Talle operasies gekanselleer weens tekort aan linne

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tekort aan skoon teaterlinne het glo daartoe gelei dat 154 operasies by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg vanjaar gekanselleer moes word.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het Maandag gesê Mei was die ergste maand waartydens meer as ʼn kwart van die 154 operasies gekanselleer moes word.

Volgens Bloom het Qedani Mahlangu, Gautengse LUR vir gesondheid, die tekort aan linne toegeskryf aan “ketelmasjinerie wat gebreek het en die foutiewe installering van toerusting om die linne te steriliseer”.

“Sy beweer dat die probleme nou deur die departement van infrastruktuurontwikkeling reggestel is,” het Bloom gesê.

“Mahlangu het gesê dat skoon linne verseker sal word deur meer daarvan op die perseel te was en te steriliseer en om afgetrede verpleegsters aan te stel om die bestuur van die linne tussen die waskamer en teaters te koördineer.”

 

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

GES ·

Dit is eerder ‘n geval van daar is nie linne om te was nie. Dit is gesteel.

coetzee ·

Ja nee hulle benadeer net hulle eie mense. Maar hulle gee nie om nie want hulle moet daar wees het nie die nogige opleiding of niks maar hulle word geplaas

Christine ·

Staan asseblief eers stil dat ons julle sakke kan deursoek. O ekskuus dis mos diskriminasie. Jy mag steel, ek mag jou nie uitvang nie. Wet ter tafel gelê en deur parlement aanvaar. Lekker ou SA.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ges wie sal nou daai viul line steel weet jy hoe lyk dit dis morsig

Susan ·

Dankie Vader, ek behoort tot ‘n mediese fonds.!!!!!!! Dit ias eintlik ‘n skreiende skande!!!!!!!
Alles is ons ou landjie val uit mekaar!!!!

scalla ·

Hoekom gebruik maak van afgetrede verpleegsters, weereens n bewys dat die in die huidige poste onbevoeg/ongekwalifiseerd is en maandeliks n vet salaris verdien, so val alles uitmekaar

Mica ·

scalla…. Verdien? Nee om geld te “verdien” moet jy werk. Hulle kry dit net.

Rynhardt ·

Geen linne vir teater?Beslis nie die verrassing van die eeu nie.Dit word gesteel,soos alles in land gesteel word!

REGINA ·

Ek glo ek is heeltemal in die kol as ek se hulle moet maar net by die personeel se huise gaan kyk, asook by hul familielede se huise, ek waarborg jou, op hul beddegoed sal die volgende logo wees: “Helen Joseph Hospital” – steel is een van die grootste “stokperdjies” in die land, saam met korrupsie is dit nommer een! Wat n skande dat ander lande sulke “nuus” van SA moet verneem!

jack ·

Weereens net n bevestiging van die omvang van die onbevoegdheid in alle staatsinstellings. Hospitale is vuil, toilette werk nie en alles wat moontlik gesteel kan word, bly in die slag. In meeste gevalle is personeel glad nie opgelei nie en kan eenvoudige take nie eers uitvoer nie. Nagskof personeel slaap aan diens en doen die minimum vir pasiente. Ek praat van ondervinding glo my.

Johannes Meintjes ·

Hoe lank neem dit vir die reenboognasie om te besef dat die regering nie kan regeer nie? Effektiewe mediese dienslewering in SA raak ‘n toenemende krisis, – soos ook die geval met meeste ander dienste en departemente.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.