Die Tshwane-metropolisie het gesê die strate sal van 05:00 tot laat gesluit wees vir ʼn optog, voor die amptelike vieringe by die Uniegebou, waar pres. Jacob Zuma ʼn toespraak sal lewer, begin.
Die mense wat aan die optog deelneem sal op die hoek van Pretorius- en Lilian Ngoyi (Van der Walt)-strate bymekaar kom, waarna hulle regs in Madiba (Vermeulen)-straat, regs in Sisulu (Prinsloo)-straat en links in Stanza Bopape (Kerk)-straat tot by die Uniegebou sal stap.
Die volgende strate sal ook gesluit wees:
Steve Biko en Belvedere
Steve Biko en Edmond
Steve Biko en Johannes Ramokhoase (Proes)
Steve Biko en Madiba
Hamilton en Soutpansberg
Hamilton en Belvedere
Hamilton en Edmond
Hamilton en Ziervogel
Hamilton en Johannes Ramokhoase
Hamilton en Madiba
Hamilton en Stanza Bopape
Leyds en Pretorius
Wessels en Pretorius
Johan en Pretorius
Stanza Bopape en Beckett
Beamptes van die Tshwane-metropolisie sal by al die punte diens doen.
Simpel…Het hulle nie iets beters om te doen nie…..
Mark my words: dit gaan n plunder-optog word uit wraak omdat die DA die ANC in Tshwane onttroon het.
Ou Jaco, lyk my SS was reg, jy is met die helm gebore want jy het darem nou al ‘n hele paar woorde wat ge-mark moet word. En elkeen negatief, shame man.
Mense wat my so kruisig moet wakker word en die realiteit rondom hulle in ag neem
Skerp Aspris. Heerlike laggie.
Jaco, die klomp wat jou kommentaar so afkraak, se oe sal oop gaan wanneer dit te laat is!!!!
dis simmer bog. die erfbelasting- betalende inwoners se regte word deur sulke snert aangetas. hulle praat net van Helen Joseph en Albertina sisulu. ondankbare blikskottels noem hellen suzman nie eers nie.