Talle onwettige immigrante vas, gedeporteer

Argieffoto

ʼn Totaal van 44 onwettige immigrante is Sondagmiddag in Pretorius Kloof in Bethlehem in die Vrystaat in hegtenis geneem. Dit volg nadat lede van die gemeenskap die polisie verwittig het omtrent ʼn groep verdagte mans wat sokker speel en ander wat in ʼn huis vertoef wat klaarblyklik aan die munisipaliteit behoort.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het in totaal op 55 mans daar afgekom. Altesaam 44 van hulle was afkomstig van verskeie Afrikalande, onder meer Nigerië, Zimbabwe, Mosambiek en Malawi. Hulle het glo nie oor die vereiste dokumente beskik wat aandui dat hulle wettig in Suid-Afrika is nie.

Makhele sê dit het later aan die lig gekom dat dié mans beweer het hulle is deur ʼn sakeonderneming in Johannesburg na Bethlehem gestuur om Wi-Fi in die voorstede van Bethlehem te installeer. Nie een van die verdagtes kon egter die naam van die onderneming bevestig nie.

Die departement van binnelandse sake is tans besig om die onwettige immigrante te deporteer.

Die oorblywende 11 mans was egter Suid-Afrikaanse burgers.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris van die Vrystaat, het ʼn waarskuwing uitgereik dat diegene wat Suid-Afrika binnekom sonder wettige dokumentasie die risiko loop om gedeporteer te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Deon ·

En wat het nou geword van die “un documented citizens” LW citizens. Soos gese deur een van die ministers so paar jaar terug.

Kokerboom ·

Lanklaas so lekker gelag!!Ons mag skape wees maar ons is ou skape. Probeer weer SAPD!!

Lorna ·

He has hahaha regering is n klomp fools
Die immigrants laat hul nie eers deur n 27 million heining stop nie
Regtig

BoerSonderRoer ·

Teen watse prys word hulle deporteer, en wie betaal daarvoor?

Sodra hy in sy land land, dan loop hy net weer terug.

Gee die manne papiere en laat hulle werk.

Cherokee ·

Die risiko loop om gedeporteer te word? Ek dog dit is default.

Sarel ·

Die lied van die kat kom terug bly sederdien in my kop speel. Minimale getal indien mens in sg neem hoeveel o wettige imigrante in hierdie land is en sois die kat elke keer terug kom. Maar hulleceil mos ‘n Afrika sien sonder grense.

Niklaas ·

Hoe word hul gedeporteer, met luukse vliegtuig? En hul sal gewis oor 5 dae weer terug wees, want dis lekker hier. Selfs die kos in die tronke is voortreflik in SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.