Talle Pta-woonbuurte dalk môre sonder water

Argieffoto (Foto: weronica0, Pixabay)

Die Tshwane-metro het gewaarsku dat talle woonbuurte in Pretoria Dinsdag moontlik sonder watertoevoer gaan wees.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die metro, het gesê die metro se waterverskaffer, Rand Water, het die raad kennis gegee dat die Garsfontein-reservoir in die ooste van die stad afgeskakel gaan word vir beplande instandhoudingswerk.

“Watertoevoer sal van 09:00 tot omstreeks 23:00 afgeskakel wees om ʼn ou watermeter met ʼn moderne een te vervang. Voor dié tydperk sal die reservoir tot sy maksimum kapasiteit gevul wees om water aan die woonbuurte te voorsien, maar inwoners word egter versoek om water spaarsamig te gebruik om te verhoed dat dié water opgebruik word, anders sal dit tot wateronderbrekings lei,” het Mashigo gesê.

Die woonbuurte wat geraak sal word indien wateronderbrekings plaasvind, is Bergtuin, Colbyn, Derdepoort, East Lynne, Ekklesia, Jan Niemandpark, Kenley-kleinhoewes, Kilnerpark, Koedoespoort, Montana, Môregloed, Queenswood, Rietfontein, Rietondale, Villieria, Waverley, Waltloo, Eersterust, Meyerspark, Silverton, Val de Grace, Murrayfield, Lynnwood, Die Wilgers, Wapadrand, Equestria, Faerie Glen, Garsfontein, Pretoriuspark, Mamelodi, Samcorpark, La Montagne, Moreletapark, Elarduspark en Rietvalleirand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Wat ‘n voorreg om in ‘n stad te woon waar jy ‘n dag voor die tyd kan lees dat die water sal afgaan. Hier by ons gaan die water enige dag, enige tyd af en kan vir tot ‘n week af bly en al wat gesê word, is “sorry.” Almal wat kan het hul eie grootmaat wateropgaarstelsel en ek self het ‘n ry 5l bottels met water wat wag om binnekort gebruik te word.

Duitser ·

Ons sal dit oorleef ons is meeste van die tyd ook sonder polisie beskerming maar ons staan nog.

Manie Strydom ·

Gee die Duitser n bier en icebein met extra sauercrout,beter kon ek dit nie stel maar stem die stem ek saam???

Gerrit ·

Die probleem is daar is net n klomp onbevoegde mense wat elke dag blou uniforms aantrek en dan niks doen todat hulle salaris kry dan gaan hulle weer so aan vir nog n maand maar soos Duitser se ons staan nog .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.