou nie net naive nie maar sommer blind ook.

Willie ·

Ek het gehoor in sekere wou die polisie nie help nie, moet hof interdik kry ents! As hierdie nou gelos gaan word gaan die verwoesting beteken…

Wanda ·

Pieter jy is reg van die oggend tot die aand kry mens heeldag net negatiewe boodskappe op ons fone. Ek is al so moeg daarvoor. Plaas mense daai onodige tyd gebruik om op hulle kniee te gaan. Ek bly positief en glo die Here is in beheer van my lewe. Wat moet gebeur sal gebeur. Tot en met dan leef ek my lewe in Christus Naam en se elke dag dankie vir dit wat ek het. Amen

Selfbeskikking ·

Kom ons gebruik die grypery as geleentheid om te onderhandel vir ons eie land. Die dreigemente teenoor ons raak net almeer en daarom moet ons nou fokus op selfbeskikking. Ons gaan ons eie belastinggeld nie op korrupsie mors nie maar n baie sterk, veilige land, al is dit klein, baie vinnig kan bou.

bj smit ·

hier by ons in kemptonpark glenmarais agter pick en pay twee plotte reeds fol plakers hutte en niks word gedoen om dit te keer nie

Piet Pompies ·

Uit die berig is daar goeie kommentaar wat sinvol is en dan daardie klaagliedere wat gegrond is op eie opinie en bydrae lewer tot die negatiewe beeld van ons land. As tjokker is ons gesin uit ons huis gesit deur die regering wat aan bewind was in 1979, die vergoeding was R4200. Dit was twee burger erwe met ‘n motorhawe op die een erf en ‘n 3 slaapkamer huis op die ander erf. Die uitsetting was omdat ons huis binne die nuwe trust gebied gestaan het. Ons gesin het in ‘n ander dorp hervestig en my ouers het ‘n sukses van ons gesin se lewe gemaak. Ek verlang nog na ons ou huis, dit was deel van my lewe, vandag en more is my en my vrou se hande, vir ons kinders, vir ons toekoms. Onteiening is deur die vorige regering gedoen, niemand noem dit, hoekom! Jou toekoms is in jou hande, moet nie jou tyd mors aan gerugte en stories, bou jou toekoms op feite.

Casper Labuschagne ·

@Piet Pompies ek het drie punte hieroor:

1) Bitter min ontken dat daar nie vergrype plaasgevind het nie. Maar, na my beste wete het die ou regering wel vergoeding uitbetaal tydens gedwonge verskuiwings. Daarby kon jy sedert 1994 ‘n aansoek indoen by die Kommissie vir Grondeiese, mits jy ‘n geldige eis gehad het – jy het dit sekerlik ook gedoen, of was jy dalk te wit om ‘n suksesvolle eis in te sit?

2) Maar een vergrype regverdig nie ‘n ander vergrype nie. Ja, die regering is uiters onbevoeg en traag om behuising te verskaf, maar dit beteken nie dat plakkers op enige stuk oop grond ‘n nedersetting kan stig nie – daar moet ordelike beplanning plaasvind.

3) Ja, jy is in die verlede ‘n onreg aangedoen. Hou ingedagte dat dit presies is hoe eienaars van eiendom sal voel wanneer onteiening sonder vergoeding eendag plaasvind. Daarby sal hulle nie vergoed word nie en sal effektief in sak en as sit nadat die bank die uitstaande skuld vir hul verband op daardie eiendom ingevorder het.

Verstom ·

Die plakkers ne die grondgrypers gebruik die geleentheid om mense te treiter. Hule het mense se huise ook besoek en gese die huise is regerings huise en hulle wil fotos van die huise binne en buite neem want hulle wil die huise oorneem, want dit is hulle grond.
Ha-ha as hulle dink dit gaan so maklik wees. Nee wat ons het ons grond gekoop en nie verniet gekry omdat ons ouer en voorouers daar gebly het nie.

Casper Labuschagne ·

Ek het in 2008 deur Khayelitsha se Harare voorstad gery saam met onder andere lede van die ANC. Aan die oorkant was daar rye en rye plakkershutte op die helling van ‘n duin met nie ‘n mens of ‘n hond of eers ‘n wasgoedlyn in sig nie. Ek het die opmerking gemaak dat hier oënskynlik ‘n reuse bedrogspul aangaan, of vir toelaes of stemme of iets, waarop die ANC lede vir mekaar gekyk het en gemompel het dat ek nie ver verkeerd is nie.

Veer ·

Patriot, speak for yourself. Dis asof jy wil sê we-pe stedelinge vat so! Mens verlekker jou nie in n ander se teespoed nie. Ons almal kyk dieselfde nuus en is ingelig nes jy. Skrik wakker, as een gesin swaar kry raak dit ons almal maak nie saak hoeveel grond die is of waar dit gevat gaan word nie!

Jakkalsdraai ·

Kry vir jou Ramaphosa, jy het dit mos wyd en suid verkondig dat grond gevat kan word. Hierdie onverantwoordelike uitsprake gaan in jou gesig ontplof!!

anoniem ·

En wat van die onwettiges wat plak oorkant Centurion Park Krieket stadion langs die rivier.
Dit lyk sleg daar. Hulle is ook onwettig daar, kan hulle ook asb verwyder word.

Drer ·

As ek vir my ‘n lekker hoekie gaan inrug op een van Ramaphosa se eiendomme, gaan hulle my net los?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.