Talle plakkershutte in brande verwoes

Argieffoto

Sowat 40 plakkershutte het in die vroeë oggendure van Dinsdag in Gauteng afgebrand.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media gesê die brande het omstreeks 03:00 op drie verskillende plekke uitgebreek.

Sowat 20 plakkershutte het in die Alexandra-nedersetting afgebrand en 20 hutte op twee verskillende plekke in Soweto.

“Brandweerdienste kon binne sowat ʼn uur daarin slaag om die brande onder bedwang te bring,” het Mulaudzi gesê. Volgens hom is niemand tydens die voorvalle beseer of dood nie.

“Ons vermoed in dié stadium die oorsaak van die brande is verhittingstoestelle soos gasstowe. Die brand het op ʼn punt begin en so na ander hutte versprei.”

Mulaudzi het gesê die stad se rampbestuurbeamptes is besig om die geaffekteerde gesinne met byvoorbeeld kospakkies by te staan. “Indien hulle teen vanaand nog nie heenkome het nie, sal daar noodbehuising vir hulle gereël word.”

Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD) het die temperature in Johannesburg vroegoggend vriespunt bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Haibo ·

En so het die hele Knysna uitgebrand en indiwidue en organisasies moes maar help . en so brand daar nog ander dorpe daagliks uit en die regering verroer nie ‘n vinger nie – en dit is brande wat GESTIG is .. hierdie was nalatigheid .. so ja .. Wat het julle gereel vir die BOERE in Knysna wat alles verloor het? O ek het vergeet .julle sorg mos net vir EEN etniese groep in SA …

Nettie ·

@Haibo, nee wat mens, jy het dit daar verkeerd. Die 2017-Knysna brande het ontstaan a.g.v. ‘n natuurlike verskynsel: ‘n weerligstraal wat digte onderbos aan die brand gesteek het, wat dae lank gesmeul het en toe – in bergwind-omstandighede, gepaardgaande met hoë winde – ongelukkig in die dorp se rigting versprei het.

En daar was hulp – van beide plaaslike regering sowel as vrywilligers en Samaritane: vir eens het Suid-Afrikaners gewys hulle kán saamstaan as dit nodig is. Knysna is wel oppad na herstel – weliswaar sal die dorp en omstreke altyd ‘littekens’ van die groot brand oorhou, maar daar is minstens darem vordering gemaak.

Petro ·

Ek is nou nie n kenner nie maar wragtig kan die regering nie vir die mense containers kry en dit omskep in huise nie hulle maak pragtige huise van dit gee elkeen 4 containers dan kan dit omskep word in n dubbel verdieping en dan sal dit minder brande veroorsaak en dit sal baie goedkoper wees as wat die skelm vra om n huis te bou die huise is in elk geval so sleg gebou want deesdae as jy 2 stene op mekaar kan messel is jy sommer n bouer

Sê maar net ·

Waarvan praat jy, Haibo. Dis ‘n gemeenskap, mense in die dorp wat hul plekke verloor het, en ja, is seker daarvan baie het versekering, waarvoor hul self betaal het. En die wat gereël het vir hulle vir verblyf, kos en klere was mense regoor die land wat geld ingesamel het. As dit brandstigting was, soveel te meer dat hulle gehelp word. Iemand het doelbewus gesorg dat hulle plekke verwoes is. Dit beskou ek as krimineel. In hierde geval is daar altyd ander mense wat help. Daar word verseker vir hulle voorsien van verblyf, kos en klere, glo my. So, kyk ons Vader na ons, maak nie saak waar jy jouself bevind nie.

GM ·

Haibo, jy is so reg. Daar is ‘n gedeelte van my wat jammer kry, en dan is daar ‘n gedeelte wat voel: help julleself. Want daar is mense soos Malema wat ons ligte velle almal sleg maak, en daar word so gehaat, maar hulle is altyd bereid om te ontvang. Dan is ons goedgenoeg. Party mense (meeste seker) werk hulself besimpeld om net-net te oorleef, sodat daar vir dié gesorg kan word wat nie wil werk nie en wat 20 kinders elk het. Almal wil gelyk wees, maar nie almal wil ‘gelyke’ kostes dra nie. As byvoorbeeld 10 miljoen mense R1 belasting sou betaal, sou daar ‘n ekstra R10 miljoen gewees het vir dienslewering (as die regte leiers regeer het bygesê). Hoeveel miljoen mense bly in S.A. wat net teer op die staat (en ek praat nie van ouer mense en gestremdes en almal wat ‘grants’ VERDIEN nie)? Hoeveel betaal vir krag? En en en. Iewers gaan die bom moet bars.

@GM ·

Stem heeltemal saam GM. Baie arm mense le net by die huis en maak net meer kinders want hoe meer hulle is hoe meer sassa geld kry hulle. Dan moet mense wat werk altyd hoor hoe hulle hierdie armes moet help.

Dan op ‘n stadium besluit hulle dat hulle ook iets wil he en wat doen hulle dan? Gaan roof en moor maar, en wie ly hieronder? Die mense wat nog altyd belasting betaal het en gesorg het dat die staat geld het om hulle sassa geld te betaal.

Hiedie massas van armes wat daagliks net groei is in beheer van ons land deur hulle stem getalle. Die werklikheid van ons demokrasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.