Talle plakkershuise in Kempton Park in brand verwoes

Foto verskaf

Ongeveer 68 plakkershuise in Pomona naby Kempton Park in Gauteng is weer in ʼn brand verwoes, het William Ntladi, distrikbestuurder vir die Ekurhuleni- ramp-en-nooddiensbestuursentrum, Vrydag gesê.

Die brand het ongeveer ʼn kilometer ver van KwaMax- informele nedersetting naby Great Northweg uitgebreek waar meer as 200 plakkershuise op 30 September 2019 in ʼn brand verwoes is. Ongeveer 900 mense is haweloos gelaat.

Ntladi het gesê ʼn onbekende getal persone is dakloos gelaat, maar geen beserings is aangemeld nie.

Brandbestryders van Ekurhuleni het Vrydagmiddag omstreeks 12:00 vinnig reageer ná ʼn bol rook opgemerk is. “Van die plakkershuise het reeds in ligte laaie gestaan en die brand het na die res van die informele nedersetting uitgebrei weens ʼn sterk wind wat gewaai het.”

Ekurhuleni-brandweer (Foto verskaf/ANA)

Agt brandweerwaens en 30 brandbestryders was op die toneel. Die brand is binne twee ure onder beheer gebring.

Veiligheidsbeamptes stel ondersoek in na die oorsaak van die brand. Volgens ʼn voorlopige ondersoek het ʼn paraffienstoof in ʼn plakkershuis ontplof, aldus Ntladi. “Die persoon, wat die paraffienstoof moes monitor, het spoorloos verdwyn.”

Ntladi het gesê dit is kommerwekkend, aangesien brandbestryders die informele nedersetting verlede week besoek het om hulle op te lei hoe om brande te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Boertjie ·

Wie doen die wiskunde 68 plakkershutte afgebrand 900 mense haweloos dis 13 per hut Goeie genade

Atta ·

@Boetjie: 2 Verskillende plakkerskampe, 2 verskillende brande, 2 verskillende datums. En skielik klop die wiskunde…

Henna Hettzog ·

Boertjie lees net die berig korrek. 30 September is daar 200 hutte afgebrand met 900 haweloos dan 4,5 per hut.

PJC ·

Hierdie brande gaan nooit ophou nie want hierdie klomp laat mos nie vir hulle voorskryf wat die regte manier is om dinge te doen nie.

Elbie ·

Gaan kyk hoe vinnig het die metro ingespring om die plakkerskamp in Great Northweg wat eerste afgebrand het, te herstel. Mooi netjies gelyk geskraap met blinknuwe sinkhutte. Dit laat my dink aan die rede vir die 2e plakkerskamp wat nie ver daarvandaan nou skielik ook afbrand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.