Altesaam 17 renosterhorings is Maandag tydens ʼn multidissiplinêre operasie in ʼn pakhuis in Kemptonpark in Gauteng gevind en op beslag gelê.
Die multidissiplinêre ondersoekspan het bestaan uit lede van die Valke se ernstige georganiseerde misdaadeenheid, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid asook doeane- en omgewingsakebeamptes.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê hulle het inligting ontvang oor ʼn verdagte besending wat by die pakhuis afgelaai is.
“Daar is voorgegee dat die besending ʼn krat hoendervoer is wat na Kuala Lumpur in Maleisië uitgevoer moet word,” sê Mulamu.
Owerhede het op die pakhuis toegeslaan en die besending begin deursoek.
“Altesaam 17 renosterhorings van verskillende groottes en wat saam 72,4 kg weeg, is gevind en op beslag gelê.”
Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg inligting op.
- Die horings is in die hoenderkos weggesteek (Foto: SAPD)
- Daar is voorgegee dat die besending ʼn krat hoendervoer is wat na Kuala Lumpur in Maleisië uitgevoer moet word (Foto: SAPD)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dis tyd dat die spul Oosterlinge ‘n boek met boererate gegee word. Dit werk definitief beter as hulle toor medisyne wat van die bedreigde spesies in Afrika gemaak word.
Hoendervoer na Maleisia??? Wha-ha.