Talle reeds by polisiewaghond verkla

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat het sedert die afsonderingstydperk reeds talle klagte teen polisielede ontvang. Opod ondersoek nie klagtes teen die weermag nie. (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sê hy het sedert die aanvang van die algehele staat van afsondering reeds 21 klagtes teen lede van die polisie ontvang.

Die afsonderingstydperk het Donderdag om 23:59 begin en talle regulasies is afgekondig om die verspreiding van die nuwe koronavirus te probeer stuit.

Sontago Seisa, Opod-woordvoerder, sê die direktoraat het ʼn proaktiewe benadering gevolg en verseker dat al sy dienste steeds beskikbaar is terwyl die Covid-19-pandemie beveg word.

Opod ondersoek klagtes wat polisielede betrek by onder meer sterftes in aanhouding of weens polisieoptrede, verkragting, die afvuur van ʼn vuurwapen, marteling of aanranding en korrupsie. Sake kan ook onder buitengewone omstandighede na Opod verwys word.

Volgens Seisa was daar teen Maandag 06:00 reeds 21 klagtes aangemeld. Die meeste hiervan was in Gauteng waar ʼn klagte onder meer aangemeld is van ʼn polisielid wie se optrede aan diens glo ʼn sterfte tot gevolg gehad het. Altesaam ses klagtes oor die afvuur van ʼn vuurwapen, drie beweerde aanrandings en ʼn saak van korrupsie is ook in Gauteng aangemeld.

In die Wes-Kaap is twéé voorvalle van sterftes wat glo deur polisie-optrede veroorsaak is, aangemeld. ʼn Polisielid is ook verkla vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn verkragting.

Polisielede dwing glo ‘n man om hurk-oefeninge te doen omdat hy hom tydens die staat van algehele afsondering op straat bevind. (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Klagtes oor die afvuur van ʼn vuurwapen is uit die Oos-Kaap en Mpumalanga ontvang, terwyl beweerde aanrandings in dié provinsie, asook in die Vrystaat en KwaZulu-Natal aangemeld is.

Opod het nie verdere besonderhede bekend gemaak oor die aard van die voorvalle nie.

In Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap is geen klagtes aangemeld nie.

“Tydens dié tydperk het Opod ook ʼn beduidende getal klagtes ontvang wat nie binne ons mandaat val nie,” het Seisa gesê.

Hy het weer benadruk dat Opod geen magte het om enige beweerde wangedrag deur weermaglede te ondersoek nie.

Verlede week het Opod ʼn dringende beroep op die publiek gedoen om nie sy bystandnommers vir die grap te skakel nie. Talle van diegene wat oproepe na die inbelsentrums gemaak het, het boonop kru taal gebruik wanneer hulle nie hul sin gekry het nie.

Ander wou klagtes aanhangig maak omdat soldate en polisielede onder meer nie handskoene dra nie.

Meld klagtes hier aan:

Oos-Kaap:          082 592 9888

Vrystaat:             063 225 6081

Gauteng:            076 455 5718

KwaZulu-Natal: 079 895 2741

Limpopo:            078 871 4811

Mpumalanga:   072 881 4196

Noord-Kaap:     064 624 8203

Noordwes:         078 163 6874

Wes-Kaap:         073 890 1269

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Venter ·

Die mense wat enige klagtes wil indien teen die veiligheidsmagte mense dink mooi gaan jy bereid wees om die werk van die magte te doen om ander suid afrikaners te beveilig jou bloot stel aan die virus en later ook nog dalk sy gesin besmet gaan jy wat die klagte in dien laat imand in jou gesig staan en skree nee jy sal nie hoekom moet die veiligheids magte dit toelaat net soos die gewone publiek n reg het so het die veiligheids magte

Sean ·

So hulle mag aanrand vermoor en verkrag volgens die berig??? Ons moet stil bly??

Carina ·

My grootste probleem is dat ons plaaslike polisie nie hul werk behoorlik doen nie. Ek is in die groep van noodsaaklike besighede en moet werk. Daagliks oppad werk toe en terug sien ek mense langs die pad drentel, duidelik nie oppad werk toe of om noodsaaklikhede te koop nie, ‘n drawwer in sy oefen klere, oorvol taxi’s, ens, maar ons polisie kyk skaars in hul rigting en ry net verby. So wat help dit??!!

CeCe ·

My magtig. Die arme weermag en polisie. Daar is vir hulle opdragte gegee. Nou doen hulle dit, nou kla almal. Wat moet hulle die mense in watte toedraai ? Ek belowe jou die gevalle waar geweld gebruik is, is waar daar toe al klaar gesoebat en gesmeek was. Hierdie tyd is nie speletjies nie. Gehoorsaam die wet en jy sal nooit in die moeilikheid kom nie. Dis nie baie moeilik om te verstaan nie. Die van julle wat so sanik oor hoe hardhandig die mense is duidelik mense wat nie elke dag moet werk met hierdie situasies nie.

marius ·

War gaan opod en die mrk doen as die polisie en weermag staak omrede hulle werk van beide regering en wetteloosheid onmoontlik gemaak word ?

Michael 1 ·

Ek sien in my buurt ook dat die hoeveelheid motors en mense te voet begin toeneem en ek het vanaf die inperking nog net 2 keer n polisie voertuig gesien.

twaalfboor ·

Bly in jou huis, en dit sal jou nie oorkom nie. So eenvoudig soos dit. Dìè wat so kla en kerm, is julle bereid om die polisie en die weermag se werk te gaan doen? Nee…. dis mos lekker in my huis. Veilig ook….. terwyl hierdie mense se lewens self in gevaar is deur ñ ” onsigbare vyand”. Dink bietjie voor julle snert kwytraak. Ja…. van die lede is nie engeltjies nie.

Sarel ·

Ja wat Misdaad kom mos eerste dan die Wetstoepassers. Hoeverl gevalle van Aanrsnding tee Werstoepassers word ondersoek. Masr is reg ondersoek ook noodsaaklik , solank uitslag regverdig is. Selfverdediging is nie Moord nie

Ansie ·

Is dit mishandeling of dissipline om die ongehoorsames te laat oefeninge doen. Dis juis ‘n gebrek aan dissipline wat hulle in die moeilikheid laat beland het. Dink net: As hulle twee ure lank oefeninge doen sal hulle geen keuse hê as om die res van die dag by die huis te gaan rus nie (tong in die kies).

JC Venter ·

Hier is nog iets vir die polisie en dalk weermag om aan te kou:

Kyk, alle verkope van drank, sigarette en tabak is nou verbied. Ek wil nie naby wees as daardie mense wat nie daarsonder kan nie, veral dié in digbewoonde nedersettings en plakkerskampe onttrekkings simptome van nikotien EN alkohol begin kry, party, dalk meeste, van beide tegelyk.

Maar, dan wonder ek oor die informele verkope van hierdie items, juis in daardie gebiede, die smokkelhandel en wat van dwelms, gaan mense hulle nie juis nou daarheen wend nie?

Of kan die polisie en die weermag oral keer?

Sakkie ·

As hy. In die straat is (waar hy nie nou hoort nie) WERK SY GAL GOED

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.