Talle personeel, leraars afgelê by NG Moreleta

Foto: Google streetview.

Die NG gemeente Moreletapark in Pretoria het talle van sy personeel afgelê.

Die kerk het met ʼn afleggingsproses begin waarvolgens 19 personeellede, onder wie drie leraars, afgelê word. Volgens Pieter Breytenbach, bedryfshoof en gemeentebestuurder, is die personeel op 1 Augustus van die herstrukturering in kennis gestel en die gemeente die daaropvolgende Sondag.

Die personeellede werk Oktober hul kennismaand. “Ons het na ons bedieningsmodel gaan kyk en dit aangepas. Ons het daarvolgens die afleggings gedoen. Dit is nie net sekere posvlakke wat deur dié afleggings geraak word nie,” het Breytenbach gesê.

Volgens Breytenbach het die kerk deurentyd oop kaarte gespeel met die personeel en is hulle heeltyd ingelig oor nuwe verwikkelinge. “Dit is nie net vir die mense wat afgelê word baie sleg nie, dit is vir dié wat agterbly ook baie sleg, ons het steeds met hulle kontak. Dis soos met enigiemand wat deur trauma gaan, daar is verskillende fases.”

ʼn Vergadering word luidens die kerk se webwerf direk ná die erediens gehou op 15 Oktober. Volgens Breytenbach sal die vergadering gebruik word om vrae van die gemeente te beantwoord en die pad vorentoe sowel as die nuwe bedieningsmodel te bespreek.

“Dit is vir ons belangrik om deursigtig en tydig met kommunikasie te bly. Verskeie prosesse maak deel uit van die herstruktureringsproses. Tans is die personeel- en leraarsposte gefinaliseer. Nie een leraar of personeellid is onaangeraak in hierdie tyd nie. Die proses van ons gemeente se eksterne vennote is in finale fase,” lui die verklaring op hul webwerf.

Die herstrukturering is volgens Breytenbach weens afnemende lidmaatskapgetalle en die algemene swak ekonomie. Volgens hom is daar tans tussen 7 000 en 8 000 aktiewe lidmate in die gemeente.

“Ons inkomste het oor die afgelope paar jaar gestabiliseer, maar dit raak ʼn probleem as jou inkomste stabiel bly maar jou uitgawes styg.”

Hy het ontken dat die Afrikaans is Groot-konserte, wat vir jare by die kerk gehou is en voortaan by die nuwe Time Square Arena by die Menlyn Maine-winkelsentrum aangebied word, enigiets met die afleggings te doen het. “Daar was nie ʼn winsmotief daarmee nie, dit was deel van dienslewering aan die gemeenskap.”

“As ons ʼn keuse gehad het, sou ons dit nooit gedoen het nie. Maar as jy in so ʼn situasie beland, moet jy dit hanteer,” het Breytenbach oor die afleggings gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Christa ·

Ja….en die wat nie geraak word deur die afleggings nie is seker die hoogsbetaalde personeel en leraars in die gemeente.
Die gemeente word ook seker soos soveel ander gemeentes ñ familie besigheid.

Hartseer ·

Presies wat ek wou sê. Hierdie kerk is ‘n besigheid – al vir jare. Die handvol keer wat ek dienste bygewoon het, was finansies altyd ‘n onderliggende tema in die BOODSKAP. Seker net my “geluk”.

Corrie van wyk ·

Ek verstaan nie dis die huis van onse vader daar word handel gedryf op n sondag als gaan oor geld die grootste sonde op aarde hoop die Here vergewe hule

Jean ·

JA CHRISTA, mense leef steeds in ontkenning, dis nie die enigste kerk waar familie en vriende op ‘n groot skaal aangestel en onderhou word nie. Daar is ‘n ander megagemeente wat so te se aan die Pastoor en sy familie behoort en sy hele familie werk daar, met reuse salarisse. So twee jaar gelede is daar ook ‘n paar pastore en werknemers afgele ,maar dit het TOEVALLIG nie die pastoor se familie geraak nie. Die waarheid kom altyd uit, maar mense ONTKEN dit steeds soos hulle in die Rooms Katolieke kerke al die jare die wreedhede en misbruik misgekyk het want dit is ”n man van God’.

Anton Redelinghuys ·

Daardie aand kom sy dissipels na hom toe en sê: ‘Dit is al laat, en dit is ’n eensame plek. Stuur die mense weg sodat hulle vir hulle in die dorpies hier naby kos kan koop.’

‘Hulle hoef nie te gaan nie’, antwoord Jesus. ‘Gee julle vir hulle iets om te eet.’ Jesus draai na Filippus toe en vra: ‘Waar kan ons genoeg kos koop om vir al hierdie mense kos te gee?’

‘Dit sal vreeslik baie geld kos om genoeg te koop sodat elkeen net ’n bietjie kan kry’, antwoord Filippus. Andreʹas sê: ‘Hierdie seun, wat ons kos dra, het vyf brode en twee visse. Maar dit sal nie naastenby genoeg wees vir al hierdie mense nie.’

‘Sê vir die mense om op die gras te gaan sit’, sê Jesus. Dan sê hy vir God dankie vir die kos en begin hy om dit in stukke te breek. Daarna gee die dissipels die brood en vis vir al die mense. Daar is 5 000 mans, en ook nog duisende vroue en kinders. Hulle eet almal totdat hulle genoeg gehad het. En wanneer die dissipels die kos optel wat oorgebly het, is daar 12 mandjies vol!

Eish ·

Johannes 2:13 -16
Terwyl ons so aan die lees is. Ek was twee keer in my lewe daar en elke keer het die teks lewend geword.
” En Hy het n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uit gedrywe, ook die skape en beste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
… En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader n handelshuis maak nie.”

Hennie ·

Anton Redelinghuys. Die2 visse is die ou en nuwe Testament die 5 brode stel die pentateug voor en die 12 maandjies die 12 stamme van Israel. Dis die beeld spraak.

Eish ·

Hennie,
Ek is sommer trots op jou man! Baie Baie fyn ou maat!
5 plus 2 is ook die Volmaakte getal 7!

Speedguard ·

Money,money ,money ,its a rich mans world!! Sterkte vir die wat afgele word, dit is werklik BAIE moeilik hier buite !! Pslm 102:7 !!

Eish ·

Die pompkamer van die NGK!
Ek voel die verarming van ons volkie lankal aan, maar die mediadekking aan superluukse aftree-oorde, hoe om jou aftrede te bestuur artikels en super duur huise stroom uit die media asof niks fout is nie. Diè kraak bewys dat daar n hengse skroef los is. Die meerderheid kry swaar. Selfsug neem toe aangesien dit die paspoort tot oorlewing geraak het in die plek.
Hawens van laaste hoop word al hoe dringender ten einde te oorleef met waardigheid. Dit, is ons uitdaging. My innige simpatie met diegene wat geraak gaan word deur die afleggings, maar die plek is soos n besigheid bedryf en gevolglik geld besigheidsreëls.
Ek gaan my tog verstout om tog te sê dat die NGK se irrevantheid baie te doen het met die liberale denkwyses wat met soveel passie mee omgegaan word en vervreemding van die Woord in sy dogma.
Nou kan jul my maar kruisig.

Anton Redelinghuys ·

Ek hoor jou. Wanneer ons herders weer geroep is en nie noodwendig ń universiteitsgraad moet verwerf om die Woord te verkondig nie. Wanneer ons herders verstaan dat ń kerk nie ń gebou is nie maar mense. Wanneer mense besef wat die woord gemeente regtig behoort te beteken. ń Gemeenskap. MENSE van dieselfde gemeenskap. Waar die wat het deel met die wat nie het nie. Dit beteken nie noodwendig om die hoofleraar se vakansies te betaal nie. So ek sal myself weerhou van enige verdere kommentaar. Dit gesê dink ek as almal in daai kerk daar was vir die Here het almal saam ń salarisverlaging gedoen in plaas van wat ek hier lees.,So leef ons vir die wereld en al sy verleidings.

Skande ·

Ek het altyd met my fiets kerk toe gery en my kollekte betaal en toe op n Sondag more, wat skets my verbasing, die dominee kom aangery in n splinternuwe Merzedes Benz.
Die kerk het my nooit meer gesien nie aangesien alles in die kerk om geld draai en niks anders nie.

Sann ·

Mag ons tog maar uit mekaar se foute leer, voordat dit heeltemal te laat is.

Lollie ·

Ja nee, klink vir my ook eerder na ń besigheid as ń kerk. In die eerste plek moet die woord van God nie verkondig word teen betaling nie. Het God of sy dissipels dit gedoen en dan ń loon daarvoor ontvang? Ek glo ook dat jy nie iewers moet gaan leer om dit te doen nie maar dat God jou die kennis sal gee om dit te doen. Baie gaan my seker ook stenig vir my siening maar gelukkig verskil almal se siening en is almal vry om sy opinie te gee. Meeste kerke gaan oor geld en politiek, het nie meer ń saak met jou siel nie! Nee wat, omdat die kerk soos ń besigheid werk sal hy nie lank staan nie maar vou soos vele besighede vandag. Indien die kerk daar is vir die geestelike kant vir elke lidmaat se siel, sal God in beheer wees en sal hy staande bly. Jammer ….. net my opinie.

Eish ·

Lollie, jy weet nie hoe reg jy is nie. ” Die jakkalse het gate en die voèls van die hemel het neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy kop kan neerlê nie.”

engee ·

AI Lollie jy is soooo reg!
En, ek vermoed, baie lidmate het al die pad gevat,agv die NG kerk se liberalisme.
Al die kommentare hier is vir my hartroerend waar. WAT word van die grootste Afrikaanse kerk in SA?

Lorette ·

Lollie, volgens jou moet die Woord vam God nie teen betaling verkondig word nie. As dit die geval is, waar moet ons gesin dan kos en klere kry en waarmee betaal ons skoolgeld en moet ons kerk toe loop en hoe moet my man hospitaal en siekebesoek doen? Vra maar net?

Marisa ·

Predikantwees is ‘n voltydse werk, en die predikant moet betaal word. Dit is nou as hy sy werk doen soos dit gedoen behoort te word – huisbesoek, berading, ens. Nie net ‘n preek of twee in die week voorberei nie. Maar dan moet hy tenminste deur sy gemeente onderhou word. Na my mening moet hy genoeg betaal word om soos die gemiddelde mens te leef – en die gemiddelde mens ry nie in ‘n blink Mercedes rond nie. M.a.w. sy liefde God en vir sy naaste is wat ooglopend duidelik moet wees. So sal gemeentelede weer sonder teesinnigheid hulle tiendes betaal.

Pastoor ·

Eks in die bediening en werk ook nog. Die kerk moet gaan oor die siele. Vergeet die geld. Preek die Hemel vol. Daars n vers il. Die een predikerhet net n job en n pay. Die ander een n roeping

Jannie Muller ·

Pastoor, Se jy dat die predikante in NG Moreletapark net agter die geld aan is? Nie ‘n roeping het nie? Jinne. ek het baie van hulle al ontmoet en ek was geinspireerd oor lief hulle die Here het.
Jammer, maar dalk moet jy nie so vining oordeel en verlekker wanneer die Bruid van Chirstus ‘n terugslag beleef nie. Want, glo dit of nie…. Die NG Kerk is deel van daardie liggaam waavan jy seker ook is.

John ·

Die Merc’s is nog niks. Die dominees uitgevat in mod-klere tot brille wat een woord uit die Bybel steel om dan ‘n sielkundige lesing te gee tussendeur toiende selfbeheptes jonges se shows wat hoop om die tv te haal, is sowaar pynlik om te beleef.

LV ·

Stem saam,ek bekyk hulle so op hul tv shows,gedress vir die okkasie!

Andre Traut ·

Daar’s hy, raak die bankrekening nou bietjie leeg? Het hierdie instansie nog altyd as n besigheid beskou en nie as n kerk nie.

Jannie Muller ·

Hoeso?
Ek was geinspireer deur hul prediking, hul uitreik na buite, en die groot komponent van hul inkomste wat na buite gestuur is.
Volgens my was hul harte vierkantig agter die uitbou van die Koningkryk van God.

HPV ·

Predikante mag seker ook soos van die gemeentelede duur motors besit. Ek sien geen rede dat hulle armoedig moet leef of voorgee dat hulle so leef nie.

engee ·

NEE HPV, dis nie wat die Bybel se nie. Hul MOET NEDERIG leef. Daar moet in hul lewensbehoefes voorsien word ja, maar hulle gaan te ver met dit.
Mammon die geldgod het oorgevat in meeste kerke.

Lukie Carelsen ·

Dis baie jammer dat mense nou negatiewe en veroordelende kommentaar lewer oor Moreletapark NG gemeente nadat die kerk mense afgele het. Dis ‘n feit dat kerke ook in finansieele moelikheid kan kom. Om die kerk nou te beskuldig van allerhande onwaarhede en selfs stellings te maak dat sommige leraars duur motors besit is na my mening skandalig. Hierdie kerk het so baie gedoen en beteken vir die samelewing en hul area. Ek is nie ‘n lidmaat vd spesifieke kerk nie maar ek glo hulle doen alles ten goede. Sterkte aan die mense wat hulle werk verloor het. Dis baie jammer wat gebeur het maar God is in beheer, en ek glo Hy sal verseker deure oopsluit vir almal!

Phillie ·

Lukie.
Die geskiedenis/oplewing van Moreleta het begin in ‘n “klein” kerk in Moreletapark. Waar God’s kinders ‘n Rehma (ook lofsing en aanbidding wat voorheen beskore was vir ons happy clappies, ongekend in NG kerke) beleef het
Maar ipv aanhou met die “basics” moes daar pap geskep word. Die rhema het preke geword en NG retoriek van bydraes deel daarvan.
Dit was heel duidelik met eerste Idols konsert dat ‘n ongelooflike uitreik ‘n besigheid word . Waar op aarde het ‘n kerk ‘n bedryfshoof (sover ek weet net besighede waar bedryfshoof moet sorg vir wins)
Met my opstand daarteen was gesê dit is nie in kerk nie maar in ouditorium. Wonder dan is ouditorium by kerk nie deel van kerk nie of is dit die besigheid’s vleuel.
AIG konserte” haalaan was nie ‘n winsmotief nie haalaf ” wonder dan was ouditorium te klein of te duur om elders te gaan ?
Dink dus jou afkeur teenoor ons opregte kritiek onregverdig.

Abie ·

Personeel word afgelê streng volgens arbeidwetgewing, bla bla bla. Wat daarna van hulle word, who cares?
Geboue se versekering, instandhoudingfonds, noodfonds ens, dit wat aards is word beskerm vir die dag van more en en en. My vraag is waar pas geloof in, of is hierdie saak ook in geloof gedoen. Die sinodes swem in die geld terwyl gemeentes sink, ryk gemeentes ontslaan eerder, wat van geloof of is geloof nie vantoepassing op geld en bates nie. So gaan hulle hulself bankrot spaar. Siek.

kmf ·

Dis moeilike tye, ons dink aan julle, ek bid dat die Here se wil sal geskied

Jannie Muller ·

Ai tog. soveel doemprofete.
Ek was baie jare in Moreletpark, en as ek nog in PTa was, was ek nog in Moreletapark.
Hul visie was opreg en hul harte op die regte plek.
Ek het nooit die idee gekry dat alles oor geld gaan nie. As dit dan het, hoekom het hul hul vorige gebou vir ‘n ander kerk geskenk?
Skaam julle.

En aan almal in Moreletapark…
Mag ons Koning jul leiding gee in hierdie moeilike tye. En ons Glo dat Hy die uitkoms sal gee. En aan die wat afgele word, is my gebed dat ons Koning vir jul en jul families sal sorg.

Saarkie ·

Jannie Muller, jy gee self die antwoord lê in jou woorde naamlik “was”, want die kerk is lankal by “was” verby. Iewers moes diegene wat klatergoud nastreef hul vlerke skroei, ongelukkig tot nadeel van die gemeentelede wat hard gewerk het om die “katedraal” wat miljoene gekos het om te bou, daar te stel. Ons weet mos almal dat Moreletapark die droom van Dirkie van der Spuy was en hy het hemele versit om daardie droom ‘n werklikheid te maak. Rand vir rand het hy uit die gemeente uit gebid, nou is daardie droom besig om in ‘n nagmerri te ontaard ……..

Christo ·

Sou jy dink die kerk (kleinletter) is sonder foute, dan maak jy ‘n groot fout. Die Kerk (hoofletter) is ‘n goddelike installing om die beeld van Jesus op aarde te wees. Die Ng kerk is net soos ander kerke (almal kleinletters) groeperinge wat uiting aan die Kerk wil gee. As gebroke mense is dit logies dat die kerk nooit perfek sal wees nie. Meeste kommentaar hierbo word skynbaar deur perfekte mense gemaak. Nydigheid teen enige kerk groepering gaan nie jou baat nie. Kyk na jouself en maak seker in jou hart of jy wel in ‘n posissie is om te oordeel. Wat is jou bydrae tot jou kerk en hoe bou jy die Kerk van Jesus hier op aarde. Sterkte aan almal by Moreleta Park.

Han ·

Jannie Muller, Christo en pbotha, ek stem saam met julle kommentaar. Mense kan tog so giftig en veroordelend wees. Bid liewer vir Moreleta gemeente, dat God sal voorsien.

pbotha ·

Ons sal eendag almal voor die troon staan en moet verduidelik hoekom ons nie vir Sy kerk gebid het in hierdie slegte tye nie. Baie mense is vinnig om sy kerk in die media te verguis. Raak vanaand stil voor jy slaap en dink mooi of jou opmerkings hierbo God se Ryk gebou of afgebreek het. As jy dink dit was opbouend is jy skynheilig.

Alle kerke is vandag besighede. Dink jy sending en evangelisasie aksies is kosteloos. Dink jy kategese lokale rys oornag soos mierneste op? Dink jy kerke het nie water en kragrekeninge nie? Jammer..dus juis jou naiwiteit en moontlik jou verwydering van die kerk wat jou opmerkings laat maak soos hierbo. Herbesin weer oor jou uitlatings…bid eerder vir die NG Kerk soos ek as lidmaat elke aand bid vir alle kerke van Xr in die wereld

Toy ·

Onthou ook een ding daardie dominees het ook universiteit toe gegaan soos enige ander mens wat universiteit toe gaan om n argitek, prokureur, dokter voor gaan leer het. So hy is ook geregtig op n salaris hul werk net so hard soos enige ander mens in n professionele beroep. Di ds met di Merc kon geld ge-erf het. Moet almal wat in di prediking is dan soos n boemelaars aantrek en met fietse ry. Ek het ni n duur kar ni maar nou moet ek hom oordeel omdat hy een ry. Ag nee man.

WL ·

Dit was altyd…. NG… NG…NG… nou is dit… en vat en vat en vat….

Eddie de Jager ·

Ek vind dit kommerwekkend dat hierdie storie hoegenaamd ‘n media platform gehaal het. Dan is daar diegene wat hulle verlustig in dié stand van sake en lief en leed van mede gelowiges! Ek pleit by die wat glo om nie ons mede broers en susters in ons Vader af te kraak tot ‘n wêreldse entiteit nie. Kom ons tree in gebed en dra ons mede gelowiges op aan ons Vader. As jy nie ‘kerk’ toe gaan nie om een of ander rede pleit ek by jou om net aan te hou glo. Jou kwessie is eerder met mense as die instelling wat ons ‘kerk’ noem. Terloops, ek is nie ‘n lid van NGK Moreleta nie ek is gelowig en dien in ‘n ander geestelike familie. Wat ek wel weet is dat dié gemeente ‘n informele gemeenskap bedien, en nog steeds ‘n verskil in duisende mense se lewens maak. Wie dink jy is jy om ‘n klip te gooi? Nagedagte: As jy ooit ‘n finansiële bydra maak aan ‘n geestelike instansie en jou hart is verhard daaroor, weerhou jou bydrae. As jy swartgallig of geregverdig voel oor wat met hierdie gemeente gebeur en jy is gelowig moet asseblief nie nagmaal gebruik nie, versoen jou hart eers met God en kom op ‘n plek van vrede en oorwinning. Jesus het gesterf vir ons sondes destemeer moet ons mekaar dra in gebed en liefde. Kom mede gelowiges laat gaan jou ego en staan vir Jesus ons Here.

Besluiteloos ·

Om besluiteloos te staan oor ‘gays’ en die Belhar-storie kos na my mening ook lidmate. Waar het jy gesien dat dit gelos word vir gemeentes om self te besluit? Ja, ek is ook lidmaat van die NH Kerk.

Lydia Botha ·

Die kerk het n speelplek vir die rykes geword. Doktors…Predikante verryk hulself. En hul mis eenvoudige opdragte. Wees lief vir mekaar… Bid vir mekaar…. Sien om na mekaar se welsyn…. Geld en politiek speel n rol. Die kerk bEhoort n veilige hawe te wees……. Kyk maar na die doktors soos Isak Burger wat homself verryk het ten koste van die kerk wat hy in geglo het…. Hul laat hom toe in Moreleta? Miskien omdat hy alreeds sy siening van voorspoeds teologie afgesmeer het!, sterkte want as die kerk met jou klaar is……. Spoeg hul jou uit

Han ·

Sjoe Lydia, jy maak gevaarlike uitlatings oor dr. Isak Burger! Kan jy dit bewys? Is dít hoe jy jou Christenskap uitleef? Ek sidder!

Tonie ·

Die NG kerk, sal ook soos die Nasionale Party, eendag net ophou bestaan, so ook vele ander kerkgroepe. 90% van die instansies word as besighede bedryf en een of twee amptenare pocket al die geld. Die res werk hulle dood om die geld in te vorder, dikwels onder groot druk. Net bly ek is nie meer deel van die sirkus nie!
Gemeentes word oor die algemeen gemeet aan hulle finansieele welstand en nie die geestelike welstand nie.

Lukie Carelsen ·

Mense, die kerk bloei en stort trane oor wat besig is om te gebeur. Dit is vir die bestuur vd kerk vreeslik moeilik, pynvol en hartseer. Hulle het dit die situasie baie christelik en volgens dit wet hanteer. Maar glo my as hulle die beker kon laat verbygaan het, sou hulle. Moreletapark NG gemeente het derduisende mense se lewens verryk in S.A. en sal voortgaan om dit te doen. Kom ons staan by hulle en by die mense wat afgele is. Kom ons bid vir hulle. God is in beheer en kan vir elkeen van die afgelegdes ‘n beter deur laat oopgaan. Nou is nie die tyd om hierdie wonderlike gemeente te kritiseer nie. Terloops, soos ek reeds gese het, ek is nie ‘n gementelid van Moreletapark nie maar is deeglik bewus van die leidende rol wat hul in S.A. speel. God gebruik Moreletapark NG gemeente kragdadiglik landswyd en is in beheer vd situasie. Prys Sy Naam!

Verstom ·

Al wat ek kan se is OH MY WORD!! DIE BELAGLIKE COMMENTS van julle almal is totaal ieta om van te lag!!! Dit gaan glad nie oor om nou hulle te oordeel oor of die kerk n geldmaak storie is, wie Merc’s ry en of daai dominees roepings het of nie!!! Komaan mense!!! Daai kerk , soos enige kerk staan op grond, n erf, wat belasting het, onderhoud, n munisipale krag en water rekening kry elke maand (ja julle gebruik hul badkamers en toilette op naweke..hoeveel keer trek iemand daai toilet elke sondag???)
Ja n dominee is ook n man wat moet eet en oorleef en iewers moet woon en tog seker n vrou en kinders moet he?? Wie gaan vir hom sorg? Gaan jy of jy of jy vir hom blyplek gee en vir hom sorg en sy mediese rekeninge betaal? Ja ek praat met elkeen van julle!! Julle elkeen het baie tese hier…tiepies van mense..vinnig om te babbel en te oordeel … hoeveel moeite is dit van elkeen van julle om op n sondag ‘n R5 coin of n R10 of R20 of watookal in daai mandjie tesit. Hoeveel dink julle kos al daau werknemers van die kerk se skrapse salarisse? Tel als bymekaar toe!! Plaas die gemeenskap bymekaar staan en die kerk help en saam staan om die kerk daar tehou VIR JULLE.. staan julle eerder eenkant soos n klomp skape en wys vinger. Pateties regtig

Phillis Britz ·

Dinge gebeur wanneer die nie meer oor God gaan nie. Als gaan lot die grootte van die kerk en hoeveel gemeente lede daar is. Kerke se deure maak toe wanneer gemeente lede afneem. In ander lande waar werklik honger is na God se woord word kerk gehou al sit daar net ses mense. Predikante leef lekker terwyl daar honger gemeente lede is. Denominasies is nie Bybels nie. Kerke het besighede geword en focus verloor . Haal jy God uit jou besigheid gaan jou besigheid sink.

Susan VL ·

Terwyl jy met ń sambok in die hand staan sal jy altyd ń sondebok kry om te veroordeel en om te slaan . Sterkte aan elkeen by Moreletta gemeente. Ons Vader sal hoor by julle aanroep. AMEN

Johan Venter ·

Indien hulle regtig n inkomste probleem het, waarom verander hulle nie die gebou na n ysskaatsbaan nie, Tenminste sal die bywooning groter wees, die wat dit sal geniet om daar te wees sal meer wees as die wat kla oor dit.

Riena ·

Met geld of sonder geld…. sonder kinders kan `n kerk nie groei nie….. nie uit eie geledere nie. So ek kyk altyd of die kinders meer as volwassenes is , soos dit behoort te wees, voor ek my opinie gee oor die toestand van `n betrokke kerk.

GAB ·

8000 lidmate is baie mense om te besoek. Ek verstaan die hoeveelheid personeel nodig daarvoor. Dink n bietjie mooi, as dit een gebou was vir 1000 lidmate het jy een predikant. Hier het hulle een gebou 8 maal die mense, dus regverdig dit die leeraars in daai kerk. Ek stem ook saam dat daar nie handel gedryf moet word in die huis van die Here nie, maar kyk vir nou eers verby dit na die regverdigheid van die situasie mense. Daai predikante gaan dalk nou na ander gemeentes toe en sal seker vir 800 na 1000 mense siel kos gee. Finansies daar is ook maar dieselfde. Daar is nie nou geld nie, dus dink aan die regverdigheid en hou op oordeel. Die Here alleen mag dit doen. Ons is net nietige mense.

anton ·

Maar niemand vra die vraag…….Hoekom loop die NG Kerk leeg nie???
En ek praat nie van net een nie maar regoor die land.
Ek kan n paar redes hier opnoem maar glo nie dit sal geplaas word nie want die waarheid mag nie meer vandag se tyd genoem word nie.
Eending wat ek wel wil noem is dat n kerk en politiek, nie saam kan loop nie.
En as n Kerk nie meer tussen reg en verkeerd kan onderskei nie, is die skrif teen die muur!!!

Ben ·

Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi. Ek is nie deel van hierdie gemeente nie maar elke keer as ‘n kerk, afgesien van die denominasie of kerkverband, iewers ‘n terugslag kry, wen die duiwel nog grondgebied. Ek is dankbaar dat hier soveel heiliges is as ek deur die kommentare lees. Julle hou sekerlik dan God se kerk in stand. Kom gooi asseblief julle klippe. Die Bybel leer ons dat ons mekaar se laste moet dra. As elkeen net die dominees, pastore en sendelinge in gebed wil opdra sal dit baie beter gaan in ons land. Ons kleinlikheid is ons ondergang.

Ebs ·

Ek is ,n arm mens en het 5+ plus jaar gelede geld vir die kerk gegee. Eerstens kan ek nie geld vir ‘n kerk gee as daardie mense wat daar werk luukser as ek lewe nie. Tweedens het ek in die verlede groot bydraes tot die kerk gemaak. Toe ek siek raak en my werk verloor toe stel die gemeente geensins meer in my as mens belang nie. Mense moet eerstens die geld wat hulle vir die kerk gee eerder gebruik om voorsiening te maak vir die dag wanneer hulle hul werk verloor. Ek het ook tot die slotsom gekom dat alles in die kerk gaan oor die invordering van geld. As jy geld invorder of bydrae lewer is jy als. Sodra jy dit nie meer kan doen nie is jy ‘n niks. Ek het toe duidelik die boodskap gekry dat niemand in die kerk ooit ander bystaan en help soos dit in die Bybel staan nie. Die kerk sal eerder die in die plakkers gebied help as vir jou wat bygedra het tot die kerk. Dit is nou basta met die pasta en ek sit by my huis en luister na eredienste.

Stephan ·

Ek stem heelhartig saam Die ergste kom nog Politiese korektheid teen God se wil. Hy wat sy kinders die kop gemaak het en nie die stert nie so die einde in sig vir alle NG kerke

Jaco ·

Dit is vreeslik jammer. Ons kan maar net bid vir die afgelegde personeel en predikante! Alhoewel ek glo dat die senior personeel gerus hulle salarisse kan sny. Ek kan myself net verbeel wat hulle verdien per maand, aangesien een van die junior leeraars R40,000+ pm verdien het.

Riena ·

As daar tien gesinne bymekaar kom en elkeen gee sy tiende getrou soos hy behoort dan kan hulle een leraar bekostig wat dieselfde gemiddelde inkomste van sy `gemeente` ontvang. En ek is seker hy sal sy lewe vir hulle elkeen gee deur hom persoonlik te versorg deur die Woord.
En as elke gesin tien kinders kry kan daar in die volgende geslag `n honderd lidmate opstaan wat getrou bydra vir nog getroue bedienaars van die Woord. Die Kerk kan weer sterk word in geloof en getalle gewoon deur harde werk. Hierdie beginsel ontgaan die meeste leraars.

phillip ·

Ek is self n Pastoor en werk voltyds. dit is nie lekker nie. ek kan nie by mense wat my nodig het uitkom nie want ek werk. ek wil graag seminare bywoon maar ek werk, wil baie graag manne ontbyte bywoon maar ek kan nie ek werk. in die aande is ek moeg gewerk en dan moet ek ry vir n dringende hospitaal besoek, of iemand gaan by staan, begrafnisse moet ek verlof neem as dit in die week is. ek moet na ure help met berading want ek kom eers na 6 by huis na werk. dan het ek nog nie geeet nie. om vir n baas te werk terwyl jou roeping in jou hart brand is amper soos sielsmoord. as ek bietjie navorsing doen oor iets by werk want ek kan nie by my huis wat ek huur internet bekostig vir brwosing nie voel ek so skuldig want ek bgebruik werkstyd, dan gun niemand jou om n goeie leefbare salaris te mag ontvang jou huis is gedek jou uitgawes is gedek en jou kinders mag ook Iphones of bietjie mode klere dra nie, dan mag die gemeente suip en dobbel en aantrek geld maak vakansies gaan hou maar jy leraar moet arm salig en nederig wees.

phillip ·

Jesus was so ryk dat Hy n penningmeester moes aanstel wat gesteel het sonder dat hulle agter gekom het. Sterkte aan Moreletta met die groot besluit. ek sou eerder wou voorstel om hier en daar dalk fondse in te perk en miskien n paar salaris snye te neem terwill van die wat afgele word. Dis maklik op die kantlyn om te se wat moes en wat moes nie. ongelukkig is die statistiek vir tiende betalings in gemeente maar net tussen 10 en 20 persent wat sulke besluite dan dwing om te gebeur.

Jean ·

Slaan my maar, maar hierdie mega gemeentes het hulle gemeentelede begin afskeep en ‘n BESIGHEID geword. Geld het gevloei en alles het goedgegaan, duurste toerusting is aangekoop, duurste geboue gebou .. ongelukkig hou die honeymoon nie vir ewig nie. Ek is BAIE jammer vir die mense wat hulle werk verloor het .. ongelukkig is dit nie hulle wat die oorsaak van hierdie ineenkrimping was nie. Ek hoop julle vind almal weer iets wat julle ‘n inkomste, gee, ekself is ‘n Christen en ek is betrokke by ‘n kerk maar ek sien lankal dat dinge skeefloop .. ons beweeg weg van die Bybel en nader aan die geld .. Ons is gewaarsku! En almal wat vir hulle so SLIM hou en hierdie nuwe styl van kerke verdedig .. gaan KYK na die resultate .. KERKE MAAK TOE, kerke ontslaan mense .. omdat julle bly om GELD GIERIGHEID te verdedig!!

Harry ·

Vanuit al die kommentare kan die skape baie maklik van die bokke onderskei word. Die Woord bevestig dat die Herder wel vir sy skape sal sorg en dat net die opregtes van hart die Here sal sien!

Judge Dread ·

So speel jy sommer nou Regter? Judge en jury en wil jy nou die skape van die bokke onderskei? Dit is duidelik dat daar finansiele probleme by die kerk is en dat daar ‘n rede daarvoor is. Plaas dat jy eerder help om uit te vind wat die oorsaak is, is jy weer besig om skape en bokke te skei? Pasop dat jy self nie aan die verkeerde kant val met jou oordeel nie.

derick ·

Ek aanvaar dat die kerk finansies nodig het om te oorleef maar die klem op finansies het die klem op redding van siele verby gesteek.. Dit is ook goed om n mega gemeente as n “besigheid” te bedryf maar kerke moet onthou dat besighede afhanklik is van die betaalvermoë van sy kliente. Die “kliente” van die kerk wurg ekonomies en die kerk moet daarby aanpas. Ek weet van n predikant in n Vrystaatse dorpie wat preek, huisbesoek doen en gedurende die week werk om sy huis en die gemeente se pot aan die kook te hou. Hy maak self riooldreine tuis skoon om die gemeente kostes te bespaar. In my eie gemeente is besluit om wyke met omgee groepe te vervang wat myns insiens n ramp is want dis die vinnigste manier hoe n leraar agteroor sit en pligte versuim. Kerke is instellings van God en leraars , gemeente lede en werkers van die kerk moet Sy diens eerste stel.Dis hartseer om te sien hoe Moreleta afleggings moet maak. Kon almal nie saam n vermindering van pakette aanvaar het nie of kon daar nie maar gesny word aan luukshede nie . Ai, ek bid vir alle gemeentes dat daar uitkoms sal wees ook vir hulle wie nou sonder werk kan wees – soos baie van ons wat gewone lidmate is maar ook ander planne moet maak om die potte aan die kook te hou.

Anoniem ·

Ek was onlangs ‘n besoeker by ‘n spesifieke gemeente nie vêr van hierdie gemeente nie en was verstom om te sien hoeveel klank toerusting en skerms in die gebou is. Die kostes moes honderde duisende rande beloop het en ek kan nie help om te wonder waarom al hierdie dinge nodig is nie. Jesus het immers teen ‘n berghelling vir mense gepreek en elkeen het hom gehoor. Ek is heeltemal tevrede om sonder die nuutste en duurste klank toerusting en “tablets” waarop preke is en honderde duisende rande se skerms om “beter te kan sien” in ‘n kerkgebou te sit en na ‘n diens te luister. Raak ontslae van al sie tegnologiese tierlantyntjies en vergeet van al Wi-Fi, tablette ek gee nie om om my eie gesangeboek te koop en uit my eie Bybel te lees nie. ;-)

Susara ·

Soos reeds gese is, dit is nie maklik hier buite nie. Ek was lank sonder werk, ek dank die Here dat ek die afgelope paar jaar weer voltydse werk het. Die kerk / Kerk het niks daarmee te doen gehad nie, slegs my kniee, geloof, vasbyt en gedurige gebed. Ja, die kerke deesdae is ‘n besigheid. Die pastore/ predikante ens. moet ook vir hulle brood betaal. Doen jou predikants werk as ‘n roeping en werk bedags in ‘n of vir ‘n maatkskappy waar jy elk geval meer werd is as predeking jou roeping is.., ‘n voorstel. Hoekom is kerke nie NPO’s nie? Sou dit in die geval gehelp het tov van minder predikers en merc’s en afleggings? Vra maar net. Sterkte aan almal hierby betrokke wat net voor die Des seisoen met baie min gaan moet mee klaarkom; druk deur, byt vas, dit is nie maklik nie. Geen predikant gaan jou hierdeur kan help nie, slegs jy kan, jou gebed is (ook) direk aan die Here,

Oppiwater ·

Ai tog! Party v jul is só polities korrek, jul is eintlik ‘n pyn in die nek! As jul so wonderlik is, wat het jul tot op hede tot stand gebring? MORELETTA met ds. Van der Spuy aan die stuur het oor die jare goeie werk gedoen-die waarde van een siel kan nie in geld gemeet word nie. Die Here sal met die insameling van die oes bepaal watter saad goed en wat onkruid was. Jul nydigheid doen groot skade aan die werk vd Here en meeste aannames is in ieder geval ongegrond

Viljee ·

Megakerke moes nooit gewees het nie. Ons is die sout van die aarde. Vir sout om sy werk te kan doen moet dit oral deeglik gesprinkel word… nie op hope geskraap word en megakerkborde ingedruk word nie. Kom uit die kerke uit en vat die strate en plakkerskampe met kos en die Evangelie. Die nag is op ons. Volgens die sensus is daar 34-miljoen Christene in SA. Dis tyd dat ons as Christene saamstaan vir Chrisyus en vir ‘n Chrisrten party stem sodat hier in een dag ‘n nuwe regering aan bewind kan kom. Geloof en werke loop hand aan hand.

attie ·

Ek was net 2 keer in die gemeente. albei kere was daar swaar gehamer op geld. die eerste keer vir insameling van n nuwe kerk. in die nuwe kerk, om gebou en salarisse te onderhou. Hulle preek vir die wat in die kerk is en bydra oor dit wat die kerk nie kry. die leraars moet meer daar buite wees, en die mense terug lok. As jy die mense gaan besoek sal hulle kom. Net soos in baie gemeentes gepreek word oor bywoning van eredienste, tot die wat bywoon ook wegbly.

Ronnie ·

Predikante moet ook leef, daarom moet hulle salarisse kry. Bottom line. Iemand meld vanal die tegnologie in die kerk: ek daag jou uit om na iets soos “Krone” te gaan kyk. Hulle kom hees by die huis en is so opgewonde oor die woorde wat op die skem was en die lekker musiekmaarmee hulle kon saamsing. Hoe kry ons mense in ‘n kerkgebou? Woordverkondiging wat verandering in mense se lewens bring. Jou hart uitsing, tot eer van God, met goeie begeleiding (orrel, klavier, orkes, wat so terloops geld kos). Om saam jou geloofsmense te kuier om ‘n koppie koffie wat nie noodwendig uit die lug val nie. Wanneer die predikant preek, is baie vol kritiek en wil weet waar presies hy sy kennis kry? As hy gelowig is, kry hy dit by die Here en om hom te onderlê in eksegese (sodat ons almal dit kan verstaan), moet hy aanmekaar studeer, wat geld kos. Nee, regtig, as jy nie van Moreleta gehou het nie, is dit jou keuse. Maar gun hulle hulle uitreike, die feit dat dit sommige se geestelike tuiste is, dat hulle gemeente in gemak kan luister na die Woordverkondiging, dat hulle ‘n plakkerskamp presies langs die kerkgebou ondersteun. Wat doen jy om God se koninkryk uit te bou?

Johan ·

Ai mense, kom uit haar uit my volk! Los die kerk en sy leuns. Gaan bestudeer jou Bybel by die huis. Dan SL julle julle sê waarheid begin sien, vergeet eers wat hulle jou wou laat weet, en dan bid jy in nederigheid en smeek vir wysheid en waarheid. Jy sal nooit maar nooit weer terug gaan na daardie songod tempels toe nie.

Geld ·

Dis jammer dat so iets gebeur het met ‘n kerk.
Maar iets aan Moreleta het my bly pla. Als is net té … te ryk.
Die dominees preek mooi, ja. Maar ná een spesifieke aanddiens het ek besluit nooit weer nie. Die jongmense op die verhoog is net té … te veel gevoel soos ‘n rock konsert en te min na lofsang vir die Here. Daar het iets gekort.
Toe word die orrelis gefire omdat hy gay is. En toe weet ek. Hierdie kerk is nie vir my nie. Ek dink dit was die keerpunt vir Moreleta, en dis van hier af waar hulle probleme begin het.
My broer is gay. Ek was nuut in Pta. Weet julle hoe voel dit as my broer, wat ook die Here liefhet, my meem na ‘n kerk wat hy gedink het ek van sal hou, en by die deur is ‘n papier in ons hande gesit wat sê die NG Kerk hou nie van gays nie maar hulle is welkom om te kom en bekeer te word. Wat ‘n vernedring! Ek’t hom so jammer gekry. Van toe af voel ek ook nie meer welkom nie.
Toe word nog ‘n kerk gebou, groter en beter. Was dit rerig nodig? In ‘n land met so baie honger mense?
En raai wat gebeur toe? Plastic Valley word opgerig reg langs die paleis van ‘n kerk. Is dit toevallig? Of was dit dalk die Here wat vir die gemeente wou wys wie of wat eintlik belangrik is?

Saarkie ·

GAB dit is juis waar die probleem lê – Moreletapark het die nuwe tendens jare gelede gevestig dat leraars/predikante/ouderlinge/diakens nie meer die lidmate tuis besoek nie. Alles word gedoen in selgroepe, maar geen leraar kom naby die selgroep nie. Dis so erg dat lidmate wat gereeld kerk toe gaan en elke Sondag in die kerk sit (en uit die aard van die saak weet wie is elke predikant), in die week by ‘n predikant sal verbyloop in PnP en die predikant sal nie eers weet dit is ‘n lidmaat van Moreletapark nie. Die feit dat lidmate nie meer tuis besoek word nie, maak deel uit van die tendens dat mense ‘n heenkome in ander charismatiese kerke kaan soek. Wanneer jy geestelike leiding nodig het, probleme het wat voorbidding benodig, huweliksprobleme ens kan mens dit nie in ‘n selgroep bespreek nie, want weet jy dit is die teelaarde van ‘n skindernes – wat jy vanaad in die selgroep bespreek en jou hart oopmaak teenoor diegene wat veronderstel is om om te gee, word more in die strate uitgeblaker. Probeer maar ‘n afspraak maak met een van die leraars – die dagboeke is vol van alles, behalwe plek om ‘n gemeentelid in nood te woord te staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.