Talle paaie versper weens betoging

R21 suid. Foto: Twitter via @TrafficSA.

R21 suid. Foto: Twitter via @TrafficSA.

Talle motoriste is Vrydag weereens vasgevang in nóg ʼn staking wat die meeste paaie na die Internasionale Lughawe OR Tambo versper het.

Metertaxi-bedieners betoog teen Uber en versper alle roetes na die lughawe met hulle taxi’s.

Volgens die polisie raak die betogings die R21-, R24- en N12-snelweë. Die polisie het ook verduidelik dat die betoging onwettig is en dat die metertaxi’s en enigiemand anders wat betrokke is van die toneel verwyder sal word.

Metertaxi-bestuurders het gesê hulle betoog omdat Uber-drywers glo nie geregistreer is nie.

Die nagevolge van dié betoging het tot by die Tembisa- informele nedersetting gestrek. Daar was ook ʼn opeenhoping van verkeer op die R21 onderwyl mense na Kempton Park en Pretoria probeer reis het.

“Dis ʼn gemors, jy kan nie op die R21 kom in een van die twee rigtings nie. Daar was honderde voertuie voor my, ek moes ʼn U-draai maak en ʼn ander roete via Irene na Pretoria toe vind,” het Gloria Makhafola, ʼn inwoner van Tembisa, gesê. Volgens haar was daar nie polisieteenwoordigheid voor 06:00 toe sy begin reis het nie.

Duisende mense was bang dat hulle hul vlugte sou verpas weens die staking. Diegene wat van die lughawe af wou ry, kon ook nie die lughawe verlaat nie.

Dit is nie die eerste onderonsie tussen metertaxi- en Uber-drywers nie. Uber-drywers is al voorheen aangeval en hulle motors beskadig, veral in die Sandton-gebied. Die metertaxi-bedryf wil uiteindelik hê dat Uber Suid-Afrika moet verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

janneman ·

Alle stakers, wettig en onwettig maak gebruik van magsvertoon. Het dit nie tyd geraak dat hulle met dieselfde begroet word nie?

Sophia ·

Die UNTOUCHABLES het gepraat!! Hulle maak mos nes hulle wil en niemand doen niks nie! En die publiek se keuse wat hulle as vervoermiddel wil gebruik word geìntimideer! Dit is totaal onaanvaarbaar!!

pjk ·

Sophia, ek weet nie jong, maar wat ek nou sit en dink is dat die mense kry iets reg deur hierdie vetoning. Dink jy nie dat ons dit dalk ook moet begin doen om die MOORDE teen ons mense op die MAP te kry nie?

Dellaq ·

Kan nie meeding met goeie diens en pryse en veiligheid nie, nou wil julle staak en duisende mense ontwrig wat moet vlieg of by die werk uitkom….tipies. Sal in elk geval nie van julle gebruik maak nie, al verlaat UBER die land

Melt Olckers ·

Hiermee stem ek saam. Die metertaxis is besig om hulself in die voet te skiet. Hulle gaan nou meer kliente verloor agv hiervan.
Dit is ook onwettig om te probeer om kempetisie te verbied. Dalk tyd dat die taxi bedryf ondersoek word vir prysvastelling.

Fanie Gerber ·

……..net jammer hulle het nie opstroppelis geraak en sommer Etial gantries buite aksie gestel nie….

hkm ·

hoekom sal hulle dit doen fanie? as jou naam en I’d reg lees, is jy mos outomaties vrygestel van etol. m

Johann ·

Hierdie help nie die ekonomie nie, ook nie om die persepsie wat die wêreld van ons het te verander nie. maar ons gee mos die om nie, dis Afrika.

Uvonka ·

Tipies ne!! As iets nie gaan soos dit jou pas nie dan maak jy soos jy smaak! Wie de hel is hulle in elk geval om aan die publiek voor te skryf watter vervoer middel hulle mag of nie mag gebruik nie.

Jan ·

Hulle wil alle wit mense uit die land jaag, ook vreemdelinge, Nigeriers en almal wat hul as ‘n bedreiging vir hulle sien om in die ekonomie te kompiteer. Nou is dit Uber se beurt.

CelesteNella ·

En dit is presies hoekom ons Uber gebruik. Dis veilig en betroubaar. Vind iets anders om oor te staak asb

Elna ·

Net so, ek gebruik UBER omdat hulle betroubaar,skoner en veiliger is. Dellaq, stel saam, ek sal hulle ook nie gebruik nie al kry die ‘powers to be’ dit reg dat Uber die land verlaat.

Chantelle Connoway ·

Amazing, alles in die land gaan so, hulle maak en breek soos hulle wil en elke mens moet dit nou maar net aanvaar, hoekom staan die land se leidende mense nie n bietjie op en DOEN iets nie, ek is seker daar is meer as een wat saam sal opstaan, dit is pateties om die minste te se

Pam ·

Ons hele land, in al sy fasette is soos n mallemeule buite beheer

Koos ·

Hi Chantelle,
Leiers word gebore en kom nie uit tronke uit nie, daarom sal daar niks aan gedoen word nie.

Liza ·

Sjoe ek kry mense wat daar moet ry baie jammer. Ek bly in platteland en kry so 5 karre op die pad elke dag werk toe! lol!!!

Jacques ·

En ek dog ons land is n demokratiese land , daar is keuses ? Wie is hulle om vir n ander te besluit ? Waar is ons hoogsbetaalde amptenare om hulle op die regte pad te sit , ek weet hulle voel n veer . So diuk ons ekonomie weereens in die hek , en dan word daar gevra hoekom groei die ekonomie nie ten minste met 3% waar dit veronderstel is om te wees ??????

Leendert ·

Onthou, Afrika demokrasie (Mbeki was so opgewonder oor daardie begrip) werk vir hulle, dit is die massas se wil wat die uitkoms bepaal.

Paplepel ·

Ek keur gladnie hulle metode van protes goed nie, maar… Hulle het ‘n punt beet. Uber taxi bestuurders het nie nodig om ‘n publieke vervoer lisensie te hê nie. Hulle voertuie word nie oor dieselfde kam as metertaxis geskeer nie. Ek stem saam dat die speelveld meergelyk moet wees.

Pierre ·

Hierdie aksies is ‘n mags vertoon en oefeninge wat plaasvind , die feit dat ons polisie en provinsiale verkeers polisie nie sulke situasies kan ontlont of beheer nie , is n duidelike bewys van die onregeerbaarheid , onbevoegdheid wat heers in ons land en dit gaan nie verbeter nie .

Skim ·

Dit is twak. Volgens my kennis moet Uberdrywers ‘n lisensie he en hulle moet geregistreer wees, tensy dit net vir die Blankes geld wat daarvoor aansoek doen. Vriende van ons se pa het nou aansoek gedoen en hy is op ‘n lang waglys geplaas. Juis omdat die registrasies van die ander nog afgehandel moet word en omdat hy ‘n ‘publieke vervoer’ lisensie moet bekom. Hierdie ouens lieg ook nog.

Freud ·

Die enigste positiewe ding wat ek hier sien is dat die mense in die stad kan ry sonder om te bekommer oor taxis wat oor rooi ligte gaan jaag. As almal die paaie blok maak hulle ook nie geld nie. Dit moet iets se van die denkwyses van die mense. Hierdie land sink vinnig eerder as stadig.

Yolandi ·

As dit nou “oefening” is, wil ek graag hoor, waarvoor “oefen” hulle? Oefen hulle dalk vir die “grootste staking in Johannesburg wat die land al ooit gesien het” sooswat Siener v Rensburg gesien het? Ek vra maar net.

Ruby ·

Al is metertaxi’s gratis sal ek eerder betaal en van Uber gebruik maak. Hulle arrogansie en onbeskofdheid staan my nie aan nie.

Uber bestuurders is ordentlik, hou by die padreëls en die motors is superskoon.

riana ·

nee hulle wil he ons moet saam hulle ry en dood gaan een vir een soos wat hulle bestuur dan sal hulle happy wees. of indruk voor n mens soos hulle wil sorry ek gee hulle nie daardie kans in die dag nie. hulle wil mos alleen reg he en hulle is te lui om te werk dan moet die ander die land ook uit. ek is so moeg vir hierdie land se stakings en moored mens kan nie so aangaan nie.

Emily ·

Ja nee die gemors, Ek het baie van die gewone taxis gebruik vanaf die stasie tot by my huis R200 vir minder as 5km, Uber vra n gemaklike tarief, daar is tans ook n ander taxi maatskappy wat ek gereeld gebruik, pryse omtrent dieselfde as Uber.
Die land is n SIRKUS.

ken van benoni ·

Die hele ou spul is maar net minderwaardig, hulle redeneer anders dan die normale opgevoede mense!

Afrikaanse Knaap ·

Dit en, hulle kom weg met moord op die paaie. JMPD doen niks aan hulle nie, want hulle is bang vir hulle.

Remona Swanepoel ·

Was ook vas in die verkeer op R24 vanoggend 5.30. Daar gesit tot 6.15. Iemand agter ons en helpers het toe die draad heining wat die hoofweg van n sy straat skei platgedruk en ons kon daardeur om agter strate te gebruik. Ons woon naby die hoofweg. Dit was chaos. Sal loop voor ek in n “ama krokke-krokke” klim.

Marietjie ·

Ek was ook van daai wat vanoggend in die verkeer gesit het. Na 3ure is dit nie meer lekker om nog in jou kar te wees nie, waar jy al kon gewerk het. Ek het die mense om my dop gehou en party se armswaai het alles verklaar – hulle was kwaad.

BuMbLe B ·

Ag ja , net nog iets om oor te staak – net nog iets om ALMAL van ALLES te ontwrig , want dinge gaan mos nie hulle “way” nie ….

Trudie Erasmus ·

En die polisie en metropoliesie doen NIKS!!! Staan en kyk want hoekom? Meeste taxis behoort aan hulle so laat hulle dit maar toe. SKOKKEND!! Om te dink ons het nie eers meer ‘n polisiemag waarop ons kan staatmaak nie. My skoonseun ry gewoonlik 15 min werk toe, ons bly sommer naby die lushawe. Hy het 3 ure gery vanoggend!

Eben Kitching ·

Die hoofpunt is dat jy nie moet toelaat dat skelms en korrupte amptenare die land moet regeer nie. Niks goed kan bestaan of ontstaan uit skelm streke en korrupte regering nie. Mense het tot nou toe skelms ondersteun en dit sal aanhou tot ons land totaal verval het voordat mense sak besef dat skelm streke nie werk nie. Ons sal nog deur baie baie pyn en lyding moet gaan voor dinge gaan begin regkom.. Ek kan maar net vra dat ons moet saam werk en nie ‘n teelaarde skep vir die skelm hulle geensins finansieel te ondersteun nie. Ons moet vegin by ons eie mense en mekaar te ondersteun deur dik en dun. Ons moet ons menswaardigheid en menslikheud behou.

Christa ·

Dit was nou die plaaslike regering se goue geleentheid om ‘n MASSA geld te maak as hulle elke voertuig wat onwettig opgetree het van die pad verwyder het en geskud het. Voordat die voertuig teruggekry kon word sou die eienaar eers ‘n boete moes betaal. Maar hulle is meer geinteresseerd boetes en tolgelde!!

Dan ·

Anargie! Yolandi, nee ons mense weet nie waarvoor die stakers oefen nie, want hulle WIL nie weet nie. Hulle dink en hoop dit is ‘n klomp bog. Sit lekker in hul huistronke voor die TV en ontspan met hulle blinde oë.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.