Talle polisiebeamptes by grenspos vas

Argieffoto: SAPD

Agt polisiebeamptes, van wie twee vroue is, is Dinsdag by die Golela-grens tussen Suid-Afrika en Swaziland in hegtenis geneem.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het die span speurders, misdaadintelligensiepersoneel en die spesiale taakspan wat die beamptes vasgetrek het, gelukgewens.

Vuyo Mhaga, Mbalula se woordvoerder, het gesê die beamptes sal aangekla word van korrupsie, afpersing, dwarsboming van die gereg asook vervalsing.

“Mbalula het al voorheen gesê ʼn polisieuniform is ʼn eer vir diensbaarheid, nie ʼn reg tot korrupsie nie. Hy wil benadruk daar sal afgereken word met diegene binne die polisie se eie geledere wat korrup is,” het Mhaga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Magda ·

Goeie werk – Dankie – hoop net nie hulle word weer aangestel op n ander grens nie?

Anton ·

…ek wil grens wanneer ek sulke goeie nuus lees en hoor…geluk SAPS

Stephan ·

Ag dalk is hulle net ‘n grensgeval ?
Ek wou sommer grens van blydskap
Dit was bedrog sonder grense

Michael ·

As elke polisie man verkeer en sapd wat korrup is gearresteer word gaan maar min oorbly betaal die mense ordentlike salaris en gee die wat dan nog korrup is die maksimum straf.

poot ·

Michael
Polisie beamptes kry ordentelike salarisse, glo my. Ek is 32 in die diens en kan nie kla oor my salaris nie. Self die laagste rang (konstabels) doen nie sleg nie.
SAPS se salarisse kan nie as ‘n verskoning gebruik word om korrup te wees nie. Die elemente kry mens orals in die samelewing. Net jammer dat dit kop uitgesteek het in SAPS. Wat eens ‘n trotse Polisie Mag was word nou verkrag deur hebsig.

san ·

Dankie. Ek wens elke Grenspos wil hersien word met die belaglike reels. By die Botswana grenspos oppad na Namibia mag jy nou glad nie meer sekere vrugte en groente deurvat. kan iemand my se waarom nie? maar as jy sien hoe lekker sit hulle mangos en appels eet van waar hulle die nou net by n vorige motor afgeneem het. wat van as jy vrugte neem vir padkos?

Theresa ·

San, ek’t nou lekker gelag vir die “sit en mangos en appels eet wat hul by die vorige motor afgeneem het” !! Die prentjie in my kop …

Veritas ·

San, daar is ‘n maklike verklaring hiervoor. Die Namibiese regering verbied alle vrugte en groente invoere wanneer die produkte deur plaaslike boere gelewer kan word. M.a.w. hulle beskerm hul boere sodat goedkoper produkte uit S.A. nie die pryse, wat boere in Namibië kan realiseer, negatief beïnvloed nie. Waar Namibiese boere dié tyd van die jaar egter mango’s oes, kan ek jou regtig nie vertel nie

Hoe werk dit? ·

Ja kyk ek dink ook die grensposte raak belaglik tov van vrugte en groente, mens sal sweer jy vlieg australie toe, dat hulle bang is vir sekere siektes wat die vrugte daar kan kry, maar net noudiedag kon ons nog oor die Namibiese grens gaan met alles, skielik is alles PROHIBITED. Dink maar dis hulle manier van om jou te DWING om in daardie land vrugte/groente/vleis te gaan koop. Hulle vernietig VERSEKER nie die vrugte wat hulle afgeneem het by jou nie .. hulle sit en eet dit op terwyl jy nuwes aan die anderkant van die grensdraad moet koop. Altyd wanneer hulle hierdie makker vastrek wonder ek net by myself HOE lank doen hulle dit al en hoeveel word NIE gevang nie. Baie dankbaar vir die 8 wat vasgetrek is maar wat van die 20 wat dit dalk nog doen? Ek hoor ongelukkig nooit daarna wat van hulle geword het nie, word hulle nie net maar verplaas of vir kantoordiens aangewend waar hulle nie met hulle streke kan aangaan nie? Daar is vir my ‘n kommerwekkende BESKERMING van die kriminele in hierdie land. Trap ‘n wetsgehoorsame burger dalk skeef of se iets op Twitter verloor hy sy werk en word aangekla deur die MRK. Steel ‘n polisieman ONDERSOEK hulle die saak tot in lengte van dae, en die man kry steeds sy salaris.

Verstom ·

Ek het familie gehad wat Namibië besoek het en het vertel dat wanneer jy gaan moet jy niks terug bring wat eetbaar is nie. Die polisie by die grensposte mors jou tyd en laat jou nie deurgaan voordat hulle die eetbare goedere by jou afgevat het nie. Dit word beslis nie “destroy” nie, dit eet hulle self of neem dit huistoe. Kriminele. Ek het bitter min respek vir SAPD uniform. Maar daar is die uitsonderings.

Johanna Botha ·

Die ore van die seekoei wat uitsteek …as jy maar net besef hoe diep die vrot lê in die SAPS …dis n begin en geluk met dit…nou vir die res asb.

Boswyk ·

Hierdie agt polisiebeamptes het so pas gekwalifiseer vir bevordering na die rang van generaal of betaalde verlof met volle diensvoordele tot en met aftrede!

charl ·

stel die FBI aan hulle is nie koerup nie of maak I fabriek wat poelisie robots maak wat skelems vang hulle kan nie koerip raak nie want hulle is nie so geprogrameer nie soos daai robots van chappy die afrikaanse aksie fliek

Tokkie ·

Dit het ons eendag oorgekom tussen Zimbabwe en Botswana. Gaan met suiwel produkte van Botswana na Zimbabwe – gaan Vic valle toe en ons dieselfde dag terug kom mag ons kwansuis nie die produkte terugbring. Ons moet dit net daar op hulle tafels los. Besluit ons nee wat – vat die produkte smeer dit in die grond en gooi in hulle asblikke. Sal hulle leer

What a joke ! ·

Dekselse goeie idee….te hel met hulle die klomp korrupte aasvoels!!!

Konstabel ·

Dink die taakspan moet sommer bietjie die ander grensposte ook bekyk. Ek het al soortgelyke ervarings by ander grensposte beleef.

Scalla ·

Onlangs saam as n groep gaan jag in Namibie, by die Suid Afrikaanse grenspos het hul bevind daar is twee bottels sterk drank te veel volgens die aantal persone en afgeneem, n kwitansie is wel uitgereik maar met die terugkeer was die boek kwansuis in die kluis en die sleuteldraers op ete, ons kon nie wag nie en het gery, wonder hoeveel ander ongeruimdhede vind daagliks plaas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.