Talle SA’ners doen aansoek vir humanitêre visums na Aus

Peter Dutton. Foto: Facebook

Meer as 200 Suid-Afrikaners het vir Australiese humanitêre visums aansoek gedoen.

Volgens Australië se 9news is daar 89 aansoeke ontvang wat betrekking het op 213 mense. Malisa Golightly, adjunk-sekretaris van dié land se departement van binnelandse sake, het volgens die berig aan ʼn senaatkomitee gesê die kriteria waaraan voldoen moet word, is bewys van vervolging.

Golightly het ook gesê daar word nie spesiale aandag aan die aansoeke verleen nie en dat daar nie opdrag gegee is om die proses te versnel nie.

Maroela Media het vroeër berig Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, het gesê wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die “gruwelike omstandighede” waarin hulle hul bevind.

Dutton het gesê sy departement is besig om ondersoek in te stel na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer.

“As ʼn mens na die beeldmateriaal kyk en die stories lees, dan hoor jy die weergawes. Dit is gruwelike omstandighede waardeur hulle in die gesig gestaar word,” het Dutton gesê. “Ek het my departement gevra om te kyk na opsies en maniere hoe ons kan help, aangesien die inligting wat ek gesien het, daarop dui dat die mense hulp nodig het en hulle benodig hulp van ʼn beskaafde land soos ons s’n.”

Die Australiese media het die afgelope ruk al hoe meer oor plaasmoorde in Suid-Afrika begin berig, sowel as die regering se voorneme om grond te onteien sonder vergoeding. Dutton is na aanleiding van dié berigte oor die kwessie uitgevra.

Dutton se uitlatings het hom kritiek op die hals gehaal van Lindiwe Sisulu, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Sisulu het gesê dit is jammer dat die Australiese regering nie gekies het om die “beskikbare diplomatieke kanale” te gebruik om hul kommer oor kwessies in Suid-Afrika te kenne te gee nie.

“Daar is geen rede vir enige regering enige plek ter wêreld om te vermoed dat enige Suid-Afrikaner in gevaar is van hul eie demokraties-verkose regering nie. Daardie bedreiging bestaan doodgewoon nie,” het Sisulu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

AmY ·

Ons almal is in gevaar. En nie almal van ons het vir hierdie (demokratiese?) regering gestem nie.

ek wil ook ·

Hoe doen ons ansoek? As dit ‘n toekom vir my kind kan gee, doen ek vandag nog aansoek.

Annelize ·

Ek wil ook weet hoe doen mens aansoek. Ons het nog altyd gese ons bly NET hier, maar dinge het derhalwe so versleg dat ons dit nou ernstig oorweeg.

honurable member ·

Wonder of hierdie regering besef dat die mense wat die kos op die tafels sit statig maar seker uit die land wil gaan. Wonder wie dink hulle gaan die kos voorsien. Mense hier kom groot chaos in hierdie land. Daar is alreeds maar die chaos faktor gaan groter word.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ons gaan, ons gaan, ons gaan!!!! Nuwe wêreld, nuwe lewe, nuwe uitdagings…..waar niks TEEN my of my gesin tel nie. Waar alles werk en almal mekaar menswaardig hanteer sonder enige vooroordele of verwaande arrogansie. Universiteit het my studente (ja, TWEE) met ope arms ontvang, en my Forensiese Rekenmeester het alreeds gegaan vir onderhoude. Hier’t niks meer oorgebly vir ons nie………behalwe ‘n paar grafte…..wat ook seker “onteien” gaan word!! Hahahahaha…….Bye, bye Derde Wêreld Reënboog Tragedie.

Jaco ·

Moet nie te gou bly word nie. Dit is nie net van forms invul nie en dan word jy sommer so aanvaar nie. Jy moet letterlike bewys kan lewer dat jou lewe in gevaar is. Polisieverklarings, bewyse ens. Hulle gaan nie almal neem nie. So voor jy te bly raak. Hoe se die Engelsman. Don’t count your chickens before the hatch.

Annette ·

Tenminste is daar mense wat werklik sien wat in SA aangaan!!
Hulle kyk nie net ander pad nie well done Dutton!!

Casper Labuschagne ·

@Annette – Mense wat sien wat aangaan? Miskien wel, maar hulle is verseker nie in my onmiddelike omgewing nie, hier rondom my skreeu die mense vir die bokke op die TV, sit die tjoppies op die kole en gaan volgende jaar stem vir die DA sodat die land gered kan word; dit gaan lekker hier, hulle is nie negatief nie maar bly altyd positief.

Ja jong ·

Ja ou CASPER lyk my dit is van al die CASTLES sonder LABELS wat hulle so positief is.

Hendrik ·

Die mense hammer baie daarop om te gaan stem. Regso elke 5 jaargeen probleem. My probleem is dat daar doelbewuste planne moet wees om ons eie mense te beskerm. Veral ou mense en as dit moet kom dat ons mense moet skuif om hul te beskerm moet ons dit doen. Daarby moet die buiteland bewus wees van die situasie en fondse moet verkry word om mense te skuif, huisvesting, werkskepping en beskerming te verleen aan hierdie nuwe gemeenskappe.

christa ·

so bly dat daar boere is wat meer sekerheid het en meer veilig is as hier in SA. Laat dit net goed gaan met julle.

Annelize ·

Ja Lindiwe Sisulu, en die maan is van kaas gemaak, die aarde is plat en perdemis is vye.
None so blind as he who WONT see.

Anje ·

Ek wens so ons kan ook gaan maar sonder naskoolse kwalifikasies staan ons seker nie n kans nie :( . Die feit dat ons bo 40 is maak dit ook moeilik. Ek sal net hard genoeg moet werk sodat my kind eendag uit Suid Afrika kan kom. Dis so hartseer maar ons het dit voorspel na 94’…

Jaco ·

Eers moet jy letterlik kan bewys dat jou lewe in gevaar is. Dit deur polisieverklarings en bewyse. Dit is nie net van papiere invul en dan word jy aanvaar nie. Jy moet letterlik bewys dat jou lewe in gevaar is.

Alida ·

Hulle moet Sisulu se geblaf net ignoreer en die mense wat wil gaan help. CR se oë moet ook oopgemaak word. Hulle hou net aan karring oor die grond kwessie. Gee vir die grondhonger massas die staat se grond dan hulle dit begin bewerk.

Helene Heyns ·

Alida, hulle soek nie staat se grond om te bewerk nie. Hul soek pragtige plase wat reeds bewerk is. Jy sien, die oeste kom mos vanself daar. Hulle en werk het laaaaankal stry gekry

Oom Kalahari ·

Wel eerstens het ek nie vir hierdie demokratiese regering gestem nie. Mev Lindiwe, van watter kanale praat jy………is dit die toesmeer en eensydige kanale om vas te hou sodat die wereld nie agterkom wat jul charter manifes bepaal om die blankes stadig te vernietig nie. Ons ouer gardes se lewens is vasgevang en moet maar ons lot na die slagpale aanvaar, maar is sobly dat die jong kinders en kleinkinders ‘n uitweg het. Mag jul wat die kans kry ‘n rustige en veilige lewe deurgaan waar jul ook al mag gaan sonder al hierdie vrese en swak standaarde.

Heinrich ·

Ek hoor jou Alida. Dit is nie ANC kultuur om foute te erken nie, so hulle sal maar net staan en ‘Rassis! Rassis!’ skree op enige kritiek of eerlike waarnemings. Hierdie klomp is so gefokus op die verlede dat die hele toekoms misgekyk word. Afriforum se werk begin vrugte afwerp en dit is nie vir die wêreld moeilik om verby die vals propoganda van die ANC te sien nie. Massas soek grond, regering het grond, so gee vir hulle. Maar stel voorwaarde dat die grond ekonomies en vrugbaar bewerk en bestuur moet word (nie soos die munisipaliteite bestuur sal word nie), anders word dit terug geneem. As julle dit kan regkry sal ek met plesier my bek hou: doen dit beter as wat ek dit sou kon doen. Maar as julle kom vir my grond, wees verseker dis al wat julle gaan kry want daar sal niks van my huis oor wees nie.

Nettie ·

Afriforum kan gerus diegene help wat bitter graag die stof van SA van hul voete sal wil skud, deur ‘n skarefinansieringsfonds te stig, aansoeke om emigrasie te ontvang en hulp te verleen met die emigrasie-proses.

Ek is 45+, het ‘n diploma-kwalifikasie en 25 jaar admin/sekretariële ondervinding, praat ‘n bogemiddelde Engels, maar het nie die geld om Australië of Nieu-Zeeland toe te gaan nie. En daar is seker menigte van ons 45 plussers, in dieselfde bootjie?

Eish ·

Ek sal my verstout om te sê dat die meerderheid Afrikaansprekende Kaukasiërs wat oorgebly het, op enkele uitsonderings na, in die bootjie op onstuimige waters vaar.
Ongelukkig is emigrasie n oorlog wat niemand namens jou kan baklei nie. Staal jou dus vir die aanslae.

Reguit ·

Dis waar dat nie almal kan gaan nie, maar as jy reeds deel van die misdaad statistiek geword het, naamlik dat jy kan bewys dat jou lewe in gevaar is in die wonderlike Azaniese Reënbooghool (en dis nie moeilik om te bewys nie), en as jy bereid is (nie lui is) om papierwerk in te vul nie, doen dit dan. En as jy (dalk soos Mnr Sopbeen hierbo) met goeie kwalifikasies en/of ondervinding geseën is – dan sal jy nóg makliker na ‘n beskaafde land kan emigreer waar jy en jou gesin veilig kan woon. My sterkste aanbeveling is: Doen dit!! Dit IS die moeite werd. Ter wille van jou kinders en hulle toekoms, en hulle kleinkinders. Dink voor-uit. Gryp jou droom en gryp die toekoms.

jaco ·

Voordat almal nou dink Australië is die nuwe “land van melk en heuning”, gaan doen ASSEBLIEF ‘n Google soektog op “cost of living in Australia”. Al die pryse in Australiese dollar moet met 9 vermenigvuldig word om die Randwaarde daarvan te kry.
1kg kaas R180)
1kg tamaties R47 (R19 in SA)
12 groot eiers R51 (R24 in SA)
1 buisie tandepasta R36 (R12 in SA)
Elektrisiteit en gas vir 2 mense vir net 1 maand R2727 (2 x minder in SA)
ALwat goedkoper is as in SA is petrol. Hulle betaal net R12. 42 per liter. In SA is dit van volgende maand af meer as R15.

Nettie ·

@jaco – ek weet nie watter soort tandepasta jy gebruik nie, maar dié wat ek gebruik, kos R24.99 en tamaties hier by ons is ook nie R19.99 per kg nie, maar R21.99. En my kragverbruik vir 2 persone is minder as R500.00 per maand (koopkrag), want ek bespaar deur onnodige ligte af te sit en my geyser net vir 2 ure aan te sit, onder sy krag-spaar jassie.

Nakkie ·

Jy is reg oor die kostes, maar het jy ook ‘n soektog gedoen oor die salarisse? Dis amper $80 000 per jaar. Wie van ons verdien R800 000 per jaar? Nie ek nie!

As jy appels met appels wil vergelyk, moet jy kyk na die koopkrag ook.

Cherokee ·

Heeltemal reg Nakkie. Dikwels dink mense soos jaco nie daaraan dat jy nie met rande en sente in Australië gaan kruideniers koop nie maar met Australiese Dollar. Hulle (en die joernaliste wat so graag lokale randwaarde agterna in hakies plaas) besef nie dat jy nie net geldwaardes en lewenskoste kan vergelyk sonder om inkomstes (daar) ook in ag te neem nie.

CR ·

Ek is al ‘n jaar in Aus en ja, die lewe hier is ongelooflik duur MAAR – inflasie is baie min, en ek doen gewone admin werk en kry $1080 per week. Ek kry een keer elke 3 maande water en krag rekening (so ek het 2 maande om te spaar vir dit). Wat ek in SA in ‘n maand verdien het, kry ek hier in ‘n week. SO ja, die lewe is baie duur hier maar jou salaris is in lyn met dit en ons lewe baie gemaklik

Al ·

Ons kan nie emigreer nie, maar ek vrees hierdie land nie meer nie. Ek werk saam gemengde rasse en oor die algemeen is verhoudings baie goed. Dis net politiek wat ons lewens versuur. My eindbestemming is nie hier op aarde nie.
Sterkte en voorspoed vir die wat emigreer.

Johan. H. ·

Hardloop voor die pad vol duweltjies raak het ons gespot toe ons klein was… Maak oop jul oe!!!! Elke witte wat die land verlaat versterk die anc, kommies, eff se hande,,, STAAN OP JOU REGTE,DAAR IS WETTE, Daar gaan baie kriminele per dag dood,,,Gedood deur die polisie / selfverdedeging, selfmoord,,, BYT VAS en WAAR is jul GELOOF, MAN!!!!??

Wakkerword ·

Johan H – As jy vir een oomblik gedink het dinge kan normaliseer maak jy ‘n groot fout. Die Afrika siklus moet voltooi word. Totale vernietiging en anargie moet eers wees voor die hersel begin. Was nog altyd so, sal altyd so wees. Res van Afrika as verwysing.

Al ·

Ek stem saam dat ons moet bly en sterk staan. Ons het immers sterk Afrikanerbloed in ons – ons voorouers het baie meer uitdagings gehad as wat ons nou het.
Die wat emigreer moet ons nie vergeet in SA nie en as aktiviste optree teen die onreg hier.

Attie ·

Dit gaan nie oor GELOOF Nie maar oor geloofwaardigheid. Wat se GELOOFwaardigheid het die 1. Regering? 2. Regsbank 3. Polisie 4. MRK .. dit is die mense wat die wette moet toepas en die strawwe moet uitdeel. Glo my ons het meer as geloof en bid nou nodig . iemand moet iets DOEN ook . en dis net ek en jy .. !

Marius ·

Jaco jou som maak nie sin nie. Jy verdien nie Rand daar nie so moenie in Rand dink nie.

jaco ·

Jy gaan ook maar sukkel om daar aan die gang te bly. Darem veiliger as in SA, maar dis ook maar al voordeel.

Koos ·

Die opskrif van die berig is baie misleidend: die woord “talle” word gebruik, maar die berig self sê daar was maar 89 aansoeke wat betrekking het op 213 mense. Daars omtrent 4 miljoen wit mense in SA, so 213 mense uit daardie 4miljoen is VER vanaf “talle”.

Corlia ·

En wat word van ons gepensioneerdes wat nie die geld het om land uit te gaan?

Help asb ·

EN mag mense wat nie boere is nie en nie aangeval is nie ook aansoek doen of moet jy met ‘n panga hou teen die kop en ‘n af arm en afgebrande plaas gaan aansoek doen?

Oom Kalahari ·

Jammer maar die pensioenarisse wat nie meer produktief kan wees nie se aansoeke sal nie oorweeg word nie. Hul bly in Lindiwe se hande en genade.

EK ·

En as die boere se geskenkplase tot niet gaan is dit weer apartheid se skuld want niemand het vir hulle opgelei nie aan die voorsienings kant nie want ontvang was beter. Wat gaan Malema dan skreeu. Witboere moet plaasbestuurders word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.