Talle Pretoria-buurte steeds sonder krag

Kragtorings het Sondagaand op die N4-snelweg geval. (Foto: Pro Med EMS)

Minstens 21 gebiede in Pretoria het weer krag ná ʼn reusekragonderbreking wat veroorsaak is toe kragtorings Sondagaand op die N4-snelweg geval het.

Nagenoeg 32 woonbuurte in en om Pretoria en Centurion wag egter steeds dat kragtoevoer herstel word.

“Die Tshwane-metro se stadsbestuurder, Johann Mettler, het ʼn dringende skrywe aan Eskom gestuur waarin hy die kragvoorsiener vra om dringend te help met arbeid, materiaal en toerusting sodat kragtoevoer so gou as moontlik na die gebiede herstel kan word wat steeds deur die onderbreking geraak word,” het die metro Dinsdag gesê.

Maroela Media het vroeër berig die voorval is vermoedelik die gevolg van herhaalde plundering en vandalisme. Drie van die ses torings is volgens die Tshwane-metro deur vandale beskadig wat onder meer staal van die strukture af gesteel het.

Dit het ook tot gevolg gehad dat die afritte by Simon Vermooten en Solomon Mahlangu Sondag en Maandag ure lank vir verkeer gesluit was aangesien hoogspanningkabels oor die snelweg gelê het.

Volgens die metro sal die stad in samewerking met Eskom en ander diensverskaffers nou met geo-tegniese studies begin om die grond te toets, te grawe en die gebied skoon te maak.

Eskom sal ook help met die afbreek en verwydering van die beskadigde kragtorings en -kabels.

Verskeie ontwerpaspekte word tans ook gefinaliseer voordat Eskom die nuwe kragtorings na die toneel sal bring.

“Die metro het ook ʼn aansoek vir gebruiksreg by Sanral en Gautrans ingedien om tegnici in staat te stel om op die N4 en Solomon Mahlangurylaan te werk.”

Die volgende gebiede in Pretoria en Centurion se kragtoevoer is teen Dinsdagoggend herstel: 

  • Die Hoewes
  • Equestria
  • Faerie Glen
  • Hazeldean
  • Lombardy Estate
  • Lombardy Meander
  • Lyttelton
  • Mooikloof
  • Mooiplaats
  • Moreletapark
  • Olympus
  • Paramount Estate
  • Pretoriuspark (uitbreiding 40)
  • Shere
  • Silverlakes
  • Six Fountains
  • The Wilds
  • Tygervallei
  • Willow Acres
  • Woodlands Boulevard
  • Zwavelpoort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Ja so sal alles tot niet gaan. Elkeen vat wat hy wil he. Daar word mos nie meer gewerk vir wat jy wil he nie!

JohanR ·

Die gesegte was altyd as jy ‘n huis wou koop location, location, location. Onder die ANC is dit nou provinsie, provinsie, provinsie.

Manie ·

Iemand het eendag vir my gesê, hy woon eerder in ‘n solder van ‘n huis met die regte adres as in ‘n groot spoghuis met die verkeerde adres.

Burt ·

JP en Manie. ekke kruip eerder met my familie, in ‘n menslike mens, in ‘n buurland, se solder, weg.

Hendrik ·

Die program: Die kragreus op sy kniee was baie deeglik en doetreffend en het gelei tot menigde se beter insig.
Daar is beslis n behoefte aan soortgelyke programme rakende Grondonteiening of eerder eiendomonteiening, voorgenome Bela wetgewing, Nasionale gesondheids versekering. Polisie en regstelsel en sekerlik nog meer. Dit is dringend.
Oor Bela wetgewing moet daar reeds kommentaar deur gemeenskappe gelewer word. Gee insig. Ouers moet besef dat dit sal lei dat hul kinders staatseiendom sal word. KOMAAN SPRING AAN DIE WERK!!!!!!

Hendrik ·

Landbouleiers ons wil deeglik sien en ingelig wees oor wat op plase aangaan wat reeds deur die staat toegeken is en daar geen aktes bestaan nie!!!!!

Francois ·

Met al ons tegnologie vandag, kan ons nie eens n simpel CCTV of soortgelyke kamera stelsel op elke paal sit om moontlike diefstal/sabotasie te monitor nie. Sulke tegnologie is goedkoper en beslis minder korrup as ‘n klomp wagte wat maklik omgekoop kan word om anderpad te kyk. (Selfs n Ring Doorbell system sal seker die werk kan doen)

Faraway ·

Dag 2 sonder krag . . . Het geen backup nie.
En reeds goed verloor in yskas en deepfreez.
Wat my opval is dat al die gegoede gedeeltes reeds gistraand al krag het wat my laat wonder……

Harley Davidson ·

Sit n eis teen die metro in vir skade gelei ,vra jou raadslid om vir jou die regte vorm te kry en dit gaan jou niks kos.

Alida ·

Hopelik word die beskadigde krag pylons vervang met ‘n nuwe ontwerp. Ek sien op die internet daar is ‘n T-vormige pylon wat hopelik daardie tipe vandalisme sal verhoed. Iemand het gesê in die Wes-Kaap is reeds sulke pylons. Hulle is Gauteng alweer ‘n stappie vooruit.

Carl ·

Alle skroot metaal handelaars sal gesluit moet word as on die land se laaste bietjie infrastruktuur wil beskerm. As daar nie ‘n mark vir metaal is nie, sal die diefstal stop. Duisende werksgeleenthede sal in die slag bly, maar die ekonomie sal kan herstel en nuwe werksgeleenthede sal geskep word. Die regering (polisie) is nie in staat om die infrastruktuur te beskerm nie, dus moet die mark verwyder word.

Papsak ·

Ja nee kyk SA het n lekker land geword jy werk nie meer vir geld of iets nie jy vat soos jy wil en kom niks oor nie hulle luister nou maar een maal net nie tyd geword raak ontslae van ANC REGERING hulle verwoes nou alles vinnig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.