Talle oor naweek vas vir dwelms in Kaapstad

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Altesaam 154 verdagtes is die afgelope paar dae in die Nyanga-polisiëringsgebied in Kaapstad vasgetrek vir aanklagte verwant aan die besit van dwelms.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die Nyanga-gebied bestaan uit ses polisiestasies, naamlik Nyanga, Elsiesrivier, Bishop Lavis, Gugulethu, Manenberg en Philippi-Oos.

Volgens hom is die misdaadsyfers by dié stasies van die hoogste in die land.

“Lede van Nyanga het onverpoosd gewerk en 60 huise deursoek en 154 verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige besit van dwelms,” het Van Wyk gesê.

Volgens hom sluit die dwelms waarop daar beslag gelê is 5 g heroïne, 64 g tik, 8 702 Mandrax-tablette en 268 g dagga in.

53 van die verdagtes wat in hegtenis geneem is is reeds deur die polisie vir ander misdade gesoek.

Vyf gesteelde voertuie is ook teruggevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wow ongelooflike goeie werk ·

Werklikwaarfantastiese werk en dit is al manier om probleme op te los, iewers by ‘n punt begin en vas te vat. Buiten die 154 wat die naweek oortree het en die probleme opgelos word, los hul nog 53 ou probleme ook op, werklikwaar julle is ons trots, Polisie veral in die moeilike tye, wat sekere kriminele ook die beroep betree.

Piet Pompies ·

Ai tog…. dit was die verbruikers se hoogtepunt die naweek, nou kom ruk die SAPD die wolke onder hulle voete uit….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.