Talle onwettige vissersbote aan SA kus gewaar

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

Verteenwoordigers van die departement van landbou, bosbou en visserye is aan boord van ʼn vermeende onwettige vissersboot en in die proses om dit na die Kaapstadse hawe te vat.

Nege vissersbote wat glo betrokke is by onwettige visvang is vroeër vandeesweek in Suid-Afrikaanse waters waargeneem. Volgens die departement is die vissersbote naby Durban, Port St. Johns, Kaap Recife en Port Elizabeth waargeneem.

“Die bote is gemonitor en hul aktiwiteite het verdag voorgekom waarna die patrollievaartuig Victoria Mxenge ontbied is om na hulle te soek. Die bote is Donderdag gevind en die bemanning het ingestem om na Port Saldanha begelei te word vir behoorlike inspeksie. Hulle het egter deur die nag in verskillende rigtings begin vaar.”

Volgens die departement kon een van die bote weer nagespeur word en dit word tans na die Kaapstadse hawe begelei. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het intussen die vloot opdrag gegee om die ander bote op te spoor. Die polisie in die Wes-Kaap is ook betrokke.

“Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om die departement van landbou, bosbou en visserye in kennis te stel indien hulle verdagte bote gewaar. Lig asseblief die departement in by 021 402 3077/6.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Frederik ·

Teen die tyd dat Nqakula se span hul opspoor is hulle lank reeds buite SA waters.

Jan maak n Plan ·

Die Victoria Mxenge het seker nie kannone of so iets nie ne. Hoekom is daar nie op die ander vaartuie geskiet toe hulle uit koers uit raak nie. Die boot het mos radar of was die personeel aan die slaap?????? As hulle regtig wou sou diot nie gebeur het nie. Dit wys ons net hoe pateties die weermag deesdae is.

Jan maak n Plan ·

Die Victoria Mxenge het seker nie kannone of so iets nie. Hoekom is daar nie op die vaartuie geskiet toe hulle uitkoers uit raak nie??? Die wys ons net weereens hoe pateties die weermag deedae is.

Sarel Strydom ·

Een boot om nege vissersbote te vergesel? Hoeveel van die anf=der 8 was Chenese Bote.

Lance ·

Hulle weer hier kan jy doen en maak soos jy wil en wegkom sonder enige gevolge ….kry miskien n briefie wat se jy was baie stout …nie weer nie hoor …hulle sien mos wat op die tv gebeur met no 1 en hoe mense oor die grense SA instroom deur die geknipte drade en droee reviere ….dis n joke man !

Tersia ·

Die ander skepe staan in die droe dokke. is nie seevaardig nie. Ons kan nie ons kus beskerm nie. Dit is om van te ween.

skippie ·

Hier by die Kzn suidkus word gereeld onwettige “trawlers” opgemerk..hulle is in werking snags.. n week gelede is n hele paar hier ook opgemerk….dit help nie mens raporteer dit nie..dit val op dowe ore…
Verstaan julle nou dat in amper 8jaar daar geen groot sardientjie skole soos vroer jare hier uitgespoel het nie?..ons visvangs is dood..morsdood…
My persoonlike opinie is dat die skrefies oe vir zumafrika n gunsie vir n gunsie skuld.
Blaas hulle op!hulle hoort nie in ons waters nie!!

Wim ·

Dit sal nie eers die oproep werd wees nie. Die waters aan die wildekus noord van Port St John wemel van vistrollers. Jy kan die diesel engines hoor deur die nag. As dit lig word is hulle weg. Die owerhede weet dit. Geld praat hier ook. Waars die patrollie vliegtuie van voorheen. Alma’s in privaat besit.

Johan ·

Indien ons weermag/vloot effektief gefunksioneer het sou so iets of dan soveel onwertige visserbote onmiddelik geidentifiseer kon word. Ek dink, noem my maar negatief, dit is maar die punt van die ysberg wat dit aanbetref. Ons moet ook nie dink dit is net ander vissers van ander lande wat onwettig aan ons kus visvang nie. Moet van ons eie mense nie weggooi nie. Daar is glad nie meer of dan baie min beheer en kontrole aan ons kuslyne betreffende onwettige visserye. Indien Ons meer pro aktief en paraat is sal die vloot/weermag hierdie onwettighede veel vroeër kan optel

M'Lady ·

Ons weet almal dis die Chinese. Hulle is besig om Afrika te stroop van al haar natuurlike hulpbronne. Die nuwe koloniseerders en geen haai kraai daarna nie.

John ·

Omkopery vind dalk ook plaas. Dis nie net ons seelewe, renosters, ivoor en skaars landdiere wat deur die Oosterlinge gestroop word nie, maar ook ons plante en kruie. Maar ons dra hulle klere en koop die ‘Made in China/Taiwan’-speelgoed vir ons kinders. Speelgoed waarvan die wiele afval voor die son sak. Ons sal hierdie rampokkery van die Oosterlinge ook maar verduur totdat ons eie wiele begin afval. Die regering praat gedurig van die ekonomiese benutting van die see, maar dit lyk of ander lande meer aktief is as ons.

Charlotta ·

Die bote moet sommer gesink word, wat soek hulle in ons waters.

ansue ·

Ai dis om van te huil, veral as jy die bote in die nag sien trol. Met hul groen lig in due water om die vis te lok en dan net hul die vis uit. Maar nou Ja in ons land word alles mos gedoen wat onwettig is en die land se eie vissermanne moet permits he wat n grap.

gert ·

Hulle sal niks oorkom nie want hulle is maatjies met zuma. Hulle hoef net die polisie n paar rand te gee en woep weg is hulle.

Lance ·

Sien op die nuus hulle het van die bote aangekeer ….toe kom meeste weg toe hulle nie kyk nie ….ag please dit wys net hoe damn ondoeltreffend ons mense is en hoe erenstig hulle is oor hulle werk ….dis regtig n GROOT joke !

Chrisjan ·

En toe is daar geen vis of visvang toerusting op die 1 boot wat hulle gevang het nie. En hulle verwag van die bevolking om dit te glo.

‘n Sjinese rot ruik anders.

Marous ·

Chinese skepe in sardien migrasie roete. Julle was in kennis gestel maar het dit geignoreer. Daar het druk gekom van KZN en nou will julle iets doen . Waarom moet die publiek julle werk doen ???? Julle het mos ‘ n kuswag en vliegtuie of is dit nou kano’s en mikro ligte vliegtuie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.