Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap het Donderdag laat hoor dat inwoners in Port Elizabeth en omliggende gebiede van dié stad gereed kan maak vir minstens een dag dié naweek sonder water.
Kupido Baron, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê dat die watertoevoer Sondag omstreeks 06:00 afgeskakel sal word by die Gelvendale-reservoirs om herstelwerk aan die 700 mm-pypleiding te doen. Die pyp is glo beskadig.
Die omgewings wat geraak sal word, is:
Helenvale
Algoapark
Kwaford
Gelvandale
Zwide
Dora Nginza-hospitaal
Kwazakhele
Veeplaas
Govan Mbeki-nedersetting
Soweto on Sea
Qaqawuli
MK Silvertown
Dele van New Brighton
Dele van Deal Party
Baron het gesê om die uitwerking van die herstelwerk te verminder sal die munisipaliteit watertenkwaens by die volgende plekke vestig:
Dora Nginza-hospitaal
Kwazakhele-daghospitaal
Hoek van Njoli- en Mavusoweg
Pieter Rademeyer-saal, Algoapark
Hoek van Dykeweg en Whyteleafrylaan
Gelvandale Stadion
Hoek van Springbok- en Bellweg
Govan Mbeki-nedersetting
Dit is in dié stadium onduidelik presies hoe lank daar nie water beskikbaar sal wees nie. Inwoners kan egter deurentyd die munisipaliteit se sosialemediaplatforms dophou vir gereelde bywerkings oor die situasie.