Talle regrukplanne om mynboubedryf te help – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag by die Mynbou-indaba in Kaapstad. (Foto: GCIS)

Die mynboubedryf bly ná 150 jaar ʼn belangrike steunpilaar vir die ekonomie en lewer ʼn beduidende bydrae tot uitvoerverdienste. Dit is ʼn belangrike bron van direkte buitelandse belegging en neem byna ʼn halfmiljoen mense regstreeks in diens. Boonop sal die bedryf se bydrae tot die ekonomie verder groei.

Tog, het pres. Cyril Ramaphosa Maandag by die Mynbou-indaba in Kaapstad gesê, staar verskeie uitdagings die bedryf in die gesig.

Een bron van groot kommer is die hoogs aangeskrewe Fraser Institute van Kanda se plasing van Suid-Afrika onder die tien lande wat die minste aanloklik vir belegging is. Zimbabwe het die minste aantrekkingskrag vir beleggers, met lande soos China, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Venezuela en Mali wat benewens Suid-Afrika ook deel van die onderste 10 uitmaak.

“Ons is tans 75ste uit 84 lande, ons swakste plasing nog ooit,” het Ramaphosa vanoggend gesê.

“Die ranglys benadruk die fundamentele werklikheid dat Suid-Afrika met ʼn groter doelwit en dringendheid moet optree om verskillende hindernisse vir die groei en ontwikkeling van die bedryf, uit die weg te ruim. Ons het ʼn deeglike begrip van die behoefte om die regulatoriese en administratiewe probleme uit te stryk,” sê Ramaphosa.

Volgens die president moet verskeie dinge gedoen word. Dit sluit in die verwydering van die agterstand met myn- en prospekteerregte en aansoeke om mineraalregte oor te dra, die inwerkingstelling van ʼn moderne en doeltreffende grondbeskrywingstelsel, terwyl ʼn doeltreffende eksplorasiestrategie ook ingestel moet word.

“Ons verstaan die behoefte om die funksionering van ons spoorlyne en hawens beduidend te verbeter en die belang daarvan om bekostigbare krag bestendig en betroubaar te lewer,” het Ramaphosa gesê nadat Eskom kort tevore opnuut aangekondig het dat beurtkrag weer in werking gestel gaan word.

Hy sê dié planne is aan die voorpunt van die land se ekonomiese heropbou en herstelpogings.

Daar word ook gewerk aan regulatoriese hervorming wat kragopwekking deur die mynbou- en ander sektore sal toelaat en regulasies is gewysig om tot 100 MW krag op te wek sonder dat ʼn lisensie daarvoor benodig word.

“Ons werk hard daaraan om administratiewe rompslomp vir die registrasie van projekte te verminder, om omgewingsgoedkeuring te versnel en die kapasiteit van Eskom en munisipaliteite te versterk om sulke projekte aan die netwerk te verbind.”

Volgens die Mineraleraad is belegging in kragopwekkingskapasiteit van R65 miljard – of sowat 4 000 MW – reeds op pad.

Die energielandskap gaan ook beduidend verander om groter mededinging, meer uiteenlopende energiebronne en groter kragsekerheid in die toekoms te verseker, sê die president. Eskom word onder meer ontbondel in eenhede vir transmissie, distribusie en opwekking, terwyl die departement van water en sanitasie saam met die mynbedryf werk om te verseker waterlisensies – van kritieke belang vir die mynbedryf – word toegeken.

“Die mynbedryf speel ʼn belangrike rol in Suid-Afrika se energie-oorskakeling en in ons opmars na ʼn laekoolstoftoekoms is dit belangrik dat ons pogings realisties en volhoubaar is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Bertie ·

Stel bevoegde ministers en amptenare aan. Dit behoort die eerste stap van al die regrukplanne te wees.

Marius ·

Wat het jy gedink gaan gebeur met al die stakings, opstande, die regering se grond vergrype, bedrog en korrupsie? Net ‘n idioot sal sy geld in die land belê.

Paul ·

Solank mynbou in die hande van Europese is. Sal.ons nooit rerig vrugte pluk

Andrew ·

Is seker so. Maar dit is hulle of die Sjinese. Ek is nie so seker BEE laat toe vir praktyk uitnemendheid nie so ons sal nie vinnig weer op die voortou van tegnologie in mynbou wees nie. Danel is maar een “point in case”.

Swerwer ·

Ha ha ha …………………..sien is glo want dit gaan beslis nie vir die bestaande Landbou sektor/boere wees nie. “Swakste plasing nog ooit” Beslis ja dit is so, maar wie/wat is die rede daartoe. Die ANC/EFF wil nie kopgee en erken dat hulle die probleem is nie. Jy kan ‘n perd tot by die water neem maar jy kan hom nie die water maak drink nie.

Roebs ·

Stel die regte mens aan wat weet wat hulle doen, nou wil almal die land weer reg ruk mmmm verkiesing is jy hier?

Andrew ·

Daar is ongelukkig nie genoeg van die regte mense om die verkiesing te wen en dan die regste mense aan te stel nie. Vak kennis bestaan ook nie meer nie so gaan n paar expats moet terug lok

Witbaard ·

Alles moet reggeruk word. So hulle het alles wat gewerk het en wat hulle verniet gekry het, vernietig.

Janine ·

Feite! Letterlik als wat hulle aan vat, verrot en verkrummel tot niks!

Andrew ·

Soos n kind, vernietig n ding as jy nie weet wat om daarme te doen nie.

Willempie ·

75 ste uit 84 lande …. skokkend. Begin reerstens met die ontbondeling van jou regering Cyril.

Dries ·

Jy vertel ons wat ons al in 1994 voorspel het Rama. Gaan aan en mik vir die laaste plek saam met jou kaders

Dries ·

Kom kyk hoe lyk my eens voorstrewende mynbou besigheid nou.

koos ·

Geagte leser, hier is ramaphosa se drie-punt plan:

1. Gee die meerderheidsaandeel aan ‘n BEE kader.
2. Gee die meerderheidsaandeel aan ‘n BEE kader.
3. Gee die meerderheidsaandeel aan ‘n BEE kader.

Daars hy, probleem met ‘n faktor 1000 vermenigvuldig. Nou is ons eerste van onder af, selfs Zim is daarna ‘n beter plek om in te belê.
Onthou julle nog hoe duduzane zuma ‘n myn gestrip het vir afval metaal? Drie hoeras vir die kaders!

Marius ·

Die feit dat alles nou reg geruk moet word , laat my dink aan sommige our people se motors .
Solank hy vat en ry is alles reg , maak nie saak hoe lyk en hoeveel rook hy uitskop nie .
Onderhoud
Onderhoud
Onderhoud
en nogmaals Onderhoud , maar die regering verstaan dit nie , kyk na Eiskom .

Hennie ·

Die sot praat reg uit Motsepe se mond… Geen idee van sy eie nie, ‘n tipiese LOSER!

henndrik ·

Dit is alles goed en wel maar die grootste probleem is die arbeidswetgewing wat alles verongeluk

Annamarie ·

Wat wil hulle regruk??? Alles is alreeds onder ons uitgeruk!!

SjN ·

Regrukplan no 1, raak van jou onbevoegde kaders ontslae en stel kundige gekwalifiseerde mense aan.

Kokerboom ·

Dis net tydmors om op die sinnelose uitsprake van die kaders enige kommentaar te lewer. As hul hul mond oopmaak, lieg hulle!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…en die olifant in die vertrek is? Jip, reggeraai, die ANC! Sedert hulle aan bewind gekom het, het hulle verskeie groot mynhuise uit SA weggewerk met hulle diskrimenerende en transformerende beleide. Die ANC dink mos ‘n myn is ‘n gat in die grond! Dink weer slimjanne, om iets te myn verg kundigheid en ervaring, kennis en mense wat weet wat hulle doen, iets wat julle by die deur uitgesmyt het met julle bewindoorname.

Pieter9 ·

Niks van verwydering van BEE gese nie, dus is die res bloot ‘n gebrabbel… niksseggend.

Herman L ·

Soos met baie ander dinge word daar gewag tot alles in duie stort voordat hulle wakker skrik!

Harley Davidson ·

Stop die diskriminernde praktyk wat jy bee noem en die myne sal weer floreer.

Papsak ·

Groot grap president kan nie eers vir land iets goeds doen nie flippen hel

Strandloper ·

Altyd gedink zumpie is n uiterse sot…. die knaap is hom lig jare voor!

Nie Verbaas ·

En alweer blah blah blah deur die narre waarvan ons weet dadels sal kom.

Nette ·

Daar is bevoegde mense wat op die myne werk, eerstens raak ontslae van BEEEE en die unies, op die oomblik regeer die unies die myne.

Manie ·

Hoekom moet alles eers verval en wanneer alles ten gronde is, regrukplanne teen hoë koste in werking gestel word om dit te probeer herstel?

Andrew ·

” Zimbabwe het die minste aantrekkingskrag vir beleggers, met lande soos China, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Venezuela en Mali wat benewens Suid-Afrika ook deel van die onderste 10 uitmaak”

Daai myn maatskappye myn net deur ander privaat beleggings koorporasies nogsteeds in daai lande teen groot winste aangesien die red tape heelwat minder is. As jy die regte persoon genoeg betaal . Die trokke ry in hul duisende suidwaarts elke dag.

Schalk ·

Enige regdenkende persoon in Suid-Afrika sal dit al lankal kon bevestig. Bietjie laat om nou te wil feite gooi . Die aksieplan wat nodig is gaan beteken die party aan bewind sal moet verdwyn en nuwe beginsels instel. ongelukkig gaan dit eerlike mense met vaste beginsels vereis.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

In eMzansibabwe, voorheen bekend as Suid-Afrika, regeer die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party op die rug van die dom-astrant ANC onder die rookskerm van sosialisme, “demokrasie”, menseregte en transformasie. Intussen ontplof die bevolkingsaanwas, werkloosheid, armoede en kriminaliteit en inplof infrastruktuur, die omgewing en natuurlewe. Die Marxistiese juk rus swaar op die nekke van die eMzansibabwe slawe terwyl die ANC/SAKP-elite blink van die vet van die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.