Talle Pretorianers sonder krag weens storm

‘n Boom wat gedeeltelik omgeval het weens die swaar reën in Centurion. Foto: Gavin Kruis via Reënval SA

Talle inwoners van Pretoria is sedert Dinsdagaand sonder elektrisiteit gelaat ná swaar reën en stormweer oor Gauteng voorgekom het.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane Metro, sê die stad se beamptes staan bont om kragtoevoer in verskeie gebiede te herstel en plekke waar bome omgeval het op te ruim. “Al ons spanne werk onverpoos en spoedig om diensleweringsprobleme op te los wat deur stormweer veroorsaak is. Kragonderbrekings oor groter gebiede geniet tans voorkeur, waarna individuele kragtoevoerklagtes hanteer sal word.”

Gebiede wat deur kragonderbrekings geraak word, sluit in Irene, Olympus, Monavoni, Saulsville, Raslouw, Heuwelsig, Waterkloof, Doringkloof en Olievenhoutbosch.

Mashigo sê die nat toestande het dit moeilik gemaak vir tegnici om die kragtoevoer na dié gebiede Dinsdagaand te herstel. Teen Woensdagoggend het sonnige weer oor die grootste dele van Pretoria voorgekom en dit sal na verwagting die Stad kans gee om inwoners se klagtes te hanteer.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel vandag ʼn maksimum temperatuur van 30 °C in Pretoria met 30% kans vir niks meer nie as 3 mm reën vir die dag.

Mashigo het namens die stad om verskoning gevra vir die ongerief wat deur die kragonderbrekings veroorsaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

zoeye ·

ek’s baie dankbaar vir die reën, maar dit was vreeslik baie
gelukkig sal die warm son alles opsuig
Centurion het amper weg gespoel

Nettie ·

Ag, stuur tog maar ‘n bietjie reën hier Worcester se kant toe, asseblief? Ons hoor van die reën wat so “wyd-verspreid” voorkom, maar sien g’n niks daarvan hier nie!

Willie ·

Heerlikke reen! Die problem is, daar is nie meer spanne wat die gebiede skoon hou, en instand hou nie… die stormwater pype, inlaat ents is so verstop….. Die moet voor die Munisipaliteit se deur gele word!

Johanna Botha ·

Alles oorstroom omdat gemors soos plastieksakke, blikke ens die afvoerpype verstop en water nerens kan heen nie. Die kragbokse se deure staan ook OOP …water en krag werk nie saam nie ! ! Waneer gaan die mense wakker word ! !

Limpopo ·

Ons is al so moedeloos, dan steek die weer wonderlik op en vreeslike swaar weer en 10-15min later is dit oor dan skyn die son weer, geen druppel wat val nie! Hier kan met die grootste liefde n storm losbreek en plekke onder water wees met lang tye sonder krag, enige iets solank ons net bietjie reen kan kry vir die damme en droe bosveld! Ek het nog nooit hierdie droogte soos nou gesien nie! Ons dam is nou al vir die 3de jaar kurkdroog!

Ella ·

V Mall@Reds het dit gelyk soos n waterval by een van die ingangshekke soos water opgedam en uitgestroom het.
Dis waar dat skoonmaak van stormwaterslotte agterwee bly.
Hier is n groot kans vir werkskepping as iemand b y die Stadsraad net wil wakker word en die behoefte raaksien.

Willie ·

Die spanne het die plek skoon en netjies gehou. Sodoende was kwaad doeners ook minder op straat. Hier is n groot potensiaal vir werkskepping en onderhoud… Onderhoud is op die ou einde geld besparing!

anton ·

Tshwane se sms lyn waar jy krag onderbrekings rapporteer is ”useless”
Ek sit steeds sonder krag van Dinsdag aand 5:30pm
Vele keer dit rapporteer!!! of is dit maar net die swak diens van die metro?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.