Talle polisielede ‘jag ’ moordenaars van nege in Roodepoort

(Foto: SA Polisie)

Enkele ure nadat nege mense in Matholeville in Roodepoort vermoor is, het lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, tientalle beamptes van verskeie polisiestasies en -eenhede opgeroep om die verdagtes op te spoor.

Nege mense is vermoor en nog ʼn persoon is Vrydag ernstig aangerand in wat vermoedelik ʼn aanval is wat met onwettige mynwerkery verband hou. Die slagoffers is laat gistermiddag in Sontonga-weg aangetref.

Kapt. Mavelo Masondo, polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê die polisie het oornag 87 mense ingeneem vir ondervraging in verband met die moorde. Die polisie sal ook vasstel of hulle met enige ander misdade verbind kan word.

“Die soektog sal voortduur tot al die verdagtes wat met die moorde verbind kan word, opgespoor en vasgetrek is,” het Masondo gesê.

Mawela het intussen ʼn beroep op die gemeenskap van Matholeville gedoen om kalm te bly terwyl soektogte in die gebied na die verdagtes voortduur.

Die polisie het inwoners ook gevra om vorendag te kom met inligting wat kan help om die moordenaars op te spoor.

Mawela het gesê getuies sal vir hul eie veiligheid in die getuiebeskermingsprogram opgeneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

En hoe vorder die ondersoek tov die twee jongmanse wat so onskuldig vermoor is? Hoekom is daar nie ook so ophef gemaak en spesiale lede gekty om hulle moordenaars op te spoor nie? Seker maar omdat hulle aan die verkeerde ras behoort. Die land is siek!!!

Gawie

Ek lees op ‘n ander nuusblad dat die mans dood is nadat hulle gestenig is. Watter tipe mens doen so iets?

Catharina

Ai toggie…

Alleen Wolf

Wonder ek ook wat het geword van die ondersoek na die persone wat die twee jong mense vermoor het by die Putfonten afrit,