Talle Pta-buurte dalk tydelik sonder water

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

Die Tshwane-metro se departement van water en sanitasie het vandeesweek gewaarsku dat verskeie buurte in die stad volgende week met tye sonder water sal wees.

Volgens ʼn kennisgewing wat deur die stad uitgestuur is, sal daar van Dinsdagoggend, 16 Augustus 2016, vir 48 uur geskeduleerde instandhouding en opgradering van die watertoevoernetwerk gedoen word. Dit kan veroorsaak dat daar met tye wateronderbrekings sal wees. Die departement het egter gesê alles moontlik sal gedoen word om die onderbrekings tot die minimum te beperk.

Buurte wat geraak sal word is onder meer La Montagne, Wilgers, Murrayfield, Garsfontein, Silverton, Villiera, Rietfontein, Val-de-Grace, Kilner Park, Meyerspark, Lynnwood Glen, Lynnwood Park, Faerie Glen, Queenswood, Brummeria, Constantia Park, Waterkloof Glen, Moreleta Park, Menlyn en Alphenpark.

Inwoners in die gebiede is aangeraai om water op te gaar en te stoor, sou hulle watertoevoer dalk onderbreek word.

Vir ʼn volledige lys van buurte wat deur die wateronderbrekings geraak word, besoek die munisipaliteit se webtuiste hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa B ·

Dis pateties………………………. Jare terug is ook instandhouding gedoen, maar niemand het eers geweet dat dit gedoen word nie, want raai wat……….die mense wat die instandhouding gedoen het, het geweet wat hulle doen!!!!

Lance ·

Presies Theesa jy is SO reg ! Nou word die strate nie eers gevee nie

jaco ·

Dis meestal oorwegend wit woonbuurte daardie. Afsny van water is net n manier om hulle te straf omdat hulle DA gestem het

Marietjie Miles ·

3weke terug het hulle ons ook gewaarsku. Kyk ek maak genoeg holgoed vol water vir die toilet en tenminste drinkwater. Daar gebeur toe niks. Ons het toe nog water. Die eerste keer wat dit gebeur het het ons nie eens geweet daarvan nie. 2de dag toe bel my man en se ons het nog steeds nie water nie, moes ons die aand op die radio hoor hulle het pype gesteel. So nou wonder ek of mens hulle moet glo.

Jeanne ·

Hoe gaar jy water op as jy nie weet wanneer dit gebeur nie? Tap ons nou al baddens vol water vir ingeval die water volgende week toegemaak gaan word? Se vir ons op watter dag, dan kan ons dalk daaraan iets doen, ek glo darem julle het so ver al beplan watter dag is watter buurt se beurt, of gaan ons een oggend 6 uur opstaan en net nie water he nie, die dag wat jou huishulp moet wasgoed was, gebeur daar weer net niks nie? Dit is pateties.

Koos ·

Is die regte uitdrukking nie om water “op te gaar” in plaas van om dit te “vergaar” nie?
Ek is nie ‘n taalkenner nie, maar is net nuuskierig.

Landi Slatter ·

Dagsê Koos,

Dankie vir jou terugvoer. ‘Vergaar’ beteken om te versamel of bymekaar te maak. Bye kan byvoorbeeld heuning vergaar, of mense kan skatte vergaar. In dié konteks is ‘opgaar’ wel die beter woordkeuse, en ons wysig die berig sodanig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

DewaldS ·

Dit is in elk geval net mense wat kinderlik naïef is (DA-stemmers – haha!!?) wat nog nie ‘n eie watervoorraad opgaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.